Vermoorde se ma aan Ramaphosa: ‘Jy het belowe’

Pres. Ramaphosa gesels met Maria Clarke. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

ʼn Ma wie se dogter vermoor is, glo dat geregtigheid sal geskied nadat pres. Cyril Ramaphosa haar besoek en hierdie belofte gemaak het.

Ramaphosa het Maria Clarke, ma van die vermoorde Angelique Clarke Abrahams, Vrydagmiddag by haar huis in Brookville in Oos-Londen besoek. “Geregtigheid sal geskied, ons sal seker maak daarvan,” het Ramaphosa volgens Clarke aan haar gesê.

“Ek hoop net so, want die stelsel het haar reeds gefaal voor haar dood,” het Clarke gesê met verwysing na die beskermingsbevel wat haar dogter kort voor haar dood teen haar vermeende moordenaar gekry het.

Abrahams is op 3 September dood nadat sy die vorige week in die hospitaal opgeneem is. Haar ma en seuntjie het by haar gewaak in die Cecilia Makiwane-hospitaal ná die aanranding.

Sy is in haar huis in Fynbos aangeval en glo verkrag. Marion Peake, ʼn vriendin van Abrahams, het vroeër gesê Abrahams, ʼn kontroleklerk, het ná ʼn nagskof tuisgekom en die man in haar huis aangetref. Hy was goed aan haar bekend.

Hy het haar vyfjarige seuntjie glo kort tevore by ʼn buurvrou, waar die kind gebly het, gaan haal en na die huis geneem. Peake vertel daar het hy glo die seuntjie beveel om na ʼn slaapkamer te gaan en ʼn kombers oor sy kop te trek, omdat hy “vir mamma moet doodmaak”.

Peake het gesê Abrahams, ʼn epilepsielyer, is ernstig aangerand en verkrag en het tydens die aanval ʼn toeval gekry. Sy het byna haar tong afgebyt en kon weens die swelling nie behoorlik asem kry nie.

Ná die aanranding is haar vermeende aanvaller glo met die seuntjie by die huis uit. Die man het die kind ná die aanval by sy ouma gaan aflaai en verdwyn. Ná verskeie oproepe op sosiale media uit die gemeenskap – dat hy hom ter wille van sy eie veiligheid aan die polisie moet gaan oorgee – het hy dit gaan doen.

ʼn Buurvrou van Abrahams het onraad gemerk nadat die man en seuntjie by die huis uit is, en het na Abrahams in haar huis gaan soek. Sy het haar ernstig beseer daar aangetref.

Angelique Clarke Abrahams (25) is dood nadat sy ernstig in haar huis aangerand is. (Foto: Facebook)

Die 30-jarige man wat Abrahams glo vermoor en verkrag het, het reeds in die hof verskyn. Die saak teen hom is uitgestel tot Oktober en hy bly intussen in aanhouding. Sy naam word weerhou totdat hy gepleit het aangesien hy op ʼn seksuele aanklag teregstaan.

Volgens Clarke is haar dogter dae voor die noodlottige aanranding deur dieselfde man aangerand en is hy toegesluit. “My dogter het egter vir my kom sê dat hy vir net sowat drie uur agter tralies was en toe vrygelaat is.”

Abrahams se seuntjie is volgens Clarke baie getraumatiseer en “huil heeltyd”. Die regering het ook tydens die besoek beloof om dié week vir hom berading te reël.

Intussen hoop Clarke dat die saak spoedig afgehandel en geregtigheid vir haar dogter sal geskied.

Ramaphosa het Vrydag vir Clarke asook die families van Uyinene Mrwetyana en Leighandre Jegels besoek. Dít nadat hy die vorige aand die land in ʼn nasionale voorafopgeneemde televisie-uitsending oor onder meer aanvalle teen vroue en kinders toegespreek het.

