Vermoorde kleuter se ma, ouma vir ondersoek gestuur

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Mense het tydens die ma en ouma se vorige verskynings voor die hof betoog. Foto: @VioletEyeKZN op Twitter

Die driejarige Jamie Naidoo se ma en ouma sal vir ʼn psigiatriese ondersoek gestuur word na haar dood in November, het die Chatsworth-landdroshof in Durban Woensdag gehoor.

Senior staatsaanklaer Lolly Soobramoney het aan die hof gesê die beddens sal op 2 Maart gereed wees by die Fort Napier-hospitaal.

Salatchee Venilla Basanich (55) en haar dogter Patricia Kershie Ishwalal (31) staan tereg op aanklag van moord na die kleuter se moord by hul huis in Havenside, Chatsworth. Hulle is in hegtenis geneem nadat paramedici die kind op 20 November dood verklaar het.

Landdros Busisiwe Lily Mpungose het die saak tot 6 Februarie uitgestel.

Soobramoney het aan die hof gesê daar is gewoonlik ʼn waglys van tussen ses en agt maande voordat beddens by die hospitaal beskikbaar is.

Die hof het tydens Ishwalal se hofverskyning in Desember gehoor sy was in ʼn motorongeluk wat daartoe gelei het dat sy nie haar eie sake kan hanteer nie.

Die vroue se prokureur, Vijay Sivakumoor, het nie die uitstel teengestaan nie. Hulle word in isolasie aangehou by Westville-gevangenis.

Betogers het weer, soos met die vorige hofverskynings, buite die hof saamgedrom en plakkate rondgeswaai om geregtigheid te eis.

Lees alle vorige berigte oor Jamie Naidoo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bianca ·

Stuur hul tronk toe en klaar vir wat word die saak uit gestel hul is gemors dood straf asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.