Vermy Donderdag dié strate in Pta

Foto: Twitter.

Die Tshwane-metropolisie het inwoners van Pretoria gewaarsku oor ʼn optog wat Donderdag deur die EFF gehou word.

Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die optoggangers sal van 06:00 op Kerkplein bymekaarkom en dan na die Israeliese Ambassade beweeg by Kings Highway in Hatfield.

Die optoggangers sal van Kerkplein af in die rigting van Paul Krugerstraat beweeg en dan links in Francis Baardstraat indraai.

“Hulle sal dan reguit aan beweeg en dan regs draai in Jan Shobastraat en daarna links in Lynnwoodweg,” het Mahamba gesê.

Van Lynnwoodweg sal hulle links draai in Rosemarystraat en daarna reguit aan beweeg totdat hulle by die Israeliese Ambassade in Kings Highway uitkom.

“Hulle sal na verwagting om 17:00 van die ambassade uitmekaar gaan.”

Mahamba het die versekering gegee dat daar metropolisiebeamptes ontplooi sal word om die optog te monitor. Hy het motoriste aangeraai om dié strate te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.

Die EFF het op hul Twitter-rekening bekend gemaak die optog is “teen die okkupasie van Palestina”. Volgens die party sal hulle om 11:00 van die Uniegebou na die Israeliese Ambassade opruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Francois van der Merwe ·

Sal ek darm ook baie graag wil weet. Kom ons kyk hoe vreedsaam dit gaan wees.

Andre ·

Hierdie is n boodskap binne n boodskap vir EFF lede. Hulle lede weet goed wat dit beteken! Wees versigtig mense hier kom n ding!

Botterblommetjie ·

Ons moet die strate vermy? Ons mag sleg dit en dat met ‘n vreedsame optog gedoen het ander word ons onder een of ander wet gearristeer… hoe nou? Dubbelstandaarde? Alternatiewe roetes…. hoekom wil mens weet.. jip geen antwoord nie.. mens tik seker vir statistieke hier, of wat beteken die kommentaar eintlik..

Leahim ·

Hoe belaglik is die klomp te veel probleme om op te noem in hierdie piesang republiek van hulle maar hulle betoog teen n land wat honderd keer beter funksioneer die eff is n rasistiese party net vir rasiste.

Gabriella ·

TOE HET D VERENIGDE NASIES D LAND TOEGEKEN AAN ISRAEL . TOE WORD ISRAEL WEER AANGEVAL DEUR D ARABIERE EN D EGIPTINARE
DAAR WAS 5 OORLOE OM ISRAEL TE BESET
ELKE OORLOG IS DEUR D ISRAELIETE GEWEN
TERSELFDERTYD HET HULLE D WESBANK GEOKKUPEER ND GAZA STROOK OOK ONDER BEHEER GEBRING
NOU WIL D ARABIERE STREDS JERUSALEM HE OMDAT HULLE TEMPEL OP D BERG SION STAAN
TEMPLE MOUNT
HULLE WIL NIE HE D JODE MOET HULLE NUWE TEMPEL LANGS D ARABIESE TEMPEL MOUNT BOU NIE
D ARABIERE BESKOU JERUSALEM ND BERG SION AS HULLE DERDE HEILIGSTE PLEK IN D WERELD
HULLE DOEL IS OM D HELE ISRAEL UIT TE WIS EN JERUSALEM EN DIE TEMPEL BERG VIR HULLE SELF TE ANNEKSEER

D anc en eff EN D HELE AFRIKA STAAN SAAM MET D ARABIERE TEEN D JODE
D BYBEL HET GESE DAT ISRAEL N TEENSTEENDES AANSTOOTS SAL WEES IN D MIDDE OOSTE MAAR ISRAEL SAL NOOIT TENVOLLE OORGENEEM WORD TEEN D ARABIERE NIE
DIT WAS GOD SE BELOFTE
ONS WAG VIR D ANTICHRIS SE OPSTAAN WAT N VALSE VREDE GAAN BEWERKSTELLIG IN D MIDDE OOSTE
NA 3 N HALF JR SAL D JODE BESEF DAT D ANTICHRIS NIE CHRISTUS IS NIE EN D GORDYN SAL SKEUR IN D TEMPEL
DAN SAL D JODE WAT MEESTAL NIE AAN CHRISTUS GLO NIE DAN BESEF DAT CHRISTUS WAT HULLE GEKRUISIG HET D WARE CHRISTUS WAS EN IS
DAN BREEK OORLOG UIT MET D RUSSE EN D OOSTERSE VOLKE EN RUSLAND ( GOG EN MAGOG

Pieter ·

Die Tswane metro sê 06:00 vanaf Kerkplein, die party sê 11H00 vanaf die Uniegebou en die poster sê 11Hoo vanaf Kerkplein. Kan MM dalk uitvind wat die regte feite is, aangesien ons wat reg op die roete werk daarvolgens moet beplan?

