Veroordeelde moordenaar beplan glo moord uit tronk

(Argieffoto)

ʼn Veroordeelde moordenaar wat tans ’n lewenslange vonnis uitdien, is tot nóg drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ’n selfoon in die tronk, asook vir intimidasie.

Elliot Groenewald (63) is Dinsdag in die streekhof op Middelburg, Mpumalanga, skuldig bevind en gevonnis nadat hy deur middel van ’n selfoon in die tronk met ’n medepligtige van buite saamgesweer het om ’n moord te pleeg.

Maroela Media verneem die moord is nooit gepleeg nie.

Die Valke is in kennis gestel van die moordkomplot en Groenewald is met die selfoon in sy besit betrap.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Groenewald is gevolglik tot agt jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Groenewald sal die oorblywende drie jaar van sy jongste vonnis saam met sy huidige lewenslange vonnis uitdien.

Maroela Media het reeds verskeie navrae aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig rakende Groenewald se medebeskuldigde in die moordkomplot en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda G ·

Hy moet die nuwe vonnis afsonderlik uitdien. Hy verdien dit. Wie het die selfoon vir hom ingesmokkel?

Tiptol ·

Ja, die persoon wat selfoon ingesmokkel het is ook skuldig en deel van die plan.

Niklaas ·

As hierdie knaap later vrygelaat word, gaan een arme iemand sleg teëspoed optel.

Michael ·

Dit beteken hy sal die oorblywende 3 jaar van sy jongste vonnis dood in die tronk deurbring.

Sarel ·

Vonnis is nie ekstra nie masr word ” aaneenlopend” uitgedien. Mdns kon regtig lag as dit nie so tragies was nie

Mariana ·

Daai ekstra straf is regtig van nul en gener waarde. Hy is dan reeds lewenslank gevonnis. Belaglik!!

E ·

Kan jy nou glo dit is die kaliber judges wat op die bank sit. ek is lus dat afriforum onmiddelik appelleer teen die vonnis. ‘n moord komplot is so erg soos moord.

Francois Le Cochon ·

Mariana, dit sal sy parool beinvloed. Met lewenslank kan aansoek om parool gedoen word na 25 jaar. Prakties is dit nou verleng na 28 jaar.

Asgat ·

Om n’ selfoon in die tronk te kry is geen probleem nie, hy het al lankal weer een, asook iemand anders wat bereid is om daai moord te pleeg…

Chris ·

Ons regstelsel is waarlik pateties. Hy’s in die tronk vir moord – lewenslank …. Hy beplan weer ‘n moord vanuit die tronk. Hoekom is die doodstraf nie in die eerste plek gegee nie? Die Woord van God sê, ‘n persoon wat die lewe van ‘n ander neem verdien die dood. Ek weet ek sal hieroor gekruisig word, maar ons regsters moet meer doodsvonnisse gee, dan sal daar minder moorde plaasvind en die belasting betalers spaar bietjie geld. Ons tronke is oorlopens toe vol.

Jack ·

Net in die land van eerstes. Sedert 1994 het daar darem baie dinge gebeur.

JohanCzu ·

Met ander woorde hy kom effektief skotvry daarvan af. Die vonnis behoort na sy lewenslange vonnis uitgedien te word om enigsins sin te maak. Hoekom dan al die moeite om hom aan te kla en te verhoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.