Vermoorde TUT-student was eerstejaar

TUT se Soshanguve-kampus. Foto: Masi Losi, IOL

TUT se Soshanguve-kampus. Foto: Masi Losi, IOL

Die student wat Saterdagaand met ʼn mes doodgesteek is by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Soshanguve-kampus, noord van Pretoria, was in sy eerste jaar.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het die student geïdentifiseer as SB Masuku. Volgens De Ruyter het hy taalpraktyk studeer.

Die polisie het vroeër gesê twee mansstudente het in ʼn geveg betrokke geraak en mekaar met messe gesteek. Masuku is dood en nog ʼn student is kritiek beseer. Volgens De Ruyter is die ander student steeds in ʼn kritieke toestand in die George Makhuri-hospitaal.

Drie studente is na die voorval in hegtenis geneem. Hulle is aangekla van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Soshanguve-landdroshof verskyn.

De Ruyter het gesê studenteleiers het intussen hul kommer uitgespreek oor die veiligheid op kampus. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wat tot die voorval gelei het. Traumaberading sal aan die studente wat deur die moord geraak is, verskaf word.

Klik hier vir vorige berigte oor TUT.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.