Lizzy ·

Ons sal nou die verskil sien tussen hulle optog en ons optog. Hoeveel duisende /miljoene rande se skade nou weer?

Alta ·

Jip, wonder hoeveel besighede gaan skade en verliese ly en geparkeerde karre beskadig word!!

Heinrich ·

Kom ons kyk wanneer hulle klaar is of die plek dieselfde gaan lyk as na die Black Monday betogings…

Stan ·

Gaan ook interesant wees om te sien of hulle ook vervolg gaan word na die optogte.

Carel ·

Ek hoop van harte AL die mense wat in die omgewing van die beplande optog bly,werk skool gaan ens maak reg vir die chaos – hoop ons Polisie mag beskerm jul eiendom – wees verseker die EFF kan NIE vreedsaam betoog nie – helfte (dalk meer) weet nie eers waar in die wereld Israel is nie – maar betoog gaan hul verseker.Mnr die Polisie Minister – neem asb kennis,want ons wil graag hoor wat u Vrydag gaan kwyt raak oor die chaos.

Morné ·

Wonder hoeveel lede van die EFF weet waar Palestina is en dat dit nie ‘n plakkersgedeelte iewers in SA is nie…

John Samuel ·

Ek het maar miin simpatie met Israel. SA en Israel het Goed saamgewerk en mekaar ondersteun in die Goeie tye, en toe die winde van verandering (deur politieke inmenging) vir Suid Afrika begin waai, het Israel ook n uitgesproke opponent teen SA geraak.
Maar daardie winde waai oor Amal. So Israel – KRY VIR JOU. : ]

jan_alleman ·

dis wat jy dink , waar dink jy het suid afrika sy kanon lope gekoop

Grassie ·

John S – en wie dink jy het die Suid- Afrikaanse wetenskaplikes gehelp om ‘n paar kernbomme te bou?

Vriend van Israel ·

Ek verstaan geensins jou kommentaar nie. Is die gebaseer op feite of op n storie wat jy by iemand gehoor het?

As n voorbeeld het die Israelies n rukkie terug hul hulp aangebied om na die water krisis in Wes Kaap te kyk en raad te verleen, en is hul aanbod (deur inmenging van die RASSISTIESE/ANTI-SEMITIESE BDS beweging) van die hand gewys. En dit terwyl ons regering standpunt in neem teen Israel om guns te verkry van die Arabiese nasies.

So wat presies probeer jy se?

JC ·

Daar bestaan nie so iets soos “Palestyne” nie, “palestyne” is Jordaanse vlugtelinge.
Israel is die wettige regering aldaar, soos dit hoort, en soos in die bybel toe die gebied deur die stamme van Israel bewoon was.

LB ·

As daar soveel chaos in eie geledere is vee jy eers skoon voor jou eie deur voordat jy jou bemoei met ander se sake!

Matrieks ·

Ek kan nou nie help om te wonder nie. Daar was vreeslik tekere gegaan oor die matrieks ontwrig was met maandag se optogte en dat ons aan ander mense ook moet dink. Of skryf die matrieks nie more n vak nie? Dis soo belaglik.

HPV ·

Ha-Ha, leeg gesteelde piesang republiek in protes teen ‘n eerstewêreldse land soos Israel. Nogal komies.

Steenkool ·

As die Palesteyne vir jou geldelik ondersteun dan moet jy tog seker hulle saak ook ondersteun. Kom ons kyk of hulle ook so mooi soos die wittes kan betoog en of hulle van Pta n dieretuin maak.

Michael ·

Ek wil nou net iets se wat ek opgemerk het…and dont get me wrong, ek like ook niks van die rasistiese EFF nie. Maar al het ek geen benul van hoekom en wat tussen die moslems en die Jode aan die gang is nie..almal van julle se….” wat het hulle probleme met die EFF te doen”. Wel ons hou dan optogte sodat die wereld kan sien wat hier gebeur, maar julle hou nie daarvan dat een land se mense in ‘n ander se slaai krap nie? Regtig? Is dit dan nie dat ons hoop die byteland betoog so vir ons eendag nie?

