Vermoorde Philippi-tiener ook verkrag

Amahle Quku (Foto: ANA)

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die 17-jarige Amahle Quku van Philippi vermoor het, word nou ook van verkragting aangekla.

Leonard Mzingeli (25) het Dinsdag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Quku se naakte liggaam is op 20 Junie in ʼn grasveld digby Albert Luthulistraat in Browns Farm gevind. Daar is klippe langs haar erg gekneusde liggaam gevind.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het bevestig dat ’n klag van verkragting tot Mzingeli se saak gevoeg is.

“Hy staan ook tereg op verkragting en poging tot moord van ʼn vorige slagoffer,” sê Ntabazalila.

Mzingeli sal na verwagting weer op 3 Desember in die hof verskyn.

Hy het in Julie vanjaar sy aansoek om borgtog laat vaar. Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Mzingeli se besluit om sy aansoek om borgtog te laat vaar, verwelkom. Hy het gevra dat die provinsie se eenheid wat hofsake dophou ook dié saak monitor en verseker dat elke afdeling van die strafregstelsel optimaal funksioneer.

“Oortreders van geslagsgeweld sál gevang en vervolg word,” het Fritz beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Nie verbaas. In SA loop verkrag en vermoor gewoonlik hand aan hand!

Chantel

Dit bitter hartseer! My hart gaan uit na hierdie ma

JM

En só hou die verkragtings en moorde aan. Die mensdom het waansinnig geword!

Ian

Is daar nog plek in ons tronke……… O ja die president het die helfte laat loop. Hulle was soet in die tronk

Debbie

Die storie is niks nuuts nie. Algemene daaglikse ding wat gebeur. Sal ook nooit stop nie want die straf as jy gevang word is nie so erg soos wat aan die vrou gedoen is nie.