Vermoorde jong ma ter ruste gelê

Kelly Bain. Foto: Facebook

Kelly Bain (26), die jong ma wat verlede week helder oordag in haar huis in Kabegapark in Port Elizabeth vermoor is, word vandag ter ruste gelê.

Christopher Bonus (34), Bain se verloofde, het gesê die begrafnis vind om 14:30 by die Legacy Life-kerk in Brymore plaas. Bonus het gesê Bain was sy wêreld en dat hy haar elke oomblik mis.

Maroela Media het vroeër berig Bain is in haar huis aangeval. In hierdie tyd het Bonus by die huis aangekom en die aanvaller gekonfronteer.

Die aanvaller het op die vlug geslaan en Bain is op die slaapkamervloer aangetref met steekwonde aan haar nek en arm. Sy het op die toneel gesterf. Haar een maand oue babadogtertjie was in die huis ten tyde van die voorval.

Christopher Bonus en Kelly Bain. Foto: Facebookport eliz

Volgens kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die ondersoek duur voort.

Rheeder het vroeër bevestig Bain se verloofring is vermoedelik tydens die aanval gesteel. ʼn Sak met twee skootrekenaars is ook buite die perseel gekry.

Die huishulp is later in die badkamer aangetref waar sy glo deur die aanvaller toegesluit is. Sy en die babadogtertjie was ongedeerd.

Rheeder het bevestig daar was geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie en die presiese gebeure vorm deel van die polisie se ondersoek.

Bonus en Bain het in November 2017 verloof geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mrs H ·

Hoekom nie die ma met baba ook maar net toesluit in die badkamer nie?! Dis so verdomp hartseer. Aai, my innige simpatie en gebede van versterking vir die verloofde, familie en vriende.

Hanna Hoekom ·

En die huishulp is nog op vrye voet? Iets maak nie vir my sin nie: geen gedwonge toegang en die huishulp word ongedeerd gevind? Ek mag verkeerd wees…

Jenna ·

Ek stem 100% saam, dié is beslis n inside job, en as dit nie is nie, is dit duidelik n rasse ding.

Riouna Martin ·

En om te dink daardie baba lewe kind sal nooit sy ma ken nie. Daar word niks aan misdaad gedoen nie maar laat dit met een van hulle mense gebeur dan word elke sandkorrel en elke steen verskuif om die skuldige te kry!

Wil graag weet ·

Is daar regtig nog genoeg polisiemense om ons te beskerm teen al die moordenaars daar buite? Soos regtig, is daar nog genoeg???

Dirk ·

Ai,dat so pragtige jong moeder op so wrede manier van haar familie af weggeneem is.Sterkte aan die familie.Hoop die skuldige word gou vasgetrek..

belinda ·

ruik ook ‘n rot, maar nou ja, mag die vrou in vrede rus en sterkte aan haar kleinding en verloofde

Waarheid ·

Sy’s vermoor want sy’s wit, dis duidelik…Die huishulp is anderkleurig, niks kom met haar oor nie, maar die wit ma word vermoor. Huishulp is deel van die moord, inside job beslis.

Beertjie ·

mmmm slang in die gras iewers… hoekom het jy ‘n slot aan die buitekant van die badkamer…. gewoonlik sluit jy dit van die binnekant af….

Koos ·

Hoekom noodwendig die huishulp? Heelwat rassistiese speurders

Kroos ·

@Koos, want die ma het nie die deur oopgelos en die huishulp weggesteek sodat sy vermoor kon word nie, maar die huishulp het heel moontlik saam beplan en gemaak dat dit gebeur.

Koos de Meyer. ·

Kyk maar in hoeveel gevalle was dit die huishulp. Jy kan niemand meer vertrou nie. Lewens is niks werd vandag in ons siek land nie. Dan is daar nog mense wat met oogklappe op loop.

Seeskulp ·

Klink vir my ook verdag. Dalk is huishulp toegesluit om dit te laat lyk of sy niks daarmee te doen het nie. Dit bly n tragedie, skuldig of nie

Michelle ·

Defnitief baie meer agter die storie as net huishulp. Polisie sal hul werk doen. Moet wag en sien wat nog op die lappe kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.