Rina Kotze ·

Die Palestyne is mos hulle vriende, die Jode is hulle vyande.

Coenraad ·

As hulle die paaie gaan toe maak wie gaan hulle aresteer of gaan daar weer niks aan hulle gedoen word soos al die anderkere?

chrisp ·

Wonder wat dink al die Jode waarvan baie die grootmanne was in die “strugle” nou van hul maats?

Hennie Redelinghuys ·

Apartheid beskuldig die paar wat dan die ou SA vlag paradeer het en natuurlik dit was vreedsaam daar is nie ‘n man in ‘n kis gesit maar die Avbob dame wat ook wel deur swartes in ‘n kis gesit is tel nie as deel van die eenoog se siening

JD ·

O come on!!!!
Irrelevant!!
Waiting of productive working hours!!!
Most probably a full day pay for this rubbish!!!

Besorgd ·

Ja nee… Laat die SAPS nou reg staan om mense te arristeer. Maar nee, daar gaan net mooi niks gedoen word deur die SAPS as dit weereens ñ gewedadige optog is nie. Elke optog van een of ander party is geweldadig.

Die SAPS is bang bir die massas want daar word sm gestaan. Ons as boerenasie kan ook weereens saam staan.

Ek gaan saam staak die 25ste November dis verseker. Dag se onbetaalde verlof!!!

Sterkte SAPS ons sal sien wat word afgebrand môre.

Oom Klasie ·

Soort soek soort .Moenie met die Israelies mors nie want hulle gaan sleg tweede kom.

Piet Cronje ·

Die hele wereld deur is dieselfde stryd aan die gang. Dit is lig teen duisternis. Waarheid teen die leuen. Die wat het en die wat nie het nie. Onreg op alle vlakke van die smelewing. Reg en verkeerd.9

Valerie ·

Die EFF behoort hul aandag aan hulle eie land te gee; die plek is so naby aan breek as wat water aan ys is.

Kobus ·

Van wanneer af is King’s Highway en die Israeliese ambassade in Hatfield? Is die voorstedelike grense geskuif sonder dat die inwoners geraadpleeg is?!

Andre ·

I don’t understand how protesters can spend an entire day (from 06:00 till 17:00) protesting against something (on a working day).

The protesters must be extremely fit, physically and mentally?

Do the protesters have replacement labourers at their employers?

Where does the finance come from for transport, food and drink etc?

Are there medical emergency facilities available for the protesters during the protest.

If they use “professional protesters” (rent a crowd ?) … do the employer comply with labourlaw requirements such as minimum salaries, unemployment insurance, healthy working conditions etc?

How can SA function normally when the workforce are forever protesting in the streets?

Somebody is paying BIG MONEY to get publicity?

And the lazy media reporters place sensational photos on the frontpage … about ‘nothing’!

That’s FAKE NEWS!

Let’s IGNORE them!

Steven ·

MM, die israeli Ambassade is in Kings Highway, Lynnwood. Nie Hatfield nie

Dirk ·

This is now South Africa for you,more worried about protesting for the outside world instead of the high crime rate. Because all can see they most probably is getting something out of the high crime rate anyway. Leader of the EFF lives in a rich 8 milion rand house while his own people with all of us suffer

Renier ·

Sal graag wil sien of die EFF lede ook deur die Metro polisie gearresteer gaan word omdat hulle publieke paaie blok.

John ·

Hoe voel die EFF oor IS se uiters radikale en wreedaardige optrede? IS is bv groot vriende met die massa Arabiese uitgewekenes van oraloor wat saamdrom op die huidige Israelse grense (wat totaal verskil van die oorspronklike) soos deur Britse (weereens) onderhandelaars toegeken en leef van skenkings (daar is feitlik geen ekonomiese ontwikkelings nie) uit Europa en van ander goedgesindes. Cyril het reeds sy simpatie met die Palestyne laat blyk. Indien Cyril president word is ‘n samewerkingsooreenkoms met die EFF dus moontlik en ‘n wegbeweeg van die huidige alliansie met die DA.

Theresa ·

Word hier met die spreekwoordelike leeu se stert gespeel? Israel. Mens wonder hoe ver wil die mense wat die land reeds die verdoemenis in regeer gaan????!!

Carel Wilken ·

Aan Maroela media. Dis opvallend dat daar GEEN bereiggewing oor die EFF se optog vandag is nie, nie op Maroelamedia nie en nie op Media24 nie. Ek sou graag wou weet of dit net so vreedsaam verloop het as Swart Maandag. Dit is asof julle die mond gesnoer is. Is dit so?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.