Vermoorde polisiekolonel se identiteit bekend

Kol. David Makhubela. Foto: SAPD

Kol. David Makhubela. Foto: SAPD

Die polisiekolonel wie se liggaam Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein in Johannesburg gevind is, laat ’n vrou en vier kinders agter.

Kol. David Makhubela (55) is met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. Sy liggaam is deur verbygangers gevind waarna die polisie ontbied is. Sy motor is sowat 500 m van die toneel gevind.

Makhubela, ʼn afdelingsbevelvoerder van die polisie se openbare orde-eenheid in Gauteng, het meer as 33 jaar diens in die polisie gehad.

Die provinsiale ondersoekeenheid ondersoek die moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wally ·

Wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan die regering iets hieraan doen? Genoeg is genoeg!!!

Wally ·

Wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan die regering iets hieraan doen? Genoeg is genoeg!!! Innige simpatie aan die familie.

Drieks ·

Anc regering, kyk wat bring jul vir hierdie man as bonus. Word vermoor as bonus…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.