Vermy see by Clifton

Clifton, Kaapstad (Foto: Bevan Langley)

Lede van die publiek is Woensdagoggend gewaarsku om weg te bly van Clifton se Eerste Strand weens riool wat in die see in loop.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê die riool loop in die omgewing van Victoriaweg in die see in.

Volgens Smith is dit weens ʼn verstopte drein by ʼn nabygeleë eiendom. “Die stad se spanne hoop om die verstopping sou gou moontlik te herstel sodra hulle toegang tot die eiendom kan verkry.”

Smith meen enige vorm van ontspanningsaktiwiteite soos swem, duik, waterski en branderplankry kan die risiko van gastro-intestinale probleme asook vel-, oor, oog- en asemhalingsprobleme verhoog.

“Enigiemand wat dus nou die see in dié omgewing gebruik, doen dit op hul eie risiko.” Die publiek is egter gemaan om vir tyd en wyl nie in die water te gaan nie.

Smith het bygevoeg die stad sal waarskuwingstekens oprig om die publiek te waarsku en hulle ook in kennis stel sodra die strand weer veilig is vir gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

christa ·

ons land het al so verval met die treurige rasistiese regering. Nerens is jy meer in veilge area nie. Jou lewe word van alle kante bedreig

Vraagteken ·

Wat!? Dink bietjie wat jy sê. Wat het die regering met hierdie uit te waai? Hoe kan jy die regering beskuldig omdat ‘n drein verstop is?

Pieter ·

Die regering doen nerens hul werk nie. Alles verval om ons en die ironie is net so treffend – Clifton strand, seker die bekendste strand in die land gesluit omdat die see vol bollie is.

Vraagteken ·

Pieter, nou veralgemeen jy. My vraag by staan: Wat het die regering te doen met ‘n drein wat verstop is???

As jy vir my sê dat die regering die situasie swak hanteer, dan sal ek saam met jou stem. Maar hierdie is ‘n voorval wat gebeur het. Gee die regering kaans om die geval aan te spreek – dan kan jy kritiseer!

Pieter ·

Vraagteken,
Die regering het net mooi niks gedoen om die blokkasie te keer of reg te maak nie. Die bollie in die see is die bewys. Glo my iemand in Clifton sou gekla het het want hulle sal sekerlik hul stesels in ‘n goeie werkende toestand wil hou. Kom ek vertel jou, die mense wat die klagtes moet hanteer was heel waarskynlik nie in die kantoor nie of het net nie die foon beantwoord nie. Selfs al het hulle die klagte ontvang het hulle dit net verder geignoreer, gedink die probleem sal weggaan maar toe ruik iemand dit in die see en die pragtige Clifton het bollie in die seewater waarop hulle met reg nie trots kan wees nie want glo my hul eiendomsbelasting word goed gelaai sodat die lui ouens in die regering nog minder hoef te werk.

rina ·

Hoekom die mense waarsku, hoekom nie die probleem aanspreek nie, maak die saak reg en laat die mense skoon seewater geniet vir hulle sport. is daar dan die rioolaanlegte nie

Vraagteken ·

Lees weer, hulle se dat “…die stad se spanne hoop om die verstopping so gou as moontlik te herstel sodra hulle toegang tot die eiendom kan verkry”. Hulle werk daaraan!

JSG ·

Die seewater is in elk geval nie so skoon as wat jy dink. Swem lankal nie meer by strande.

Theresa B ·

So verval ons land, ons hulpbronne en vele meer. En wie moet ons bedank?

Pieter ·

Baie dankie Mandela vir die beste regering wat jy agter gelos het

Casper Labuschagne ·

Darem lekker by die see, nê? Maar in ons armlastige Vrystaatse dorpie is ons die rykmansdorp Clifton vêr voor. Hierso loop die rou riool sommer in die dorp se strate af en beland ‘n paar honderd meter verder in die Valsrivier waar dit weer deur die Moqhaka Munisipaliteit uitgepomp word en na minimale behandeling gebruik word as die dorp se kraanwater. So as julle ooit in Kroonstad kom, probeer liefs nie ‘n glasie van die plaaslike Moqhaka nie want die klem is sterk op hiedie tweede deel van Mo-qhaka. Ten minste kla hulle in Clifton want hier plaaslik gee niemand ‘n bloue duit om nie, tot die heel armstes koop daagliks hul gefiltreerde water by winkels wat water verkoop.

susan ·

In Kroonstad word al die partye se raadslede net meer welgesteld. Duur motors duur huise duur vakansies.

Robert ·

Alles wat in Suid-Afrika aangaan is die resultate van Mandela se nalatenskap. Let op pers en verkondig dit wyd en suid . So nie verbeur julle jul verantwoordelikheid…..

vader tyd ·

Koos, stem saam, het begin by Mandela, skaam om te herken, lees van al die gemors in ons land, soos iemand met geen hart, net nog ‘n moord, net nog meer bedrog, stel voor dat ons as blankes sommer self al klaar ons eie begrafnis-briefie skryf, kanse baie goed dat jy nie sommer na die hier-namaals gaan van ouderdom nie, dit gaan hel wees voordat jy jou laaste asem uitblaas!!!!

volla ·

Rioolpype het in die Apartheidsera ook verstop geraak dit gebeur oral ook oorsee. Julle is so negatief ek hoop regtig julle kan so gou as moontlik uit SA padgee. Ek sal selfs help met ‘n fonds om julle net hier weg te kry. Die probleem is egter watter oorsese land sulke negatiewe mense wil huisves?

