Vernon Koekemoer: ‘Dit gaan glad nie goed’

‘n Vroeëre foto van Linda Coetzee en Vernon Koekemoer. (Foto: Verskaf)

Dit gaan “glad nie goed nie” met Cassie Booyse, beter bekend as die internetsensasie Vernon Koekemoer, nadat hy Maandag ʼn heupvervanging ondergaan het.

“Ek het geskrik toe ek hom gesien het,” het Linda Coetzee, Booyse se lewensmaat van die afgelope nege jaar, aan Maroela Media gesê. Hy is reeds Vrydag in die hospitaal opgeneem.

“Sy bloeddruk is baie laag en hulle is besig om vir hom bloed te gee. Bid asseblief vir hom,” het Coetzee gevra.

Booyse (66) het in Oktober ook ʼn heupoperasie ondergaan, die vierde een nadat hy sedert 2019 drie onsuksesvolle operasies ondergaan het. Coetzee het destyds gesê daar lê nog ʼn lang herstelpad vir Booyse voor.

Booyse is die afgelope twee jaar bedlêend weens dié mislukte operasies en het soveel pyn verduur dat hy in September weer in die hospitaal beland het. Jacaranda FM en die Good Morning Angels-program het kort daarna die geldelike las van Booyse se mediese uitgawes met ʼn skenking van R30 000 ligter gemaak. Daar is ook verskeie ander skenkings gemaak en ʼn BackABuddy-skarefinansieringsveldtog is ook van stapel gestuur waardeur nagenoeg R110 000 ingesamel is.

Volgens Coetzee het Booyse vyf jaar gelede ophou werk weens sy gesondheidsprobleme.

Booyse het in 2008 oornag ʼn sensasie op die internet geword nadat ʼn foto van hom by ʼn musiekfees, met ʼn kortbroek, geknoopte hemp, mullet-haarstyl en glasie in die hand, versprei het. Hy is “Vernon Koekemoer” gedoop en die foto is wêreldwyd versprei. Hy was só gewild dat hy selfs in ʼn Nando’s-advertensie daarna verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leon ·

En met n agterstand van 30000 + Operasies in staats hospitale sidder mens om te dink wat sou gebeur het as dit nie vir skenkings was nie. In n “1e land” is dit nie veronderstel om die geval te wees nie

Aanhouer ·

Weet jy nie wat jy met “1e land” bedoel nie. Ons is nog steeds ñ derde-wêreld land.

Truth2bfree ·

Het jy gesien hoe ver agter lande met operasies is in die ander Westerse lande?
Lande wat jy NOOIT sou dink nie…..
ps: Kyk ook maar nou net waaroor gaan die huidige optogte in UK.
Wow ek het gedink ons is erg.

George ·

1ste wereld land?!?! hahaha SA was op sy BESTE n duolistieste land, maar ons is nou deur en deur n 3de wereld land.

Jaco ·

Jammer my velkleur is “verkeerd” om president van Suid-Afrika te word. Ek sou dadelik met behoorlike wetgewing ‘n EINDE maak aan dié hemelhoë tariewe vir privaat mediese behandeling. Net 1 voorbeeld:
‘n “gastric bypass” kos R8000 in ‘n akademiese staatshospitaal, maar R150000 in ‘n privaathospitaal. PRESIES dieselfde operasie. Ek ken 2 mense wat deur dit is: 1 privaat en 1 by ‘n staatshospitaal. Gevolge PRESIES dieselfde: albei 65kg ligter.

George ·

Daar is verskeie redes daarvoor, baie meer as net die kostes. So al was jy president, sou jy niks daaraan kan doen nie, as jy nie die privaat wil betaal nie, gaan dan staats toe.

TruthDealer ·

En jou kans om in n staatshospitaal dood te gaan of sieklik te bly, is 1000% hoër.

kragaap ·

Spandeer een week in ‘n staatshospitaal en een week in ‘n privaat hospitaal. Kom vertel dan van jou ervarings. En die kostes sal sin maak.

Jaco ·

Maar moet dit REGTIG so ontsettend en so onbetaalbaar hoog wees?

Casper ·

Dit is so verskriklik jammer maar ek glo die GROOT GENEESHEER sal intreë en hom gesond maak.Gebed is beter as medikasie.

Cherokee ·

Hoe kan ‘n mislukte operasie geld kos? Die pasiënt behoort betaal te word.

Leon ·

Truth2bfree
Ek glo nie jy is 100 % reg. Optogte en stakings in VK gaan oor salaris verhogings. Die NGP (nasionale gesondheidsplan) werk daar. Daar is nie agterstand met operasies nie. Ek weet want ek bly nou al 5 jaar in die VK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.