Ramaphosa het gesê geweld teen vroue is nie ʼn vroueprobleem nie. Dit is ʼn mansprobleem. “Dit is nie net ʼn nasionale krisis nie, maar ʼn misdaad teen menslikheid. Dit maak nie saak wat ʼn vrou dra, doen, sê of waar sy loop nie, sy het die reg om veilig te wees,” het Ramaphosa gesê, en ordentlike mans lof toegeswaai.

Hy het ook verskeie noodmaatreëls aangekondig, waaronder die openbaarmaking van die register van seksuele oortreders en strenger minimumvonnisse vir mans wat vroue of kinders aanrand, verkrag of vermoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Sarie ·

Dis nie ‘n mansprobleem nie dis ‘n regerings probleem wat nie wet en orde kan handhaaf nie.

Rupert Ashford ·

Dankie Sarie. Om die term “‘n mansprobleem” te gebruik is deel van die siek feministiese gees van ons tyd en plaas alle mans in ‘n staat van beskuldiging. Hierdie tipe gemors wat hierdie dade pleeg is misdadige lafaards…helfte sou nie die moed gehad het om te doen wat hulle doen as die gereg nog ordentlik toegepas is en die samelewing nog streng wetstoepassing sou ondersteun nie. As jy ‘n hond wat byt laat los rondloop moet jy nie verbaas wees as iemand gebyt word nie.

DVL ·

Dit is ‘n mansprobleem mans wat nie respek vir vrouens het nie, mans wat dink hulle kan kinders en vrouens mishandel soos hulle wil. Ek het nie tyd vir die regering nie maar wragtig nie alles kan voor hulle deur gegooi word nie. Ja die reg faal vroue en kinders maar faal die hele land, maar hulle het nie beheer oor mans wat moor en mishandel en verkrag nie omdat so baie van dit stil gehou word selfs in huwelike. Mans moet verantwoordelikheid vat vir hoe hulle optree en die voorbeeld wat hulle aan hulle seuns stel maar agv van ons ruggraatlose samelewing gebeur die goed en die goed is so oud soos die mensdom self want die mens (man) het nog nie geleer nie. En godsdienstige en kulturiele sienings help nie veel om dit beter te maak nie. Dit het niks met feminisme te doen nie. Ek as ‘n man se dit is mans wat die probleem is.

Tersia ·

Seuntjies moet van kleins af geleer word om die vroue geslag te respekteer. Ek ken n seuntjie van 8 wat sy ma slaan en vloek. Dan vra sy hom omverskoning. . Regtig!!!!

Marius ·

Jy is reg Sarie dit is die wet wat mense toelaat om te moor en maak soos hulle wil.Daar is vrouens wat ook nie onskuldig is.

Wonder soms ·

Dit is ‘n probleem. Punt. Ongelukkig is dit mans wat meeste van die dade pleeg. Maar daar sit bitter baie vrouens agter sulke dade. Die wereld is siek en verwronge. Met grappe soos: “Vrouens hoort aan kettings in die kombuis” of “Vrouens moenie geslaan word nie, pootjie hulle eerder en skop hulle as hulle lê” is dit geen wonder nie. Ons is te lief om dinge met aggressie uit te sorteer. Op die paaie, in die skole, by die huis. Ek persoonlik dink dit is hoe ons die kinders grootmaak en wat ons toelaat en dink oulik is terwyl hulle klein is. Maar dit is slegs my opinie

Eina ·

Dit word ook veroorsaak deur pornografie. Te veel jong mans kyk daarna en het geen respek vir vroue nie. Die situasie is maar naar.

Arno Scheepers ·

Dame die land rou saam met jou oor die verlies van jou dogter.
Moet egter NIKS van cyril verwag nie, cyril promises is net promises en niks meer nie.
Baie sterkte vir julle familie.

Koos B ·

Hy gee hom oor vir sy eie veiligheid ? Hy moet vrygelaat word en vir sy eie veiligheid sorg.Maak net seker sy gevreet word groot op lampale gesit.

