ʼn Veroordeelde moordenaar wat tans ’n lewenslange vonnis uitdien, is tot nóg drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ’n selfoon in die tronk, asook vir intimidasie.
Elliot Groenewald (63) is Dinsdag in die streekhof op Middelburg, Mpumalanga, skuldig bevind en gevonnis nadat hy deur middel van ’n selfoon in die tronk met ’n medepligtige van buite saamgesweer het om ’n moord te pleeg.
Maroela Media verneem die moord is nooit gepleeg nie.
Die Valke is in kennis gestel van die moordkomplot en Groenewald is met die selfoon in sy besit betrap.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Groenewald is gevolglik tot agt jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Groenewald sal die oorblywende drie jaar van sy jongste vonnis saam met sy huidige lewenslange vonnis uitdien.
Maroela Media het reeds verskeie navrae aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig rakende Groenewald se medebeskuldigde in die moordkomplot en wag steeds op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Hy moet die nuwe vonnis afsonderlik uitdien. Hy verdien dit. Wie het die selfoon vir hom ingesmokkel?
As hierdie knaap later vrygelaat word, gaan een arme iemand sleg teëspoed optel.
Dit beteken hy sal die oorblywende 3 jaar van sy jongste vonnis dood in die tronk deurbring.
Vonnis is nie ekstra nie masr word ” aaneenlopend” uitgedien. Mdns kon regtig lag as dit nie so tragies was nie
Daai ekstra straf is regtig van nul en gener waarde. Hy is dan reeds lewenslank gevonnis. Belaglik!!