Vermoorde tiener se familie opgespoor; verdagte vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die tienermeisie, wie se naakte liggaam Sondag naby ʼn stadion in Ermelo, Mpumalanga gevind is, se familie is opgespoor en ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met haar moord.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het onverpoos gewerk om die 16-jarige meisie se familie op te spoor. Hulle het Dinsdag met die familie kontak gemaak en ʼn verdagte in hegtenis geneem.

Volgens Sedibe dui die voorlopige ondersoek daarop die meisie het ʼn geleentheid by die stadion bygewoon. “Die verdagte het haar glo uit die stadion geneem, verkrag en vermoor. Hy het hierna haar liggaam in ʼn sloot naby die stadion gelos.”

Sedibe het bevestig die verdagte was op parool nadat hy vroeër aan ʼn moord skuldig bevind is. Die 28-jarige verdagte sal Donderdag in die Ermelo-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en moord.

Maroela Media het vroeër berig die meisie is vermoedelik verwurg en ʼn nadoodse ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

ʼn Swart denim, T-hemp met wit en swart strepe en swart skoolskoene is naby die liggaam gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Koos ·

Verbeel ek my of vang die polisie die skuldiges vinnig die laaste tyd nou hoop ek net die howe mors dit nie weer op nie.

VRA MAAR NET ·

28 jaar oud en uit op parool na hy skuldig bevind is aan moord.. Hoe lank was hy dan tronk toe? Lyk my vir moord gaan jy deesdae net “tweede pouse” tronk toe en kom dan uit..

Joann ·

Ag wat hy was op parool uit vir moord doen dit weer gaan weer op parool uit doen dit weer en gaan weer op parool uit en…………. Mens kan vandag met die regstelsel nie wen nie,omdat almal deesdae grade ??????

H.A. ·

Die tronke is baie lekker. Almal pleeg net misdaad om in die tronk te kan kom. Dis ñ dak oor jou kop, ñ bed en ñ 5gang maaltyd !

Karma ·

@H.A. – lekker lag ek nou vir jou “5-gang maaltyd”: 5 gang? Brood …. Brood …. Brood …. Brood en nog …. Brood?

Tina du Toit ·

Ek kan net my kop skud. Uit op parool en hy gaan neem wragtig weer `n lewe. wat gaan aan met ons regstelsel. Hou hulle in die trunk tot hulle vergaan. As jy weet `n persoon het al van tevore iemand se lewe geneem, hoekom hom los op parool????? Dit maak my so blerrie siek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.