Vermoorde leraar se man dae later steeds soek

Werner en Liezel de Jager. (Foto: Facebook)

Die polisie verwag steeds om ’n deurbraak te maak in die moord op die vermoorde leraar Liezel de Jager én die verdwyning van haar man, Werner.

“Die polisie is steeds op soek na die vermiste persoon. Die moordsaak word ook steeds ondersoek,” het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê en bygevoeg dat die polisie meer inligting sal bekend maak sodra daar enige verwikkelinge in die sake is.

Werner is Sondag as vermis by die Brighton Beach-polisiestasie in Durban aangemeld.

Werner se skoonpa, Henk van Zyl, het hom na bewering Saterdag omstreeks 10:00 vir die laaste keer gesien voordat hy die volgende dag as vermis aangemeld is.

Sy verdwyning volg byna twee weke nadat sy vrou onder raaiselagtige omstandighede vermoor is.

Liezel is die oggend van 13 Oktober met wurgmerke aan haar nek dood by die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti se pastorie gevind nadat sy saam met  ʼn groep mense gaan draf het.

Geen van Liezel se besittings is tydens die moord geneem nie en haar selfoon en sleutel is onder meer langs haar liggaam aangetref.

Vriende en familie het ’n week gelede tydens ’n gedenkdiens afskeid van Liezel geneem.

Werner het nie self tydens die gedenkdiens gepraat nie, maar ’n huldeblyk is namens hom en die egpaar se twee dogtertjies in die kerk voorgelees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tokkel ·

Dit is mos nie die eerste keer wat hy verdwyn nie??? Die trauma wat die ouers en kinders moet deurmaak…

Sê maar net ·

Ek kry die familie, in besonder die dogtertjies, verskriklik jammer.

Irene ·

Jinne ek kry die 2 dogtertjies jammer asook Liezel se ouers, familie en vriende. En as Werner wel sy vrou vermoor het, soos dit nou blyk, dan kry ek sy ouers, familie en vriende ook bitter jammer. Want hulle kry ook seer.

Sê maar net ·

Ek kry hulle oneindig jammer. Alreeds traumaties met mamma wat dood is…..En nou is hulle pa ook weg.

Realis Thailand ·

In alle gevalle kry almal seer en die seer is seker onbeskryflik vernaamlik as die kinders in ag geneem word

Danny ·

As SA oor kundigheid, personeel wat WIL werk en wat hul werk KEN beskik het was daar dalk hoop. Maar o wee, mens kan net hande saamslaan.. geen klagtes want daar is GEEN DIENS.
Praat ek wat al DRIE WEKE WAG VIR VINGERAFDRUKKE OM GENEEM TE WORD MET VOERTUIG DIEFSTAL. Power power power.

Vicky ·

Danny,gelukkig is jy nie vermoor en laat stukkende mense agter nie. Hoekom jy nou juis diè berig gebruik om jou eie griewe te lug sal net jy weet…regtig nou.

Waarnemer ·

Onskuldig tot die teendeel bewys word…SA Strafreg….

Sê maar net ·

Dit gryp my aan die hart. Nóg ‘n familie tragedie. Mag die Here die kindertjies styf vashou en die familie troos. Ek bid Werner is OK en kom terug na sy kinders toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.