Vermoorde man se liggaam in straat gekry, naasbestaandes gesoek

Argieffoto

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om die naasbestaandes op te spoor van ʼn middeljarige man wie se liggaam vandeesweek in Empangeni, KwaZulu-Natal, gevind is.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media gesê die man, in sy vroeë 40’s, se liggaam is Maandag omstreeks 01:00 in Daviessingel in dié dorp aangetref.

“Die man is lig van gelaat. Hy is met twee steekwonde aan sy bors aangetref en het ook ʼn steekwond aan sy regterpalm gehad,” het Mbhele gesê.

Die man het swart hare en ʼn snor. Hy het ʼn grys denim, T-hemp en ʼn armband met wit krale aangehad.

Die Empangeni-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Enigiemand wat die polisie kan bystaan om die man se naasbestaandes op te spoor of wat meer inligting oor die saak het, word versoek om kapt. Mbongeni Mdlalose by 082 557 0834 of 035 901 5810 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Is dit nie? Dink min blankes vereis om “polities korrek” aamgespreek te word. :-)

Johan. H. ·

Bewys net weer my punt skaars i uur verby of die polisies soek hulp vanaf die publiek, Maar daaie lot in die vrystaar se pol. base dryg sy mensies as hulle betrokke raak met die gemeensksap polisieering,,,
Cry me a river…..

fransie ·

Wat my kwel is die feit dat die man Maandag al gevind is, maar niemand het hom nog as vermis aangemeld nie. Hoop hulle kan gou uitvind wie hy was. Wat ‘n nare manier om aan jou einde te kom. Innige simpatie.

Adri ·

Mag die woordjie “blank” nou glad nie meer gebruik word om ‘n lyk te identfiseer nie? Ons moet maar aflei dit waarskynlik ‘n blanke. Ai tog, die liewe politieke korrektheid darem.

charl ·

die lewe in sa is moeilik dis deesdae duur om kinders te kry en om jou kinders in I gewelddadige land groot te maak is moeilik want jy moet altyd keer dat jou kind nie met die slegte mense soos mense wat die arme man dood gemaak het demekaar te raak nie .hoop hulle vang daai ou

koos ·

sy vingerafdrukke is geregistreer toe hy aansoek gedoen het vir ‘n identiteitsdokument. Die SAPD kan tog seker die lyk se vingerafdrukke kry en die man se identiteit by Binnelandse Sake kry. Of word daar gesloer net omdat die oorlede man “wit” is? Lig van gelaat is ook nie noodwendig wit of blank nie. Ek woon in ‘n woonbuurt met meerderheid sogenaamde “kleurlinge”. Party is “witter” as ek. Kan ons nie maar almal net gelyk behandel word nie? waarom nou nog steeds apartheid en ongelyke behandeling toepas?

Danie ·

Aangesien die blankes nie ‘n probleem het dat julle ons dit noem nie, kan julle regtig maar die woord gebruik. Dan weet ons ten minste indien julle dit nie noem nie ons kan aanneem dat dit iemand van ‘n ander ras is. Dit raak nou bietjie belaglik.

Net Ek ·

Lig van gelaat?? ñ Ligte blanke persoon, Kleurling, Indier of ñ ligte swart persoon. Gee bietjie meer detail asb.

Nina ·

Hoe lig is lig van gelaat? Wit of blank of roomkleur of ligte bruin of pienk? Definieer asb “lig van gelaat” iemand ?

Kallie ·

Is die man van n wit ras afkomstig? Die Duitsers en Hollanders is ook van n wit ras afkomstig.Wat sal mens hulle nou noem wonder ek? So Midde Afrika is seker dan “donker van gelaat”? Dalk ligte donker as jy van n bruin ras afkomstig is? Hoe lig is ligte gelaat?

Jan ·

Ons is nie kwaad vir die woord Blanke nie. Ons het nog altyd die woord eer aangedoen. Trots daarop. Noem asb gerus as dit ‘n Blanke was. Dan kan almal immers vermoed wat het hom doodgemaak. As persentasie van moorde in RSA is daar bitter min Blank op Blank moorde. Net so min Blank op ander groepe. (Al word elke moontlike Blanke oortreding aan die groot klok gehang) Al die vorige uikenningsname van die ander groepe was vroeër nie so sleg nie. Hulle het toe die naam so sleg gemaak deur optredes dat die benaminge sleg geword het omdat ander daarvoor skaam is. Vandag word Blankes krimineel vervolg as die eens beskrywende name net genoem word. Alles is nie in ‘n naam nie maar in die gedrag van diesulkes wat in die naam dade verrig!

Maggie ·

Dit gaan oor n man wat sy lewe wreed en tragies verloor het. Mag die skuldige gevang word. Innige simpatie.

Antoinette ·

Pastor, ek woon ook in die straat en weet van niks. Waar woon jy?

Pastoor ·

Antoinette lyk my nie MM wil laai wat ek gese het nie. Hulle het dit afgehaal. Ja niemangd weet daarvan in ons straat nie

Ada ·

Ek is jammer oor die man se dood maar ek wil graag vra dat hy die regte beskrywing geniet. Hy is geregtig daarop.Ek is blank en trots daarop en die oorledene het dalk ook dieselfde gevoel?Was hy blank of nie? Miskien kan Maroela uitvind.

Enrico ·

Swak polisiewerk. As die mense wat in daai straat woon nie eers kennis dra van die voorval nie. Die polisie is veronderstel om navraag te doen by huise in die omgewing…..dit maak tog sin. Maar dit lyk meer na n laai en waai scenario.

Margie ·

Amper val ek nou van my stoel af. Absoluut geskok. Ek hoop die lig van gelate man se familie is nie te liggeraak oor die voorval nie. Sterkte aan die naasbestaandes. My blanke man is blas…so sal hy seker as donker van gelaat beskryf word? Seker ook verkeerd…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.