ʼn Optog deur lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) vind Donderdag in Pretoria plaas.
Die persone sal van die departement van landbou, op die hoek van Hamilton- en Soutpansbergweg, na die Uniegebou beweeg. Vanaf Soutpansbergweg sal hulle regs draai in Hamiltonstraat en die volgende kruisings oorsteek:
– Belvederestraat
– Edmondstraat
– Johannes Ramokhoasestraat (Proesstraat) en dan links draai in Madibastraat (Vermeulenstraat) tot by die Uniegebou.
Die groep sal na verwagting om 12:00 ʼn memorandum by die Uniegebou oorhandig en om 13:00 verdaag, het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê. Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die optog en al die betrokke strate te monitor. Motoriste word aangeraai om al die betrokke strate te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.
Waaroor word die optog gehou?
Maak dit saak ? As jy soos ek nie by die optog is nie gee jy duidelik nie om nie, ons word maar net ingelig vir veiligheidsredes