Vernietigende brand in Plettenbergbaai

Foto: ANA

Foto: ANA

Talle huise in Plettenbergbaai is vernietig as gevolg van ʼn reuseveldbrand en verskeie inwoners is na veiligheid gebring.

Die brand het Vrydag in Wittedrift ontstaan aan die buitewyke van die kusdorp, maar is teen Maandag onder beheer gebring. Die brand het egter opgevlam weens warm, droë toestande en was teen Dinsdag 14:00 buite beheer.

Volgens brandbestryders is minstens drie huise in die Wittedrift-area teen 19:00 in puin gelê. Die brand is aanvanklik vinnig onder beheer gebring, maar het verskeie kere oor die naweek en toe weer Dinsdag opgevlam.

Lauren Howard, woordvoerder van Working on Fire (WoF), het gesê helikopters is ook ingespan om die brand te probeer blus.

Dit was nie onmiddellik duidelik of die brand teen Woensdagoggend onder beheer gebring is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

wat n vreesaanjaende gesig. ek kan my net die vrees en paniek van die inwoners indink. sterkte aan almal wat geraak word en veral die brandbestryders. hoop julle staan reg met soos en toebies en sap wanneer hulle lafnis soek vir daardie brandende kele, neuse en oë.

Voorstel ·

Wêreldwyd word skade aangerig deur veld- en bosbrande. Kan daar nie genoegsaam skoongemaak word om dit te voorkom? Ja, ek weet dat dit mooi lyk met die bos hier teen jou maar is daar ‘n keuse om hierdie risiko te loop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.