Vermoorde skoolmeisies: Tiener geskik om verhoor te word

Argieffoto

Argieffoto

Een van die twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, is geskik verklaar om verhoor te word.

Die seun het sielkundige waarneming by die Sterkfontein psigiatriese hospitaal ondergaan.

Albei seuns het Woensdag weer in die Protea-landdroshof verskyn. Die saak is tot 17 Julie uitgestel sodat die ander seun ook vir sielkundige waarneming gestuur kan word.

Albei seuns het reeds dwelmtoetse ondergaan.

Die seuns, wie se name nie bekend gemaak mag word nie omdat hulle minderjarig is, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud. Hul liggame is in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref.

Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart, gebrande kerse langs hul liggame. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.