Vermiste Windhoek-vrou se motor gevind

Elna-Marie Abbott (Foto: Facebook via Elizma Theron)

ʼn Span speurders het Elna-Marie Abbott, niggie van die sangeres Elizma Theron, en wie se onthoofde liggaam Vrydagoggend op ʼn treinspoor in Windhoek aangetref is, se motor gevind.

Niël Terblanché van die Namibiese koerant Informanté berig die silwerkleurige Volkswagen Golf is in die gebied van Ausspannplatz in ʼn parkeerterrein van Merensky Tower in Windhoek se middestad gevind.

Abbott se onthoofde liggaam is op ʼn treinspoor, ongeveer 2 km van waar haar motor opgespoor is, gevind. ʼn Kondukteur van die TransNamib het Abbott se lyk vanoggend op die spoor naby die Game-winkelsentrum in Windhoek gesien en die polisie ontbied.

Luidens berigte is Abbott se liggaam op die treinspoor geplaas in ʼn poging om die voorval na ʼn selfmoord te laat lyk. Daar word bespiegel dat Abbott moontlik vermoor is omdat die wonde aan haar lyk glo nie ooreenstem met die wonde wat treinwiele sou veroorsaak nie.

Abbott is eergister as vermis aangemeld. Vriende en familie van die 29-jarige vrou het hulle na sosiale media gewend en daar gepleit vir hulp om Abbott op te spoor.

Theron het op haar amptelike Facebook-blad gesê die familie se harte is stukkend. Sy het ook bevestig die motor is gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kolle ·

Hoe afgryslik moet dit nie vir haar mense wees nie. Nie net vermoor nie maar ook onthoof. Siek duiwels.

Abe ·

Ja, Kolle,
Hoe op aarde kry mens dit reg om dit te doen? Nie net siek nie. Jy moet iets vreeslik makeer.

Helena. ·

Waarom word so n jong vrou so vermoor en geskend..het jaloesie iets daarmee te doen? Ek hoop die skurk word gevang en swaar gestraf.. My innige meegevoel met familie en vriende..

Johan ·

Sou haar liggaam deur ‘n trein onthoof gewees het of was haar lyk reeds onthoof toe dit by die treinspoor geplaas was? Dit bly grusaam!

? leser ·

my innige simpatie aan elizma en familie

vraag: waarom begin die gemors wat ons hier het ook in namibie, dit was tot onlangs aangedui as een van die mees veiligste gebiede in die wereld
hoop van harte dat hulle strafstelsel baie beter daar is as hier in sa

Pop ·

Die kanker versprei, lyk my dis aansteeklik, die wreedheid. Elkeen probeer die ander troef met grusamer moorde. Ek kan glad nie eers myself voorstel hoe die familie moet voel oor haar skending nie. Dis genoeg om jou mal te maak.

Michael ·

Ek lees hier hoop hy kry die swaarste straf ongelukkig word die moordenaars beskerm deur mense regte Nou die wetsgehoorsame lands burger het geen regte nie. Die mense word links en regs uitgeroei en die regeerings kan dit nie raak sien nie of hulle wil nie.

Lusu ·

Wst n pragtige kind, God se troos vir die familie, net so onbeskryflik. RIV

Piet Nel ·

Begin soek by die mense naby aan haar die trein moes iets wegsteek, hartseer saak

Koos de Meyer. ·

Dis hoekom gemeenskappe reg in eie hande neem. Ons lewe in ‘n siek wêreld en dit word by die dag erger. Hartseer om ‘n mooi jong lewe so uit die lewe te neem. Hoop die skuim word gevang. Sterkte aan die familie.

Anoniem ·

Innige simpatie – so onnodig, sterkte vir die familie ???

Werner ·

Ek sien volgens die nuutste nuus dat haar kar gevind is met twee briewe wat duidelik te sien is. En sy het blykbaar aan depressie gelei. So kon dit wees dat sy dalk selfmoord gepleeg het?

Wessie ·

Hoe pleeg mens selfmoord én onthoof jouself Werner? Dan is die 2 organe nie eers bymekaar gevind nie.
Kan jy aan ‘n gevallestudie dink?

Megan ·

Definitief nie selfmoord nie. Geen mens sou twee selfmoordbriewe in Afrikaans en Engels geskryf het nie, nog minder tasse en medikasie ook gepak het.

Ek sou mense naaste aan haar eerste ondervra het, want hier is een helse slang in die gras.

Ek vertrou laat Nampol soos altyd hul werk deeglik sal doen.

Maar watookal gebeur het, dit bly hartseer en bring net opnuut woede in my na vore.

Rus sag Engelmens

ENSIE ·

ek hoop hul vang die skuldiges
ek weet nie wats die rede maar in Amerika spoor hul die skurke en moordenaars op
en doen moeite met sake asof dit hul eie familie lid is
Ongelukkig kom die pizza wat afgelewer word gouer as wat die polisie op n roeping kom hier in ons land
Innige meegevoel vir haar familie en vriende ”May Angels lead her home”

Hannelie ·

Hier is SIEK siek mense in hierdie korrupte wêreld. Sy is so pragtig. Baie sterkte aan haar familie dis ‘n wrede dood……mens wil nie eens dink waardeur het sy gegaan nie.

Fanie ·

Waneer gaan genoeg genoeg wees almal se genoeg is genoeg maar dit bly maar net daar want die regering is nie bevoeg om misdaad te bekamp nie of eerder dit pas hulle soos n handskoen dwars oor Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.