Die Tshwane-metropolisie het inwoners en besoekers gewaarsku om Dinsdag sommige strate weens ʼn beplande optog te vermy.
Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Maandag gesê die DA het kennis gegee oor ʼn betoging in die middestad.
Ondersteuners van die DA, met die party se leier, Mmusi Maimane, aan die voortou, gaan die strate invaar om teen die onlangse verhoging van belasting te betoog.
“Betogers gaan om 08:00 by die ou Putco-busdepot bymekaar kom vanwaar hulle sal loop tot by die gebou van die Nasionale Tesourie,” het Mahamba gesê.
Volgens Mahamba gaan die betogers van die busdepot in Strubenstraat in beweeg, regs draai in Sophie de Bruinstraat en dan weer links in Madibastraat. In Madibastraat gaan hulle deur Kerkplein beweeg, regs draai in Paul Krugerweg en dan reguit aanbeweeg tot by die departement se kantoor.
Cowiestraat, Kgosi Mapurustraat en Bosmanstraat gaan ook geraak word.
“Die betogers gaan na verwagting om 12:30 ʼn memorandum aan die Nasionale Tesourie oorhandig en behoort teen 13:00 uitmekaar te gaan.”
Mahamba het gesê metropolisiebeamptes sal ontbied word om die betoging te monitor.
Motoriste word aangeraai om die bogenoemde strate te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Nou wat nou. Wil Da vra dat ons gewone werkers nog meer persoonlike belastkng betaal
Nou is ek oortuig die die DA is die kluts kwyt!!
Malema verklaar oorlog teen wittes en die bankwese maar die DA betoog oor belasting!
Nou maar lekker stap hoor — dit word warm vandag.
Terwyl die res van ons wat wel werk het op ons tanne moet byt inni verkeers opeenhopings wat julle veroorsaak. ….. Wat bereik julle anyway met die betogings? Gaan werk liewer ….. verdien jou salaris en hou op rondspring ini hitte! Verkeersopeenhopings veroorsaak , raas en papiere rond gooi!
DA , ANC en EFF is in kompetisie om elke dag iets omstrede te se/doen om in die nuus te bly. Dit gaan maar so met populiste.
As ek reg verstaan is dit TEEN die verhoging van persoonlike belasting ?