Vermoorde prokureur se eks in hof

André van den Heever (Foto: André van den Heever, Facebook)

André van den Heever, ʼn bekende prokureur van Welkom wat Dinsdag in sy kantoor op die dorp doodgeskiet is, se eksvrou het in verband met sy moord in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die 64-jarige Van den Heever en ʼn vrou, vermoedelik sy gewese vrou, Linda van den Heever (58), was kort voor sy moord in ʼn woordewisseling by sy kantoor betrokke.

Die kantoorbestuurder het glo gaan tee maak en ʼn skoot hoor klap. ʼn Tweede skoot het kort daarna gevolg en André is dood in sy kantoor aangetref.

Linda is kort ná die skietery in ʼn woonstel op Hennenman aangekeer.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê sy staan tereg op ʼn aanklag van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

“Die saak is tot 22 Desember vir ʼn mediese evaluering uitgestel,” sê hy.

Linda van den Heever bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maggies ·

Wat op aarde het haar besiel om hom te skiet? Hulle was dan alreeds geskei.
Depressie is ‘n aaklige ding. Pleks sy eerder hulp gekry het daarvoor.

Pieter ·

Is depresie nou werkilikwaar alweer die verskoning? Vieslike moordeaar moet verantwoordlikheid aanvaar. En jou simpatie vir die moordenaar is veragtelik.

Perdeby ·

Baie van hulle wat so is dink dit is nie belangrik om hulle medikasie reg en stiptelik te gebruik nie. Het lank in so ‘n privaat instansie gewerk, en hulle is op ‘n maandelikse basis terug omdat hulle nie hulle medikasie gebruik nie, en wat dan gebeur is die dr’s sê later dan maar net kry vir jou ‘n ander dr as jy nie na hom wil luister nie.

jzjz05 ·

DOODSTRAF:-,Die nuwe strawwe is nou al n helle paar jaar getoets en dit werk nie,so keerterug na die ou doodstraf en sien self dit sal werk.VERSEKER

Elinette ·

In ‘n land met ‘n opgefoeterde regstelsel (soos alles) soos in Suid-Afrika? Raai wie gaan tot doodstraf gevonnis word en wie gaan skotvry stap vir die ergste misdade!!!!

Oujongvrou ·

Nou sal depressie weer die skuld kry. Sy wou iets uit die stomme man kry en toe kry sy nie haar sin nie. Gebeur baie dat vrouens gulsig is.

SjN ·

Die woord depressie kan soms vervang word met geldgierigheid en jaloesie, meeste konflik is dit die geval.

Pieter J ·

Ek dink nie depressie kan as ń verskoning aangevoer word nie. Die vrou het vooraf besluit sy gaan hom skiet dus het sy die ongelisensieerde vuurwapen saamgeneem. Dit het nie sommer uit die lug geval nie. Sy is soos hulle in engels sê “evil”. Ek hoop sy kry die straf wat sy verdien. Mense pleeg te maklik moord en kom soms nog daarmee weg.

Elinette ·

Nee, aarde, tannie – mens maak nie so nie! Jy is mos nou van die man geskei … as jy nie tevrede was met die egskeidingsbevel en -pakket wat jy gekry het nie, gee dit jou nie die reg om die arme man morsdood te skiet nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.