Vermy vandag dié Pta-strate

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Die Tshwane-metropolisie het inwoners en besoekers gewaarsku om Dinsdag sommige strate weens ʼn beplande optog te vermy.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Maandag gesê die DA het kennis gegee oor ʼn betoging in die middestad.

Ondersteuners van die DA, met die party se leier, Mmusi Maimane, aan die voortou, gaan die strate invaar om teen die onlangse verhoging van belasting te betoog.

“Betogers gaan om 08:00 by die ou Putco-busdepot bymekaar kom vanwaar hulle sal loop tot by die gebou van die Nasionale Tesourie,” het Mahamba gesê.

Volgens Mahamba gaan die betogers van die busdepot in Strubenstraat in beweeg, regs draai in Sophie de Bruinstraat en dan weer links in Madibastraat. In Madibastraat gaan hulle deur Kerkplein beweeg, regs draai in Paul Krugerweg en dan reguit aanbeweeg tot by die departement se kantoor.

Cowiestraat, Kgosi Mapurustraat en Bosmanstraat gaan ook geraak word.

“Die betogers gaan na verwagting om 12:30 ʼn memorandum aan die Nasionale Tesourie oorhandig en behoort teen 13:00 uitmekaar te gaan.”

Mahamba het gesê metropolisiebeamptes sal ontbied word om die betoging te monitor.

Motoriste word aangeraai om die bogenoemde strate te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Callie ·

Nou wat nou. Wil Da vra dat ons gewone werkers nog meer persoonlike belastkng betaal

Lola ·

JA Callie, DA is sosialisties. Vat van die wat het om vir die te gee wat nie het nie sodat ons almal een van die dae niks het nie behalwe die “regering”.

Piet ·

Nou is ek oortuig die die DA is die kluts kwyt!!
Malema verklaar oorlog teen wittes en die bankwese maar die DA betoog oor belasting!

wielie ·

Nou maar lekker stap hoor — dit word warm vandag.
Terwyl die res van ons wat wel werk het op ons tanne moet byt inni verkeers opeenhopings wat julle veroorsaak. ….. Wat bereik julle anyway met die betogings? Gaan werk liewer ….. verdien jou salaris en hou op rondspring ini hitte! Verkeersopeenhopings veroorsaak , raas en papiere rond gooi!

Hendrik ·

DA , ANC en EFF is in kompetisie om elke dag iets omstrede te se/doen om in die nuus te bly. Dit gaan maar so met populiste.

Lees ·

As ek reg verstaan is dit TEEN die verhoging van persoonlike belasting ?

Jordaan ·

Teen die verhoging van BTW – hulle sal liewer wil sien dat die paar mense (+/- 4 miljoen) wat reeds al die inkomstebelasting betaal nog meer moet opdok.

Jacques Venter ·

As DA ondersteuner moet ek erken dat die DA met Zuma uit nou n populistiese ding doen.

Wat is die VF+ se standpunt rakende die verhoging met 1 persent?

Padbyster ·

Ek MOES nou net eers op die padkaart kyk want die roete maak nie vir my heeltemal sin nie. Dit blyk dat die DA die pad letterlik en figuurlik byster is.

Pop ·

Ek kry soms skaam om n afrikaner te wees. Word wakker mense. Die DA is teen die verhoging van belasting. So waaroor spring julle lot nou so op julle perdjies. Die VF gaan ons in ellende indompel met hulle beplande gekla by die vn. As sanksies ingestel word , wie dink julle gaan swaarkry?? Net ons , dis wie

Casper Labuschagne ·

@Pop, daar is ‘n verskil tussen oorsaak, simptoom en gevolg. Oorsaak: Die meerderheid eis vergelding teen ons minderheid. Simptoom: Die VF+ loods klagtes by die VN. Gevolg: Die wêreld veroordeel Suid Afrika, iets wat sal gebeur as kla die VF+ (en Afriforum en andere) glad nie.

Casper Labuschagne ·

Kyk maar bloot na die datum om te sien dat die gewone Suid-Afrikaanse jaarkalender weer ingeskop het: January, February, March, March, March, March, March, March, March, March, March, March!

Casper Labuschagne ·

Die DA is teen belasting net vir solank as wat hulle nie in beheer is nie, maar as hulle eers in beheer is sal sosiale uitgawes belastings noodgedwonge verhoog. ‘n Sprekende voorbeeld daarvan dat demokrasie die kuns is om stemme te kry van die armes en fondse van die rykes, onder die voorwendsel dat jy die een groep teen die ander beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.