Veroordeelde plaasmoordenaar vas ná 15 jaar as voortvlugtige

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Veroordeelde plaasmoordenaar wat 15 jaar gelede uit polisieaanhouding ontsnap het, is terug agter tralies.

Thapelo Samuel Mokoena (40) is Woensdag by die Hlanganani-myn aan die Wes-Rand in Gauteng in hegtenis geneem nadat hy in Julie 2005, ʼn dag voor vonnisoplegging, uit die aanhoudingselle van die Makwane-polisiestasie ontsnap het, het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, gesê.

Drie van Mokoena se medebeskuldigdes is in sy afwesigheid tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en ʼn vierde is lewenslange tronkstraf opgelê.

Makhele het gesê Mokoena en sy vier makkers het drie mense op 23 Augustus 2004 op die plaas Dankbaarheid, in die Bethlehem-omgewing, aangeval.

Johanna van Niekerk (72) en Tororo Elias Tsholo (43) is doodgeskiet en ʼn derde slagoffer is ernstig gewond. Die bende is aangekeer nadat die gewonde slagoffer die polisie ontbied het.

Hulle is later skuldig bevind op die aanklagte teen hulle, maar Mokoena het verdwyn voor hy gevonnis kon word.

Makhele het gesê die ondersoekbeampte in die saak, AO Nkosana Radebe, het onlangs ʼn beroep op mense gedoen om met inligting vorendag te kom oor waar Mokoena hom moontlik kan bevind. Hy is daarna in ʼn intelligensiegedrewe operasie aangekeer.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiehoof, het Radebe geloof vir die ondersoekwerk wat tot ʼn gevaarlike misdadiger se inhegtenisneming gelei het. Motswenyane het ook die lede van die publiek bedank wat die polisie ingelig het oor waar Mokoena hom bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Agge nee ·

En my ouma het gesê die wiel draai, en hier het die skelm se wiel 15 jaar gevat om die draai. Ek hoop hy gaan nou baie langer sit.

LiveAndLetLive ·

15 jaar gelede
En hier sit ons vandag nog met plaasmoorde

Pieter ·

My pa het altyd vir my gese die mense wat onder jou werk is maar net so goed as wat jy is.

Cherokee ·

Die wat vermoor is, is steeds vermoor, maar die wat 15 jaar gevonnis is, is (waarskynlik) vrygelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.