Vermoorde polisielid was ‘nederig, gedissiplineerd’

Sers. Thanduxolo Wiseman Stuma (43) is met ‘n enkele skoot vermoor.

ʼn Speurder verbonde aan die Elsiesrivier-polisiestasie in Kaapstad is Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn gewapende rooftog vermoor terwyl hy na sy huis in Delft-Suid gestap het.

Sers. Thanduxolo Wiseman Stuma (43) is ʼn enkele keer geskiet nadat gewapende rowers omstreeks 00:45 langs hom stilgehou en sy selfoon geroof het. “Hy is op die toneel dood,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Brig. Sandile Sonjani, bevelvoerder van die Elsiesrivier-polisiestasie, het vandag Stuma se gesin besoek en hom as ʼn stil, nederige en gedissiplineerde polisiebeampte beskryf. Hy het gesê polisielede is in rou gedompel oor sy dood.

Stuma het hom in 2006 by die polisie aangesluit.

Die waarnemende hoof van die polisie in die Wes-Kaap, lt.genl. Sindile Mfazi, het beloof dat Stuma se aanvallers nie skotvry gaan wegstap nie.

Lede van die polisie se blitspatrollie het sedertdien twee mense in hegtenis geneem wat met Stuma se selfoon in hulle besit gevind is. Nóg 16 selfone wat oënskynlik ná die moord by ʼn sakerooftog in Bellville gebuit is, is ook by hulle gevind.

“Ons ondersoek fokus in dié stadium daarop om vas te stel of die verdagtes met enige ander ernstige oortredings verbind kan word, terwyl ons geweldsmisdaad in die provinsie begin hokslaan,” het Mfazi gesê.

Begrafnisreëling vir Stuma sal na verwagting later in die week bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Feite ·

RIV. Sterkte aan die familie, vriende en kollegas. Misdaad waar mense so tromp op doodgeskiet word vir n selfoon is net veronderstel om in oorloggeteisterde lande of lande waar anargie heers, voor te kom. SA is uniek in die geval dat SA nog nie in een van die kategorie lande val nie, maar dat tromp op moorde en ontvoerings tog toenemend voorkom. Miskien kan dit toegeskryf word aan n “failed state” se transformasie beloftes wat net die regerende elite en die se partykaderstrukture bevoordeel. Die res moet hulself maar deur misdaad verryk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.