Vermoorde Tazné: Ramaphosa sê jammer

Gemeenskapslede drom saam gedurende Ramaphosa se besoek buite die vermoorde Tazné van Wyk se ouerhuis. (Foto: Courtney Africa, AP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag besoek afgelê by die vermoorde Tazné van Wyk (8) se familie en erken dat die paroolstelsel die familie in die steek gelaat het.

Ramaphosa het gedurende sy besoek namens die regering om verskoning gevra dat Moehydien Pangaker, die verdagte in Tazné se moord, op parool vrygelaat is nadat hy vantevore aan tot 11 verskillende misdade aangekla en skuldig bevind is.

“Ek staan ​​hier om te sê dat ons as regering jammer is dat iemand wat nooit veronderstel was om op parool vrygelaat te word nie, wel vrygelaat is. Ons is jammer hieroor. Dit sal nooit die pyn wat u ervaar, wegneem nie omdat die probleem van geslagsgeweld teen vroue en kinders voortduur,” het Ramaphosa aan gemeenskapslede buite Tazné se ouerhuis in Cannaught Estate, Kaapstad, gesê.

“Ons Grondwet bepaal dat daar ʼn reg op lewe is, en ons sê ook dat mense wat skuldig bevind word aan die mishandeling van vroue met die voorbedagte rade om hulle te verkrag en dood te maak, nooit op borgtog vrygelaat mag word nie,” het die president gesê.

Dié stelling is met luide toejuiging van gemeenskapslede verwelkom.

Tazné van Wyk (8).

Tazné se liggaam is ʼn week gelede in ʼn stormwaterpyp buite Worcester in die Wes-Kaap gevind nadat sy die vorige week as vermis aangemeld is.

Maroela Media het vroeër berig Pangaker is vantevore altesaam 11 keer skuldig bevind en weer vrygelaat. Hy is vroeër aangekla van die besit van ʼn gesteelde voertuig, aanranding, moord, diefstal en huisbraak. Hy is in 2008 gevonnis op aanklag van ontvoering, kindermishandeling en strafbare manslag en is 10 jaar tronkstraf opgelê.

Volgens Albert Fritz, die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, is Pangaker in 2015 vrygelaat op parool ná hy slegs sewe jaar uitgedien en vroeër sy voorwaardes om korrektiewe toesig verbreek het. Hy is tussen Oktober 2016 en Mei 2019 onder parooltoesig geplaas. Hy het weer uit toesig ontsnap en ʼn saak is aanhangig gemaak.

Pangaker sal weer op 17 April in die Goodwood-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn in verband met Tazné se moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hennie ·

Ek hoop Mnr. die President gaan ook besoek afle by elke boergesin wat op die plase vermoor word!

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee wat dis ‘n droom. Die “verskoning” is net ‘n lee teken en stemwerwery. Daar is nie ‘n manier dat ek enige polotikus se simpatie met so iets ernstig opneem nie.

Illa ·

Hy moet eers erken dat daar iets soos plaasmoorde is en steeds dan sal hy nie gaan besoek aflê nie.

BoerSonderRoer ·

Boere in SA dra geen gewig nie.

Hy sal nie eers jammer sê wanneer polisie manne betrap word i die dade nie.

Leon ·

En die oomblik wat hy in sy kar klim het hy alles vergeet wat hy belowe het. Dit is ‘n siekte wat politisie het en die ANC se een is die ergste.

Nie Verbaas ·

Net jammer dat jammer altyd te laat kom. Jammer gaan nie daardie dogtertjie terug bring nie.

BoerSonderRoer ·

Hy is nie jammer nie hy voel ‘n veer.

Hy soek net nog stemme.

JCR ·

Hy kan jammer se soveel hy wil maar voor hy nie weer die doodstraf terugbring nie is al die moorde se bloed aan sy hande.

Kwikkie ·

Dis erg as mens absoluut niks kan glo wat jou president se of belowe nie.

SA draai terug na GOD !! Dis al hoe hierdie land weer gaan opstaan.

