Die Kamesh-polisie in die Oos-Kaap is op soek na die moordenaar of moordenaars van ʼn lid van die Nelson Mandelabaai-metropolisie wie se liggaam vroeër vandag in sy verlate motor in Langa gekry is.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede is Vrydag omstreeks 08:45 na die toneel in Tembanistraat in Langa, Uitenhage, nadat ʼn klagte oor die verlate voertuig aangemeld is.
“Die liggaam van die metropolisiebeampte is toegedraai in ʼn duvet in sy silwer Volkswagen Polo gevind. Die beampte, wat nie aan diens was nie, se keel is afgesny.
“Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Naidu gesê.
ʼn Saak van moord word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ons land, ons land ons land. Is in sy ….