Vermoorde tiener se familie ontvang ʼn huis

Matlhomola Mosweu se ma, Agnes Mosweu (Foto: ANA)

Job Mokgoro, premier van Noordwes, sal Donderdag as deel van Menseregtedag ʼn nuwe huis aan die vermoorde tiener van Coligny, Matlhomola Mosweu, se familie oorhandig.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings het in 2017 dié huis aan die familie belowe. Motlalepula Rosho, LUR van menslike nedersettings, en die burgemeester van Ditsobotla, Daniel Buthelezi, sal by Mokgoro aansluit.

Mosweu se familie het tot dusver in ʼn plakkershuis by Scotland- informele nedersetting gewoon.

Mosweu is op 20 April 2017 dood ná hy daarvan beskuldig is dat hy sonneblomme op Rietvlei-plaas gesteel het. Pieter Doorewaard (28) en Philip Schutte (35) is skuldig bevind in verband met sy dood. Hulle het Mosweu, beter bekend as Faki, betrap met sonneblomkoppe ter waarde van R80 op hul werkgewer se eiendom. Hulle het hom agterop ʼn bakkie gelaai en daar is beweer Schutte het hom van die bewegende voertuig afgestamp. Hy het nekbeserings opgedoen en is later oorlede.

Sy afsterwe het tot gewelddadige betogings gelei in die gebied. Ses huise en drie vragmotors is aan die brand gesteek, verskeie winkels is geplunder en die dorp het vir vyf dae lank gesluit tot die twee mans hulle aan die polisie oorgegee het.

Doorewaard en Schutte het beweer Mosweu het self van die bewegende voertuig afgespring in ʼn poging om te vlug.

Schutte is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, drie jaar op aanklag van ontvoering, twee jaar vir intimidasie, een jaar vir diefstal en twee jaar vir die rig van ʼn vuurwapen. Die vonnisse vir ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen sal gelyklopend uitgedien word. Hy sal effektief 23 jaar tronkstraf uitdien.

Doorewaard is tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis, drie jaar vir ontvoering, twee jaar vir intimidasie, ʼn jaar vir diefstal en twee jaar vir die rig van ʼn vuurwapen.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ekke ·

Onskuldige mense sit in die tronk as gevolg van n leuenaar se getuienis. Is dit menseregte? Geniet julle huis. Dit regverdjg nou seker julle saak.

theo ·

soos ek verstaan, het hulle advokate appel aan geteken, dan is hulle nog nie in die tronk nie, is ek reg?

Jan Nel ·

Jy verstaan verkeerd Theo. Hulle borg is nie verleng nie. Hulle sit reeds ‘n geruime tyd in die tronk.

theo ·

Ek verstaan, as die appel slaag, gaan hulle uit die tronk kom?

Snip ·

Dis te lekker…. Wat van AL die boere wat vermoor word??? Kry hulle kinders ook huise??? Of tel MENSE REGTE NET VIR SEKERE MENSE in hierdie opgevoeterde land????
Belaglik… Wanneer word daar vir hul GRATIS Elektriestyd en kos aangery?
Die huis gaan nou seker die seun terug bring…
????

Jacques ·

Nou verstaan ek ook waaroor dit gaan . Twee mense sit onskuldig in die tronk vir n huis .
As die ma dan so erg was oor haar seun hoekom het sy eers twee weke later agter gekom hy is weg ? Ek se weer , vir n huis en hulle se dit is menseregte ?

WIT ·

Kan hul dan sommer ook huise aan ons vermoorde boere se kinders ook gee asb!

Lana ·

Die huis word seker teruggevat, wanneer die twee manne se appèl wys dat hulle onskuldige is.

Wonnermaarnet ·

En as die DNS toetse wat voete gekry het uit die polisie file, gaan bewys dat sy nie die ma van daai kind is nie….gaan hulle haar uit die huis uitgooi? En gaan al die belanghebbenis wat vandag daar was, help om haar uit te kry. Wonder maar net!!!!

Johann van zyl ·

En die Boere wat daagliks vermoor word gaan hul kinders ook nou n plaas kry. Pa en Ma vermoor geen inkomste om plaas lening meer aftebetaal nie.

