Veroordeelde moordenaar werk steeds vir EFF

EFF-afgevaardigdes sing by die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (Desember 2014) Foto: Getrude Makhafola/Sapa

EFF-afgevaardigdes sing by die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (Desember 2014) Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Papiki Babuile, sekretaris vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Noordwes en die party se hoofsweep in die wetgewer, bly steeds in sy amp, ondanks die feit dat hy tronkstraf uitdien vir moord.

“Ons het nog nie ʼn verkiesingskonferensie in Noordwes gehou om iemand anders aan te stel nie,” het Fana Mokoena, woordvoerder van die EFF, gesê. “Dit is ʼn interne saak en ons hanteer dit tans. Ons het dit gister in ʼn vergadering bespreek.”

Die party sal glo ʼn aankondiging maak sodra ʼn besluit geneem is.

Die Citizen het Dinsdag berig dat Babuile die EFF in Noordwes uit sy tronksel bestuur.

Hy is verlede jaar tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op David Chika, streeksekretaris van die ANC se dr. Kenneth Kaunda.

Die koerant het berig dat hy betroubare inligting ontvang het dat Babuile, wie se jaarlikse pakket net meer as R1 miljoen beloop, in Desember en Januarie sy salaris ontvang het, terwyl hy in die tronk sit. Die koerant beskik glo ook oor ʼn brief gedateer 14 Januarie van die nuut aangestelde sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, waarin hy glo die provinsiale partyleier, Alfred Motsi, opdrag gee om die amp van die hoofsweep in die wetgewer vakant te laat. Die amp word tans deur Babuile beklee.

Dakota Legoete, sekretaris van die ANC in Noordwes, het Dinsdag sy skok uitgespreek oor die berig dat Babuile steeds in sy amp is. “Ons, as die ANC in Noordwes, is geskok oor die feit dat ʼn veroordeelde moordenaar steeds op die partylys van die EFF is en dat hy steeds ʼn salaris verdien as ʼn staatsverteenwoordiger. Dit is teenstrydig met die ampseed van enige staatsamptenaar.” Hy het gesê die ANC sal dadelik die kwessie aanroer in die provinsiale wetgewer sodra die vergadering weer sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

carel ·

Wys jou hy is maar krimeneel in hul murg en been……….is dit nie deesdae n vereiste om n krimeneel te wees om die land te regeer nie?

ladybug ·

Dis lagwekkend! Klink soos ‘n klomp kinders wat “cowboys-en-crooks” speel!

Francois Jordaan ·

Lol en hier veroordeel die ANC hom terwyl hulle net sulke groot skelms is en korrup is.

Petro ·

Hou hom fyn dop! EFF beplan dalk om hom te ontset uit die tronk dis hoekom hulle sy pos oophou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.