Vermoorde man se lyk in Pretoria-woonbuurt gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn man Woensdag in Pretoria-Wes gevind is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is omstreeks 06:00 na die toneel op die hoek van Zeiler- en Frederickstraat ontbied, waar hulle die slagoffer op die grond aangetref het.

“Hy het kopbeserings gehad. Daar was geen sigbare bloed op die toneel nie, wat die vermoede skep dat die slagoffer op ʼn ander plek vermoor is,” het Moloto gesê.

Die man is deur sy vriende geïdentifiseer as ʼn Zimbabwiese burger. Sy naam word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is.

Die Pretoria-Wes-polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om dit by hulle aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Indien hy deporteer was terug na sy land en hy nie ons land geld gekos om sy moord te ondersoek nie.

Genis ·

‘n Veiling? Waar Pop? Bid or buy? Nou wonder ek wie wil nou ‘n dooie Zimbabwiër koop en vir watter doeleindes.

streicher ·

Hy het heel waarskynlik iewers iets geneem wat nie aan hom behoort het nie en n goeie pakslae gekry, daar weg gestrompel en aan sy beserings beswyk. Of dalk het hy in n paal vas gehardloop!Hoe sal ons nou weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.