George ·

Skat daar gaan nou baie planne beraam word om huise te kry….glo my baie “moorde”gaan volg

Wonner ·

As ons eers gaan begin gaan daar nie genoeg huise vir almal wees nie…..maar aan die ander kant….dan gaan daar nie huise nodig wees nie….ek GLO nie hulle moet ons blankes begin tart nie

George in Bloem ·

In SA as in Animal Farm some animals are indeed more equal than others. Blatant double standards. En boonop is die 2 aangeklaagdes skuldig bevind in die getransformeerde hof op die getuienis van ‘n selferkende leuenaar. Ek wonder of hy ook sy huis gekry het vir die leuens wat hy in die hof vertel het? Dit sou als ‘n groot grap kon gewees het as dit nie so skandalig en so bitter tragies was nie.

Paaries ·

HAHAHAHAHAHAHA WHAKAAKAAKAAKAAKA! Nee kyk swaer die politieke koei moet gemelk word en as dit ‘n yster koei is moet dit sweet. In die lig daarvan dat die Staat se getuie homself ontbloot het as leuenaar, die ondersoekers as vervaardigers van valse getuienis, die aanklaer as die swaap wat dit aanbied, die landdros as die gewillige lakei wat in opdrag van sy meesters die onskuldiges skuldig moet bevind en die politieke hofnarre van wie die opdrag tot skuldigbevinding gekom het, laat dit almal met eier op die gevreet. Desondanks hierdie verleentheid stoom die ANC se propagandamajien voort met ‘n krokodilvel. ‘n Teksboekgeval van melk dit vir wat dit werd is. Hietjietjietjie giggel die regsdenkendes want huil kan ons nie huil nie. Die engele ween alreeds vir oor die 25jaar. Die ANC sal tot ‘n bul melk vir vir twee stemme en ‘n bier by Saxonworld se sjebien. Desperaatheid op n vlak wat oom nog in sy dag des lewens nog nie gesien het nie. Die torings van Babel het geval, hier sal hulle sekerlik ook val. Laat die keiser maar begaan, niks soos ‘n kaalgat Vakbond vastrappie(Toi-toi) om die babalaas van ontnugtering voor die waarheid se sonstrale af te skud nie. Dwaalgeeste in ‘n euforie van waan. Quo vadis my ou (A en C )stryd osse Quo vadis inderdaad!

At ·

ANC bly die witman se grootste vyand. Dit sal nooit verander nie. Ongelukkig is daar wittes wat hul sterk in hul kwaad.

Elna ·

Ek stem volkome met jou saam jy praat 100% waarheid hierso. Gelukkig is ek darem nie een van daardie witmense wat ANC stem nie

Sak ·

Kan nie saam stem nie At. Die links liberale wit man is ons grootste vyand.

Andrea ·

O liewe genade, ons bly in n gekkeparadys. Nou het ek alles gehoor.

Emma ·

Nee ek sal nooit vir hulle stem nie maar hoop die ander se oe gaan oop. Dit is nou meer as ooit apartheid net n klomp rassiste

Woefa ·

Wat word vir die gesinne van die twee mans in die tronk. Die broodwinnaars sit in die tronk

Stella Berning ·

Sjoe. Wat van al die ander swart mense wat deur swart mense vermoor word. Al die swart kinders wat vermoor word al die witmense wat vermoor word. Hoekom kry hulle mense nie ook n ou ietsie nie.

Vryhand ·

Vroer op nuus ..die mamma was in haar rooi geklee en ANC haar gevra om ander kleure aan te trek met oorhandiging van huis..sy botweg geweier..haar comment…sy kan dra wat sy wil

Emma ·

Nou weet ons mos wie sit agter die onluste as sy so weier om die eff hemp uit te trek ek hoop regtig die mans kom los en wys hulle n vinger

SjN ·

Toe bars die Anc bubble in hul gesig en die eff smile, indien die 2 mense onskuldig bevind word moet die huis terug gevat word, lmga

Jannie ·

Twee van my kinders is doodgery deur ‘n agtergeblewende wat nie ‘n lisensie gehad het nie. Hof het bevind hy is nie van die slimste nie en het nie geweet hy mag nie sonder lisensie ry nie. Waar is my huis?

Adri ·

die twee beskuldigdes gaan appelleer teen die vonnis. Ek glo dat die huis teruggegee gaan word indien die moordklag verander.

Ronnie Hough ·

Hierdie is duidelik ras ,politiek en stem gedrewe. My kind is vermoor! Hoekom het hulle nie vir my en ander wit boere wat aangeval is nie ook n huis belowe nie.
Nie dat ek dit wil hê nie. Maak net n voorbeeld van hulle rassisme. Ons belasting betaal vir hulle propaganda vir stemme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.