Vermoorde vrou se kleinseun agter tralies

Susanna Kilmister (Foto: Verskaf)

Die kleinseun van Susanna Kilmister, die vrou van Mpumalanga wie se bebloede liggaam Maandagoggend op ʼn kleinhoewe in die omgewing van Mbombela aangetref is, staan nou tereg op haar moord.

Die 25-jarige Jay Peters het Woensdag in die landdroshof in Mbomela verskyn op aanklag van moord, opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Peters en Kilmister (68) het Maandag na bewering ’n hewige argument gehad. Dit is glo na aanleiding van dié argument dat Kilmister aangerand en dood is.

Peters, wat saam met sy ouma op die kleinhoewe gewoon het, is dieselfde dag nog op die toneel in hegtenis geneem.

Susanna Kilmister en haar kleinseun Jay Peters. (Foto: Facebook)

Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice het vroeër aan Maroela Media gesê hy is Maandag in die vroeë oggendure na Kilmister se huis in Cromdale ontbied.

“Ek is na die toneel om te kyk of daar ʼn aanval of inbraak was. Toe ek by die voordeur inkom kon ek by haar [Kilmister se] slaapkamer in sien. Ek kon van die manier waarop sy gelê het sien iets is nie pluis en het die nooddienste en polisie ontbied.”

Die saak teen Peters is vanoggend tot volgende Donderdag uitgestel. Hy sal na verwagting dan aansoek om borgtog doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter J ·

As ń mens iemand anders vermoor weens ń argument wat ontstaan het moet jy sowaar ń baie kort lont hê.

Lillian ·

En so pragtige kind gooi toe sy lewe weg omdat hy kwaad is vir sy ouma? Ek is seker sy was baie lief vir hom.

Ruby ·

Ouma het natuurlik reëls neer gelê.

Siestog, wat word nou van die hondjie/s, hulle verstaan niks :-(

Swerwer ·

Dat so ‘n pragtige vrou haar lewe moes boet. Mag die regte straf opgelê word aan haar kleinseun .

Yvonne ·

Ai dit is tragies…..hoe sal mens weet wat alles hiertoe aanleiding gegee het……vermorsing van kosbare lewens

Frank John ·

Nee man, geen borgtog, moenie nog geld mors nie, hy is skuldig. Hou hom in tronk, handel hofsaak af, vonnis hom en laat hy daar bly tot vonnis oor is, hy verdien nie om vry rond te loop nie. Watse respek is hom geleer om nie sy ouers te respekteer nie. Maar ons spaar mos die roede. Buig nie die boom terwyl hy jonk is nie, laat hom groei waar hy wil sonder rig lyne. ‘n Roosboom groei en dra beste waneer hy gereeld gesnoei word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.