Vermoorde vrou se vervreemde man, kêrel saam in hof

Arnold Terblanche (Foto: Facebook)

Vicki Terblanche (42) se vervreemde man en haar kêrel ten tyde van haar dood het Vrydag saam in die Gqeberha-landdroshof verskyn in verband met haar moord.

Arnold Terblanche (53), Vicki se vervreemde man, en Reinhardt Leach (33), haar kêrel ten tyde van haar dood, word saam met Dylan Cullis (24), ’n vriend van Leach, van haar moord aangekla.

Terblanche is omstreeks 20:15 Woensdagaand by sy huis in Mill Park, Gqeberha (Port Elizabeth), in hegtenis geneem waarna hy Vrydag saam met Leach in die hof verskyn het.

Leach en Cullis is in hegtenis geneem kort nadat Vicki se liggaam op 23 Oktober in ʼn vlak graf in ʼn oop veld in Greenbushes gevind is.

Reinhardt Leach en Vicki Terblanche (Foto: Facebook/Reinhardt Leach)

Leach was ten tyde van die moord in ʼn verhouding met Vicki en het saam met haar gewoon.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het gesê Terblanche, Leach en Cullis het vermoedelik saamgesweer om Vicki te vermoor.

“Dit word beweer dat Vicki op 18 Oktober met ’n skedule 6-medikasie bedwelm is voordat sy met ’n kussing versmoor is. Sy is ook van verskeie items, waaronder bankkaarte, juweliersware en ’n selfoon, beroof.

“Daar is toe glo dwelms en ander verdowingsmiddels by haar huis in Newton Park geplant waar al hierdie beweerde misdade plaasgevind het. Dit word beweer dat die dwelms geplant is om ’n indruk te skep dat Vicki ’n oordosis dwelms geneem het.”

Vicki Terblanche (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Leach het kort ná die moord self sy vriendin as vermis by die polisiestasie aangemeld.

Volgens Ngcakani het Leach ook op sosiale media plasings oor Vicki se verdwyning gemaak in ’n poging om die moord te verbloem.

Terblanche en Leach sal op 26 November weer in die hof verskyn wanneer hul borgtogaansoeke na verwagting sal begin. Cullis het aangedui dat hy nie in die stadium om borgtog gaan aansoek doen nie.

Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord, sameswering om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en regsverydeling.

Vicki het ʼn 12-jarige seun uit ʼn vorige huwelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Keith ·

Some people are simply evil. No other way to say it. We all need to draw close to the one True God to protect ourselves and our families against the evil which Satan and his people are bulldozing across this messed up country of ours.

Tanya ·

Dis baie erg, sy kon nie eens haarself beskerm nie. Die mans wat voorgegee het om lief te wees vir haar, dis siek siek siek! So ‘n pragtige mensie, RIV Vicki!

Pablo ·

Genade dis net moord en doodslag vir geld. Hie het ons hier gekom gegewe hoe min blankes in die land oor is.

louw ·

En geen respek vir die huwelik ,en geen sedelikheid meer ,en geen vrees vir God meer ,en geen ontsag vir Sy instellings nie.

Lesly ·

Daar is darem maar lae gespuis op hierdie aarde van ons. Die feit dat gepaste straf nie meer geld nie, is grotendeels die rede dat hulle tussen ons rondloop

Yvonne ·

Slim vang sy baas…hoe aaklig is die lewe nie….boosheid kelder die moordenaars wat dink hulle kan met sulke moorde wegkom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.