Keelvol ·

Hoekom het die buurvrou die seuntjie vir man gegee in die eersteplek? Sy moes tog geweet het van die beskermings bevel? Sy moes ook mos vir die Ma gewaarsku het dat die man was by haar huis om die seuntjie te kom haal?

Dit bly tragies en hartseer!

Koos ·

En die miljoen huise in Alexandra? Ek dinknie hy gaan dit doen nie.

Gert van Wierdapark ·

Hy probeer “damage-control” doen deur “Spin” toe te pas!!! Daar moet GEDOEN word mnr die Pres! Kom uit die blokke uit, en hou op water trap!

Br ·

Ramaposa jy stel so teleur. Jacob was regtig useless maar ons het meer van jou verwag. Ons land is in rou gedompel, jag word op die vroue gemaak, opstand in ons stede, plaas moorde en wat doen jy, jy soeel n toneelstuk waarin jy die volstruis is, kop in die sand. Kan vir jou een ding sê as Trump ons president was het jy ñ ding of twee gesien. Hy skroom nie weg soos jy nie. Nee kom bietjie by en doen een.maal die regte ding.

emily ·

Ag nee wat die ou gaan niks doen nie, ek kan jou n brief gee.

Petrus ·

Mr Ramaphosa, jy is geleidelik besig om te kyk hoe jou belasting basis ge-erodeer word om die agressiewe linker flank se bloeddorstigheid te bevredig. Hierdie moord is bloot net ‘n simptoom van die onvermoë (onbevoegdheid) van u sg “security cluster” om kwesbares veilig te laat voel.
Of miskien is die deel van die “bigger picture”.

Nico K ·

Dit is duidelik dat ‘n beskermingsbevel niks beteken nie. Hoe kan ‘n stukkie papier jou beskerm as iemand jou wil vermoor?

Sandra ·

Sommige mans sal juis aangevuur word deur ‘n beskermingsbevel. Maar régtig, die President kan nie vir àlles wat verkeerd loop in die land , verantwoordelik gehou word nie. Soos die ou mense gesê het: As die kat in die bakoond kleintjies kry, is dit ook sy skuld! Drank en dwelms speel ‘n báie groot rol in huishoudelike probleme. Brandewyn het nie brieke nie. Mens kan onder geen omstandighede alle mans oor dieselfde kam skeer nie. Die mans wat ék tans ken, sal nooit ‘n vinger teen hul vrou lig nie. Bure, familie en vriende wat hierdie dinge aanskou of aanhoor, moét hierdie dinge anoniem by die SAP kan gaan aanmeld. Jy màg nie jou kop wegdraai nie. Nadat die Polisie en Welsyn (aan wie daar ‘n hengse tekort is), op so ‘n klagte reageer en ‘n behoorlike ondersoek gedoen het, behoort daar vir hierdie klagtes ‘n register wees. Sou ‘n 2de klag kom, moet die naam dadelik uit die databasis opkom, en rooi vlae moet begin waai.

B R ·

Doodstraf asb Mnr Ramaphosa. ANC regering het nie die vermoe om andersins
misdaad te bekamp nie.

Tersia ·

Seuntjies moet van kleins af geleer word om die vroue geslag te respekteer. Ek ken n seuntjie van 8 wat sy ma slaan en vloek. Dan vra sy hom omverskoning. . Regtig!!!!

madels ·

Stem saam Tersia, dis ongelooflik hoe baie kinders hulle ma skop en slaan! Hulle is word nie geleer om gesag te respeketeer nie, en so word hulle verwronge groot en ken nie dissipline nie en een ding lei na die ander…

melody ·

Mnr Ramaphosa u gaan besig wees. Ek wonder net hoekom daar eers op sosiale media heftige beswaar aangeteken moes word voordat u reaksie begin toon het . Ek meen u kry die statistieke heel eerste m.b.t verkragtings/misdaad, korupasie.

