Vermoorde polisieman se motor gevind

Lagois se motor wat langs die pad gevind is. Foto: Verskaf

Lagois se motor wat langs die pad gevind is. Foto: Verskaf

Lt. kol. Reinier Lagois (42), die polisiebeampte wat Maandag koelbloedig by sy huis in Pretoria doodgeskiet is, se motor is Woensdag naby sy huis gevind.

Hennie Lagois, Reinier se broer, het aan Maroela Media bevestig dat die motor ongeveer 7 km van sy huis verlate langs die pad aangetref is. Ondanks verskeie navrae kon die woordvoerder van die Valke dit teen Donderdagoggend steeds nie bevestig nie. Maroela Media wag op amptelike kommentaar.

Maroela Media het vroeër berig dat Lagois se liggaam Maandagaand by sy huis in die Moot gevind is met 14 koeëldoppies op die toneel. Sy blougrys Toyota Corolla was ook vermis. Hennie het by navraag gesê hy weet nie of sy broer tydens ʼn rooftog of kaping doodgeskiet is nie, maar dat hy nie oor die besonderhede van sy moord wou bespiegel nie.

Lagois is een van twee polisiebeamptes wat Maandag vermoor is. Konst. Mbuyisela James Concoshi (34) se liggaam is die middag op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong naby Welkom in die Vrystaat aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is.

Beide voorvalle word deur die Valke ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Nou wanneer word die valke ingeroep? As die polisie raadop is?

Dee ·

Die Valke het hulself Poppey gemaak met Genl.Maj Johan Booysen.

m ·

Sjoe lyk my as jy polisie man in hierdie land is loop jy maar automaties met target op jou rug want hierdie mense word nou afgemaai, jy lees nou omtrent elke dag van n moord op polisiemanne.

alida ·

Dit is tragies maar wat van ons boere wat die kos voorsien?

Nellis ·

Dis die ouens wat die boere moet oppas wat uitgeroei word…

ah ·

Wat het gebeur van Maandag aand tot Woensdag toe die motor gevind is. gewoonlik word die omgewing mos deeglik deursoek maar duidelik lyk dit of daar nie so iets is nie.

watter beampte het die omgewing deursoek sonder om die kar te sien????????????

Angi ·

As jy die berigte almal lees, die onmiddelike area is deursoek. Die voertuig is 7 km, in n ander buurt gevind. Dit wil voorkom asof die voertuig vroeg gevind is, want die strate was ook toe daar om ondersoek te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.