Vermy vandag dié Pretoria-strate tydens NDA-optog

‘n Optog teen pres. Jacob Zuma in Pretoria (7 April 2017). Foto: Maroela Media

Die Tshwane metropolisie het ʼn uitgebreide lys van strate aangedui wat geraak word deur die Nasionale Dag van Aksie-betoging wat Woensdag beplan word.

Die goedgekeurde optog is geskeduleer vir 09:00 – 16:00. Betogers sal mekaar by Kerkplein ontmoet en dan na die Uniegebou opruk.

Lede van die opposisiepartye DA, Cope, IVP, EFF, ACDP, APC en UDM sal na verwagting aan die optog deelneem.

Die betogers sal na verwagting van verskillende provinsies af kom met busse, treine en persoonlike vervoer.

– Diegene wat van Mpumalanga af kom, sal van die N4-snelweg tot in Pretoriusstraat gebruik maak op pad na Kerkplein
– Johannesburg en Olievenhoutbosch sal die N1 en Kgosi Mampuru (Potgieterstraat) gebruik, regs draai in WF Nkomo (Kerkstraat) tot by Kerkplein
– Wes van Pretoria gebruik WF Nkomo (Kerkstraat) tot by Kerkplein
– Oos van Pretoria gebruik die N4 tot in Pretoriusstraat op pad na Kerkplein
– Diegene wat van treine gebruik maak word by Bosmanstasie afgelaai en sal met Bosmanstraat en Paul Krugerstraat na Kerkplein beweeg
– Nog ʼn treinstasie wat gebruik gemaak word, is Belle Ombre en diegene sal in Paul Krugerstraat beweeg tot by Kerkplein

Nog strate wat geraak word:
Madiba (Vermeulenstraat)
Lillian Ngoyi (Van der Waltstraat)
Sisulu (Prinsloostraat)
Du Toit
Nelson Mandelarylaan
Edmond
Hamilton
Thabo Sehume (Andriesstraat)

Madiba (Vermeulenstraat), Edmond en Hamiltonstraat sal in geheel versper word vir busse om te parkeer. Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die optog en die betrokke strate te monitor.

Motoriste word aangeraai om die betrokke strate te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rynhardt ·

Die DA en mede partye kry nog steeds nie die boodskap nie.Anc se woordvoerder het dit klaar gister duidelik gemaak dat hul agter Zuma staan.Optogte beteken niks!

Helen ·

Maar as die MP’s raaksien dat daar soveel mense is wat ontevrede is, mag dit dalk hulle besluit om hom te hou verander.

Ons kan nie niks doen en dink dinge gaan verander nie.

Rynhardt ·

Helen, blankes bly in permanente ontkenning leef! Al die mag is met 1994-verkiesing weggegee! Al die huidige optogte word gekaap en blankes word gedeskrediteer van A-Z!

Loeis ·

Goeie punt, Rynhardt. Dit laat mens dink aan die Black Sash tannie wie se foto’s nou versprei word waar sy jare gelede met ‘n plakkaat gestaan het wat vra wanneer PW Botha gaan luister (in Engels, natuurlik). Vandag staan sy daar met ‘n plakkaat wat vra wanneer Zuma gaan luister. Dit is ironies want die Black Sash het meegehelp om die ANC aan bewind te bring. Vandag is hulle gevolg (soos Helen Zille) in die DA, en betoog teen hulle skepping.

En vra dan vir ons steun. Mense leer maar nie.

Jannas ·

JANEE wat nadat ek Zuma se reaksie gesien het asook die leier van die Black Land First teenoor blankes wat aan die optogte deelgeneem het, dink ek ons WITTES word weer net gebruik. Ons word steeds as rassiste uitgeskel en die rewolusioneres en EFF en BLF se ondersteuners dink glad nie Zuma is die probleem nie, volgens hulle is die WITTES vir die gemors in die land verantwoordelik en moet die WITTES se goed afgevat word, so hulle is heeltemal PRO ZUMA, en ANTI-WITTES. Ons probeer ekonomiese stabiliteit in die land kry, hulle probeer die stabiliteit versteur dat daar chaos is en almal kan maak wat hulle wil soos in Zimbabwe, ons wittetjies se ogies is nog styf toe .. Ons gaan nog so march dan word ons in die rug gesteek en papgeslaan. Maar ja daar sal altyd die hoopvolles wees wat die ander wittes wat nie wil UNITE nie, sal vra om te emigreer .. sodat hulle kan oorbly soos in Zim en later sonder water en ligte in klein gehuggies en krotjies sit en van maatskaplike hulp leef.

Praat saam ·

Eerder as om die strate te vermy, moet lesers juis uitgenooi word om soontoe te gaan. Stap saam met landgenote wat julle altyd net kritiseer en julle sal dalk ‘n ander perspektief kry. Vrydag se saamstap was ‘n besonderse geleentheid waar mense oor alle grense verenig het in hulle wense vir Suid-Afrika. Natuurlik gebruik Zuma elke moontlike manier om dit te diskrediteer – hy kan nie anders nie. Om dit eerlik te beskou sal sy einde beteken, en ook beteken hy spandeer jare in die tronk. Ons moet dit vir die ANC onmoontlik maak om hom te laat voortgaan.

Helizna ·

Gene Sharp se metode. Soek dit op. Hoe om revolusies te begin… vreedsame protes is net die eerste stap, maar ook die belangrikste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.