Vermoorde Wellington-sakeman vandag gegroet

Johan Fourie. Foto: Facebook.

‘n Gedenkdiens word Woensdag gehou vir Johan Fourie, die eienaar van die Dick and Allsop Mica op Wellington, nadat hy Donderdag koelbloedig vermoor is.

Fourie is ten aanskoue van sy seuntjie in die kop geskiet nadat hy geld by die Standard Bank gedeponeer het. Twee mans het hom glo genader toe hy in die bakkie wou klim en hom geskiet en beroof.

Fourie het in die Mediclinic Paarl aan sy wonde beswyk. Intussen het sy vrou, Carike, op Facebook hulde aan hom gebring. “My beste vriend en lewensmaat. Ek kan dit nie aanvaar nie. Waar is jy vanoggend? Ek is stukkend gebreek. Ons vriende en familie staan my by….weet net ek lewe nou vir Jaytê…ek is lief vir jou my man.”

Cara Fourie, Johan se suster, het op Facebook gesê haar broer was so dapper. “Jy het vreesloos liefgehad.”

Lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.  ʼn Saak van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede word ondersoek.

“Daar is geen nuwe verwikkelinge in die saak nie. Dit word nog ondersoek,” het Traut gesê.

‘n Gedenkdiens word om 11:00 vanuit die NG Moederkerk in Wellington vir Fourie gehou.

Dawie Theron, een van Fourie se goeie vriende, sal die diens lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jeannette ·

Bitter baie hartseer – sterkte aan Carike, julle ou seuntjie, die gesin, familie en vriende. Mag die Here jou en die hele gesin STYF vashou en vertroos in hierdie moeilike tyd. Dit was so onnodig! Hoekom nie net roof en laat gaan nie? Hoekom ‘n man skiet, wat d.m.v. sy besigheid vir sy gesin sorg en iets vir sy gemeenskap beteken?

Kom ons leer uit hierdie (en baie ander soortgelyke) geval. MOET NOOIT OOIT MET HOPE GELD IN JOU BESIT RONDLOOP NIE. Maak gebruik van aanlyn-bankdienste, as en waar jy kan. As jy geen alternatief het om self enige kontant te gaan deponeer nie, neem iemand wat verkieslik gewapen is, saam of maar gebruik van transito-dienste. Wees wakker, wees voorbereid op die moontlikheid dat jy dálk, net DALK beroof kan word. En as dit daarop neerkom: geen geld of besitting is jou lewe werd nie. Gee dit.

johnny_walker ·

gee dit ? en as jy dit nie het nie ? self al het jy dit en jy gee dit skiet hulle jou in elk geval , so ek sê dra n vuurwapen en verdedig jouself , buitendien as jy n kultuur kweek van “misdaad betaal” dan gaan almal binnekort roof en steel , dit is juis die bietjie van ons wat n stel het , wat seker maak dat die massas daarbuite tweekeer dink voor hulle roof

snoefie ·

Jeanette die man us vermoor en veroof NADAT hy geld gaan deponeer het. hy kon buitendien nie geld uit sy besighede met internet INBETAAL nie. dit moet nog fisies gedoen word. alle sterkte aan sy gesin, familie en geliefdes.

Zeus ·

Ek stem saam met jou Johnny. Alle wet gehoorsame burgers ouer as 21 moet 24/7 n wapen by hulle dra. Die realiteit is dat dit die enigste manier is om veilig te wees in ons land. Besef dit en neem aksie.

snoefie ·

Jeanette die man is vermoor en beroof NADAT hy geld gaan deponeer het. hy kon buitendien nie geld uit sy besighede met internet INBETAAL nie. dit moet nog fisies gedoen word. alle sterkte aan sy gesin, familie en geliefdes.

Jeannette ·

Nee, Snoefie, Johnny Walker en Pieter B – ek het NIE verkeerd gelees nie. Ja, die arme man is geskiet NADAT HY GELD GAAN DEPONEER HET. Maar sou hy geteiken gewees het as hy NIE ‘n banksak met klaarblyklik harde kontant daarin by hom gehad het nie? En jy kan jouself soveel bewapen as wat jy wil; dit gebeur so vinnig dat jy amper nie eens kans sal hê om jou vuurwapen uit te pluk nie en dalk neem die diewe nog die wapen by jou af en skiet jou met jou eie vuurwapen dood.

Aanlyn bank is die veiligste opsie. Ek weet nie hoekom jy sê, Snoefie, dat die man nie geld uit sy besighede aanlyn kan betaal nie. In my werk kan ek dan ons maatskappy se krediteure aanlyn betaal en fondse van die een rekening na die ander skuif. Behalwe nou as hy ‘n kontantbesigheid bedryf, natuurlik.

Wat ek met my kommentaar bedoel het om te sê is dat ons bedag moet wees op die moontlikheid dat jy beroof kan word. En dat geen bedrag geld of enige besitting jou lewe werd is nie. Veronderstel nou, Johnny Walker, jy sit jou teë omdat jou goed wil beskerm – en jy word doodgeskiet: dink jy die rower gaan dan nie in élk geval weghol met jou eiendom nie? Wat is jou eiendom dan werd, as jy nie meer leef nie?

CS ·

Baie sterkte aan die gesin – So is nog ‘n vrou beroof van haar man, ‘n kind beroof van sy pa en ouers beroof van ‘n seun

Teresa ·

Wat klaarblyklik nie verstaan word nie: As jy ‘n sake persoon dood, is daar mense wat daar gewerk het wat in die werks mark was, wat nou werkloos vir “grants” moet wag. As jy ‘n besigheid afbrand/plunder/beroof, het die eienaar nie noodwendig die fondse om weer die besigheid aan die gang te sit nie, en dus sluit die eienaar en al sy/haar werknemers by die werkloosheids lyn aan vir “grants”…. So word die werkloosheids syfer verhoog en die ekonomie meer en meer onder druk geplaas… Kan die Regering dit nie insien en ‘n veldtog loods om hierdie te bekamp nie???? Sterkte aan die geliefdes wat agterbly, ons gebede saam met julle en alle slagoffers van misdaad….

Dellaq ·

Dis verskriklik om hierdie tipe berigte te lees van ons mede landgenote wat afgemaai word; hierdie arme vrou, sy seuntjie, sy ouers & ander familie moet nou aangaan sonder hom. Wat ‘n aaklige gedagte. Wie van ons is volgende? My innige megevoel en medelye in hierdie traumatiese tyd. Sterkte vir jul pad vorentoe.

Tanya ·

Is dit net ek of is dit die eerste keer wat ek van die storie lees? Waarom het ons nie vroeer al gehoor dat nog een van ons mense weerloos vermoor is nie?

Jeannette ·

Is net jy, Tanya – dié storie was op talle webblaaie, in die Wes-Kaapse koerante ens.

Speedguard ·

@Tanya, lees gereeld Maroela en sou jy die berig gesien het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.