Vermoorde Margate-man was ANC-raadslid

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat Donderdagaand in ʼn huis in Margate, KwaZulu-Natal, met ʼn koeëlwond aan sy kop in sy bed aangetref is, was ʼn ANC-raadslid.

Mdumiseni Ntuli, ʼn woordvoerder van die party, het die man se identiteit bevestig. “Die ANC in KwaZulu-Natal is geskok en hartseer om van die grumoord van een van ons aktiviste, comrade Thembinkosi ‘Commando’ Zoleka, te verneem,” het hy gesê.

Ntuli het Zoleka (47) se dood as ʼn “sluipmoord” beskryf. “In hierdie stadium is besonderhede oor die moord nog min, maar dit wil voorkom asof Zoleka aangeval is terwyl hy geslaap het toe die skieter deur ʼn venster toegang tot die huis verkry het,” het Ntuli gesê. “Hy is geskiet terwyl sy vrou en kinders in die eetkamer besig was om te studeer en die verdagte het weer uit dieselfde venster ontsnap.”

Ntuli het gesê Zoleka se vrou het na haar man gehardloop toe sy ʼn skoot gehoor het en hom dood in die bed aangetref.

Maroela Media het vroeër berig kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is omstreeks 23:20 na die huis in Phillipstraat ontbied. Die man is dood in sy bed aangetref met ʼn enkele koeëlwond. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Zoleka was ʼn lid van die ANC se uitvoerende streekskomitee en ʼn proporsionele kandidaat in die Ray Nkonyeni-munisipaliteit. Zoleka se dood bring die getal ANC-raadslede wat sedert die begin van die jaar in KwaZulu-Natal vermoor is op 13 te staan.

Die KwaZulu-Natalse premier, Willies Mchunu, het verlede maand aangekondig dat ʼn kommissie van ondersoek op die been gebring sal word om die politieke moorde sedert 2011 in die provinsie te ondersoek.

Ntuli het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om na vore te kom met inligting oor Zoleka se moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Donald ·

Een van julle vir drie van ons. Daar is weer twee boere gister vermoor en n ou tannie van oor die tagtig in die vrystaat. As julle so aangaan gaan julle nie meet pap hê om te eet nie. Waarheen dan? Ek dink dis een van julle eie comrades wat hom geskiet het.

lettie ·

Ek stem saam met jou en is alles behalwe n aanhitser. Daar is n doelbewuste poging om ons wit mense te vermoor en uit te wis. Wie verantwoordelik is vir die ANC vermoorde lid sal nog uitkom. Ek ken nie die geskiedenis van SA nie maar ek glo ook dat die moordenaar van Verwoerd gereel is om so naby hom te kom om hom dood te maak.

Asjas ·

“Gru-moord”? Rerig? Was hy vir ure aangehou, gemartel of verkrag? ANC gebruik die woord baie ligtelik, in elk geval, ek ruik rot!!

Rabes ·

Is hulle ernstig? ‘n Kommisie aanstel om die 11moorde te ondersoek, wat van die 100de blankes wat vermoor word, waar’s die kommisie?

Nico ·

Goed gedoen hoop die skieter kom weg sal my mening verander as die moorde op boere ook so vinnig en akkuraat gedoen word om opgelos te word ek is glad nie n racist nie maar glo almal verdien n plek op die aarde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.