BoerSonderRoer ·

Dit gaan nie gebeur nie, so bid dat YHWH vir ons ons eie staat sal bewerkstellig.

lollapot ·

Too little too late meneer die president!
Jou ‘jammer’ sal nooit hierdie ouers se trane kan afdroog nie!

Sobymykoolkop ·

En die gepeupel juig. Daai moordenaar/ verkragter is een van die gespuis wat presidensiële kwytskelding/ afslag gekry het. Julle vertrou ń tenderpreneur en leier van die blinde, kommunistiese regering , kan enige gemeenskap so liggelowig wees?

Magda ·

Ek HAAT die woord JAMMER – want dit is altyd te laat – Ons is net so JAMMER JY IS IN DAAI STOEL RAMAPHOSA., EN WEEREENS IS DIE WOORD TE LAAT.

Dries ·

Werklik tragiese geval hierdie. Maar is die dogtertjie regtig die eerste slagoffer van hierdie land se mislukte paroolstelsel? Sekerlik nie!

Belinda ·

Tog word daar daagliks moordenaars en verkragters vrygelaat. Jy is reg President, sy moet ‘n reg op lewe gehad het, maar sy het nie, dit is die uitdaging…… sorteer dit uit, dan het jou besoek waarde gehad.

Patch ·

Jammer kom altyd te laat. Begin kyk na wie uit tronke op parool vrygelaat word. Sekere gevangenisse moet nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie. Ons “samelewing” wil die gespuis nie tussen ons hê nie. Doodstraf is die enigste straf vir ernstige misdade soos moord en verkragting. Die tronke sal nie so vol wees nie en die kans dat ‘n geharde misdadiger wat hieraan skuldig bevind word ooit weer op straat sal wees is nul. Ons Mnr die President moet ernstig hierna kyk.

Gato ·

Ten minste het Ramaphosa nou erken dat die regering (ANC) gefaal het in hierdie spesifieke geval. Dit is maar min en te laat soos baie van die mense voor my ook gesê het. As hy nou net sy rasistiese bril wil afhaal en erken dat daar plaasmoorde in SA is en ook daardie slagoffers gaan besoek en jammer sê dat die regering hulle ook gefaal het omdat die Polisie nie hulle werk doen om mense te beskerm nie, dan sal daar dalk so klein tikkie van hoop deurskemer.
Sy lys vir die dinge waarvoor hy moet jammer sê raak bitterlik lank.

madels ·

Die enigste rede ongelukkig hoekom hy sê hy is jammer want hulle sal dalk vir die ANC volgende keer stem. Eintlik voel ek niks wat die regering “goed” doen is met goeie bedoelings nie, daar steek altyd n agenda daaragter. Ek vertrou Ramapada glad nie, jammer!

Oujongvrou ·

En hoeveel het jy persoonlik nou duskant kersfees weer kwytskelding gegee Ramaposa. Daar mense is so liggelowig en voel baie belangrik dat hy daar aangekom het. Hulle weet nie dat hierdie regering niks doen sonder om punte te soek nie.

Nette ·

Hierdie meneer is MISDAAD TEEN DIE MENSDOM. Hoop jy het nou weer genoeg stemme gewerf vir die ANC met jou tranetrekker toespraak.

Elize ·

En die slang het gesis en nou moet almal op die grond neerval van dankbaarheid. Hy sal nie die voorreg hê om op my erf te kom nie. Gaan gorrel jou gemors waar ander jou kan glo

jinny jualinda ·

Hy is jammer maar het n klomp tronkvoels vrygelaat laasjaar. Sy jammer beteken niks.

Bullet ·

Hoop die gesin lê ‘n klagte teen die minister van polisie, hoof van korrektiewe dienste en elkeen wat ‘n hand in daai vuilgoed se parool gehad het!.

Niklaas ·

Dis mooi, Cyril. Nou wag ek in spanning oor dieselfde van jou t. o. v. plaas aanvalle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.