Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in die hof

Argieffoto

Argieffoto

Twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, gaan na verwagting Vrydag weer in die Protea-landdroshof verskyn.

Tydens die twee se vorige verskyning in April is die hofsaak uitgestel sodat een van die seuns vir sielkundige waarneming gestuur kon word. Die hof sal ʼn voorlopige ondersoek hou, kragtens die Kinderwet, vir die ander seun. Dié ondersoek sal bepaal of die seuns verhoor gaan word. Albei seuns is reeds vir dwelmtoetse gestuur.

Die seuns, wie se name nie bekend gemaak mag word nie omdat hulle minderjarig is, word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou.

Die seuns is in hegtenis geneem in verband met die moord op Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud. Hul liggame is in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart, gebrande kerse langs hul liggame. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.