U (die staat) moet daaraan dink om peppersproei vrylik uit te deel aan vrouens. Daar is ‘n kondoom op die mark wat definitief ‘n voornemende verkragter twee keer sal laat dink. (wanneer ‘n lid van die vroulike geslag die kondoom gebruik en ‘n gemene vark wil haar verkrag, skeur die buitewande van die kondoom die verkragter se juwele . Dit sal noodwendig beteken dat vrouens die kondome vir hul eie veiligheid daagliks sal moet dra.
voordeel is -geen aansteeklike siektes wat oorgedra word daarteen maksimum pyn vir die gemene oortreder!

Daarmee kan u (die staat) ook help. Vrylik beskikbaar of dit teen die minimale bedrag aan vrouens te verkoop !

Alternatiewelik stel ek voor, kap ‘n lid van sy hand af. begin by die pinkie. Sonder ledemate is dit moeilik vir ‘n verkragter om sy wil op vrouens en kinders af te dwing. Die pluspunt is.die verkragter word dadelik ge-eien

Anni ·

En al wat CR doen…… hy “grin”!!! Want moord en doodslag is mos n helse grap!!

TN ·

Aan die mense wat die doodstraf propageer : Dit sal niks help nie __ dit is bewys dat in lande waar die doodstraf afgeskaf is , die aantal moorde afgeneem het . Die doodstraf dien hoegenaamd NIE as afskrikmiddel nie , dit gee indirek goedkeuring aan die onregmatig dood van ‘n ander persoon . Die enigste voordeel wat die doodstraf sou hê is dat moordenaars , verkragters en soorgelyke gemors nie gratis huisvesting op ons koste sal kry nie . Die moontlikheid van die dood van onskuldige mense maak dit nog meer onaanvaarbaar ; ek weet persoonlik van ‘n man wat onskuldig van seksuele molestering deur ‘n meisie beskuldig is . Indien hy tereggestel was sou hy ongelukkig NOOIT sy onskuld kon bewys nie .

Hendrik van George ·

Die storie gryp my werklik aan, weet nie hoekom nie. Dit is immers net nog ‘n sinnelose moord….

Santie ·

My gewese man het my 44 jaar gelede al aangerand dat ek by die dood omgedraai het. Toe ek destyds al by die polisie hulp gaan vra en ‘n saak wou maak, was hulle antwoord dat hulle nie by huishoudelike geweld inmeng nie. My ouers moes my kom “red”. Dis nie ‘n nuwe ding nie.

Elvira ·

Waarom het ek geen vertroue dat dinge in hierdie land beter sal word nie

Stephanie Tredoux Malian ·

ek sal hom nie eens by my hekkie laat inkom nie

Vryheid ·

Het jare terug n meisie gehad wat ek oor dol verlief was. Ek was vas oortuig dat sy die een was wat ek gaan trou. Ek het my hart, tyd, liefde en geld aan haar gegee. Sy het my oor n periode van vyf jaar ses keer verkul met n ander man, Na baie seer het ek weggestap. Mense kry seer en baie keer doen hulle verkeerde dinge in daardie tyd, stap eerder uit en gaan aan met jou lewe dis dit nie werd om by te dra tot die verwoesting Nie.

Diefie ·

As ek nou in mooi Afrikaans sê wat ek baie graag wil sê, word ek vinniger as mes opgesluit.
Let wel mense Sê nie eers doen nie.

Mags ·

Ander berigte het gestaaf dit is haar eie man. Sy het oor die kleurgrens getrou.. Dit is baie sleg wat met haar gebeur het, en veral hoe, alles voor die kind.. maar as jy jou liggaam en siel oor die kleurgrens laat vlieg… net daar hou my simpatie vir haar op. Ek kry die arme kind bitter jammer.

Michelle ·

Hy sit daar so korrup hyou kan homself nie help nie waar gaan hy enige iemand anders help dit is die een keuse op die ander.

Michelle ·

Hy sit daar so korrup hy kan homself nie help nie dit is die een leun op die ander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.