Vermoorde man se liggaam dié van drankwinkeleienaar

Argieffoto

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn man Woensdag op ʼn berg in die omgewing van Thohoyandou gevind is. Die man is intussen geïdentifiseer as ʼn drankwinkeleienaar op die dorp.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Naledzani Munyai (44), mede-eienaar van die Jerusalem-drankwinkel in Thohoyandou, se liggaam is op ʼn berg by die Tshidzivhe-nedersetting gevind.

“Hy was in plastiek toegedraai en het verskeie skietwonde gehad,” sê Mojapelo.

Die motief vir die moord is in dié stadium nie bekend nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die vermeende moordenaars kan lei, kan sers. Maanda Christopher Sumbana by 072 267 7346 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Klink of hy in die pad was en moes stil gemaak word met baie skietwonde dalk ‘n “hit”?

Seker die wapen of wapens is gelisensieerd gggmmmfff…

FM ·

Swerwer, ons is tydelik hier én die Woord is duidelik dat dit aan die einde só sal wees. Ek sien uit na die dag wat hulle rekenskap voor die ALLERHOOGSTE sal doen.

Jakes ·

Die motief vir enige moord is om die slagoffer se lewe te neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.