Vermoorde Springs-tiener: ‘Ons is stomgeslaan en verpletter’

Die gebied waar die tiener se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

Die gebied naby die skool waar Abram se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

Die Oos-Randse tienerseun, wie se liggaam gevind is nadat hy Donderdag ná krieketoefening nie by sy ouerhuis opgedaag het nie, sou volgende jaar sy skool se hoofseun wees.

Veritas College in Springs, waar Abram Sibeko (17) in graad 11 was, het Vrydag die nuus oor sy moord bekend gemaak.

“Ons Veritas-familie is hartseer om die skokkende nuus van die dood van die geliefde president van ons leerlingraad te hoor. Abram is in Selectionpark aangeval toe hy op pad was huis toe laat Donderdagmiddag. Ons is stomgeslaan en verwoes,” het die skool in ʼn verklaring gesê.

Abram Sibeko. Foto: Via Facebook.

Abram Sibeko. Foto: Via Facebook.

Abram is in Julie vanjaar verkies en ingesweer as president van die skool se leerlingraad vir 2017.

Maroela Media het Vrydag berig Abram se pa het onraad bemerk toe sy seun nie ná krieketoefening by sy ouerhuis Dunnottar in Nigel opgedaag het nie. Hy het glo van openbare vervoer gebruik gemaak om tussen die skool en sy huis te pendel.

“Die seun was altyd stiptelik by die huis en dit was baie ongewoon van hom om nie by die huis op te daag nie. Hy was ʼn presteerder op skool en baie sportief. Sy pa het hom op sy selfoon probeer bel, maar die foon was afgeskakel. Die gesin het regdeur die aand na hom gesoek en wou hom vanoggend as vermis aanmeld, toe hulle van sy dood ingelig is,” het Amanda Greybe, woordvoerder van die Springs-polisie, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Abram se liggaam is vroeër die dag omstreeks 07:00 deur ʼn gemeenskapslid naby die treinspoor op die hoek van Davisrylaan en Rogersstraat in Selectionpark, wes van die skool, naby die sportvelde, gevind. Hy het sy skoolklere aangehad en is in die bors gesteek met ʼn skerp voorwerp. Hy is op die toneel dood verklaar. Sover vasgestel kan word, word sy krieketsak en selfoon vermis.

Die Springs-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

lorayne ·

So, so bitter hartseer. . . geen lewe is net NIKS meer werd nie! Dit, vir ‘n krieketsak en ‘n 2de handse selfoon. ‘n kind wat sy hele toekoms voor hom gehad het! My hart gaan uit na sy Ouers, gesin, vriende, kennisse en sy skool. . . Rus in vrede Abram.

Wenner ·

So n pragtige kind! Sy hele lewe het nog voor hom gelè! Dit is VERSKRIKLIK!!!

JC ·

DIE MOORD EN DOODSLAG KRY NET NIE ‘N EINDE NIE.
TOT KINDERS WORD NOU GETEIKEN.
SA IS ‘N RAMP!!!!!

Trudy Erasmus ·

Dit is skokkend dat ons toekomstige leiers die slagoffers van sulke papbroekigheid word. (Net ‘n papbroek steel van en vermoor ‘n leerder.) Ek kom iets oor as so iets mer een van my leerders moet gebeur.

cs ·

Sterkte vir sy ouers en familie. Dit moet verskriklik wees om jou kind so te verloor.

Ruby ·

R.I.V. Abram :-(

My innige meegevoel aan sy ouers, die jongman sou duidelik help om ‘n beter plek van ons land te maak.

Hoeveel onskuldige mense moet nog ly, word wakker regering!

Deďuiwelin ·

Dit is so so onnodig….sterkte aan die familie asook sy vriende.

Thea Gerber ·

Alle sterkte aan die ouers en die skool. Dit is verskriklik hartseer dat so ‘n jong belowende lewe so onnodig geneem is. Ons samelewing word sieker by die dag.

Raymond Bastone ·

AiAiAi dit is so tragies dat sulke moorde nou toeneem en gepleeg word. Bid julle sterkte toe

Erika ·

Dit moet baie swaar vir familie.
Bring terug die doodstraf…. Hopelik keer dit geweld

Hartseer vreemdeling ·

RIV jongman. Nou kan jy in die hemel gaan baljaar. Ek dink aan sy ouers; vriende en familie. Mag julle berusting vind in die skok en pyn. Mag Liewe Jesus julle dra in hierdie hartseer tyd.

Penellope Jones ·

Mens het net nie meer woorde en gedagtes vir die aaklighede wat die mense van SA tref nie.
Rus In Vrede Abram en voorspoed aan sy geliefdes en ook aan die skool wat nou hierdie tragedie ook moet verwerk.

Drieks ·

Abram Sibeko Jou naam sal in die ANC se CV opgeteken bly…hul het hierdie hartseer na ons families gebring.

Bekommerd ·

Is dit nog so dat jy nog 24 uur moet wag voor jy iemand as vermiss aangee? As dit wel is is daar n gaping in ons polisie hulle moet mense sodra hulle vermiss word of vermoed aanmeld

KarooKlong ·

Dit was nog nooit so nie.
Kan seker ook sê sekere SAPD lede het daardie persepsie geskep en dan het sekere lede van die publiek die eierklitser aangesit.

J ·

Ag so onnodig net vir n selfoon en n krieket sak. Mens kan sien hierdie kind wou iets met sy lewe maak en dat hy n goeie opvoeding in n liefdevolle huis ontvang het. Sterkte aan sy familie

Carien ·

Skokkend dat iemand n kind vermoor vir n simpel selfoon en n sportsak. Ek het nie woorde nie… Baie sterkte aan sy ouers en familie. Mag die Here julle dra en krag gee.

Pierre ·

Misdaad kies nie kleur nie. Die status van hierdie land as korupste land gevolg deur misdaad syfers is stelselmatig besig om hierdie sogenaamde Bundu Howe na vore te laat kom. Misdaad seevier en is dit ironies dat ‘n misdadiger meer reg het as die gehoorsame landsburger. Sou hierdie seun homself verdedig het en dalk in die proses sy aanvaller leed aangedoen het was hy gearresteer en toegesluit, ons sien dit daagliks. Ons meegevoel aan hierdie gesin mag julle kind in vrede rus.

Theresa B ·

Dit is vreeslik. Dit is opkomende volwassenes wat iets van hul lewe maak en iets in die samelewing sou beteken het. Here help ons mense asseblief!! Mag sy siel in vrede rus!

Jackie ·

Sterkte aan die ouers en familielede. Altyd hartseer as kinders sterf en nog erger as dit in sulke omstandighede plaasvind.
Net ter inligting: Dunnottar is n plek op sy eie en Nigel ook. Nie een plek nie. Dalk kan die berig skrywer dit uitklaar.

Landi Slatter ·

Dagsê Hannelie

Dankie vir jou navraag. Die berig meld dat Veritas College in Springs is en dat sy liggaam naby die treinspoor op die hoek van Davisrylaan en Rogersstraat in Selectionpark, wes van die skool, naby die sportvelde, gevind is.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.