André van den Heever, ʼn bekende prokureur van Welkom wat Dinsdag in sy kantoor op die dorp doodgeskiet is, se eksvrou het in verband met sy moord in die hof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig die 64-jarige Van den Heever en ʼn vrou, vermoedelik sy gewese vrou, Linda van den Heever (58), was kort voor sy moord in ʼn woordewisseling by sy kantoor betrokke.
Die kantoorbestuurder het glo gaan tee maak en ʼn skoot hoor klap. ʼn Tweede skoot het kort daarna gevolg en André is dood in sy kantoor aangetref.
Linda is kort ná die skietery in ʼn woonstel op Hennenman aangekeer.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê sy staan tereg op ʼn aanklag van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
“Die saak is tot 22 Desember vir ʼn mediese evaluering uitgestel,” sê hy.
Linda van den Heever bly intussen in aanhouding.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Siek samelewing waarin ons bly.
Wat op aarde het haar besiel om hom te skiet? Hulle was dan alreeds geskei.
Depressie is ‘n aaklige ding. Pleks sy eerder hulp gekry het daarvoor.
Doodstraf !!
Arme man met sy lewe betaal voor kersfees
Simpel vroumens…