Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns hoor vandag oor verhoor

Een van die skoolmeisies se liggame toe dit verlede week van die toneel verwyder is. Foto: Masego Rahlaga / EWN

Een van die skoolmeisies se liggame toe dit verlede week van die toneel verwyder is. Foto: Masego Rahlaga / EWN

Twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, gaan na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof hoor of hulle saak verhoor gaan word.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die seuns het Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel vir ʼn voorlopige ondersoek kragtens die Kinderwet. Die uitkoms van dié ondersoek sal bepaal of die seuns se saak verhoor gaan word.

Die seuns, wie se name nie bekend gemaak mag word nie omdat hulle minderjarig is, word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou. Hulle het vroeër ook dwelmtoetse ondergaan.

Die seuns is in hegtenis geneem in verband met die moord op Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud. Hul liggame is in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart, gebrande kerse langs hul liggame. -SAPA

Lees ook:
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vir dwelms getoets
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Vermoorde JHB-skoolmeisies vandag begrawe
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns se saak uitgestel
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vandag in hof
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.