Pieter ·

Volla,
Wees asb so gaaf en gee vir ons verwysings van wanneer Clifton se strand voorheen gesluit is omdat se see vol bollie is. Ons sal jou verskoon as dit jou ‘n aansienlike tyd sal neem om een sodanige verwysing te kan kry uit die geskiedenis.

volla ·

Waar staan dit dat die strand gesluit is? Mense word net gewaarsku om liewer nie in die water te gaan nie, jy doen dit op eie risiko.

RM ·

Afrika standaarde is van so aard dat dit almal siek maak, maar ons mag nie kla daaroor nie want dan is jy rassisties :) As almal arm is en niks werk vir niemand nie, dan kan ons saam staan as burgers van ‘n grond hopie.

Hannatjie ·

Dankie Volla, ek voel al lankal so oor hierdie negatiewe mense!!

Get Real ·

Volla en Hannetjie, soos hulle in Engels se – face facts, it’s the truth! Daar’s net mooi niks om oor positief the wees nie!

Sure... ·

Ag asseblief Volla en Hannatjie. Julle tweetjies bly seker in ”n dorp waar al die paaie heel is, daar altyd water en krag sonder enige onderbreking is, alles onderhou word en werk en sekerlik geen riool wat ooit êrens loop behalwe die toilet nie ?

volla ·

Ek het al in Kanada, Engeland en Australie gewoon. Nerens is alles 100% reg nie.

Nel ·

Hoe lank moet ‘n (nabygeleë) riool verstop wees/bly voordat dit in die see uitloop? Ek kan maar net raai.

IK ·

In alle waarskynlikheid loop die rioolpyp van verskeie eiendomme ook deur hierdie eiendom waar die punt van verstopping is. Daarom moet daar toegang verkry word om die verstopping te verwyder. Dis soos ek dit het.

Riool asem ·

IK jy is waarskynlik reg. Ons sit met so probleem in Polokwane. Op die hoek van die straat stoot al die riool al vir maande by die verstopte hoof dreinstelsel op en vloei die strate af. As dit gebeur is ons huis lyk my die eindpunt. Alles stink verskriklik soos die goed weer terug stoot in ons huis se dreine in, binne die huis, buite, die omgewing. Dis walglik om die minste te sê. Ons rapporteer dit al die laaste twee maande. Niemand kom maak dit reg nie. Blykbaar is dit heel normaal om elke dag deur ander mense se verwerkte etes te ry…

@Volla ·

Ai lekker laat jy Volla en hannetjie my nou lag.. gaan vang n swem daar asb…baie speelgoed wat dryf waarmee jul kan speel in die see..
Ek het lankal getrek en sit in n eerste rangse wereld waar ek kan sien waar my belasting geld benuttig word en dit deur mense wat die werk reg kan doen en ok nie die ander helfde van jou hard verdiende geld in hul gatsakke druk nie! Ek kan jou vertel jy Volla en jy Hannetjie is tevrede met n spul bollie! Maar dit is reg vat dit maar vir julself jul verdien dit…En om te dink ou Clifton was eens een van Suid Afrikas se spoggerigste buurte ooit en nou net duskant 24 jaar vloei die strooi deur die strate…eish…Nee niks verkeerd nie, veral nie vir die wat nie beter gewoond is en net nie wil sien nie…hou hom maar hoor..

volla ·

Clifton is baie meer posh as waar jy nou bly. Een van die mees gesogste plekke ter wêreld. Geen wonder dit haal hoofnuus as ‘n rioolpyp daar verstop raak nie. O ja terloops: ek het al in Kanada , Aus en Engeland gewoon en werk. Kon nie wag om terug Kaapstad toe te kom nie, beste stad ter wereld.

Gesindheid ·

Maak nie saak waar jy in die wêreld gaan bly nie met daardie gesindheid sal jy nêrens floreer nie. Dus die rede dat jy terug is in SA. Gee my een kans om hier weg te kom dan is ek weg. Al vreet ek brood vir n jaar lank daar om te oorleef doen ek dit in n oogwink. Ons is negatief omdat ons pensioen waarvoor ons nou so hard spaar nie n sent gaan beteken die dag as ek (hopenlik op 60) aftree nie agv die land se wanbestuur, oneerlikheid en selfsug. Ek kan nie vir my kind n toekoms hier waarborg nie. Ja almal wat so kerm gaan keelvol raak en een een die land verlaat. Ons bid saam julle vir beskerming, maar vir n beter land kan ons nie eens voor wens nie.
Dinge gaan nie gou verander nie,en sou dit dalk oor 20 jaar is dit te laat. Ek het nie 20 jaar om te wag om te begin lewe nie. Ek KIES n beter lewe. Elkeen se eie keuse!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.