Verpleegkunde-student buite hospitaal ontvoer, verkrag

Tygerberg-hospitaal Foto: Knut Dalen (Kopiereg 2006)

ʼn Eerstejaarstudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) is vandeesweek buite die Tygerberg-hospitaal in Parow ontvoer en verkrag.

Die 21-jarige student studeer verpleegkunde.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die student is by die voetgangerbrug buite die hospitaal ontvoer en in bosse in Bishop Lavis verkrag.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het sy skok oor die voorval wat Dinsdagaand plaasgevind het uitgespreek en Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, het Donderdag besoek by die student afgelê.

Nomawethu Sbukwana, Mbombo se woordvoerder, het gesê die student het ná die voorval mediese behandeling by die Karl Bremer-hospitaal in Bellville ontvang. Sy het ook berading ontvang.

“Die departement veroordeel hierdie gruwelike aanvalle op ons studente en werk saam met die polisie aan die omstandighede rondom hierdie aanvalle,” sê die LUR.

Prof. Karien Jooste het namens KSUT die universiteit se kommer rondom die veiligheid van vroue in Suid-Afrika uitgespreek.

“Ons as die verpleegafdeling word diep geraak deur die voorval wat met ʼn onskuldige student gebeur het. Sy is ʼn kosbare individu wat dien in die welstand van die gemeenskap en sy het die respek wat sy van ander verdien, nodig,” het Jooste gesê.

Van Wyk het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

poppie ·

Rusland het dit reg, “chemical castration” vir verkragters en kinder mollesteerders

Seemonster ·

Ek het in die week op radio gehoor hoe chemical castration werk. Klink nie na ‘n werkbare oplossing nie.
Regte kastrering dalk die beste. Doodstraf ‘n populistiese opsie, maar het ook sy newe-effekte.
Harde-arbeid met boeie aan sal ook een van my voorkeur opsies wees. Lang tronkstraf sonder parool, en BAIE arbeid.

Christo Erasmus ·

Sal nooit stop tronke baie lekker . Kriminele meer menseregte as persoon op straat . Sonder doodstraf kan almal vergeet dit sal nooit stop . Tronke nie n straf normale lewe vir meeste kriminele en geniet hul voordele kliniek hospitaal dokters kos alles verniet . Regering het sy stryd met n passie verloor teen gewelds misdaad . Jy kan honderde duisende pol lede hê gaan nie n verskil maak nie kriminele weet tronk lewe is nie n straf maar n by voordeel en geniet groot tronke !!!!

Gert van Wierdapark ·

Kort en Kragtig! Bring die bekende Russiese “hanteerder” van verkragters na SA. Ivan Katjekokoff weet hoe om met hul galle ens te werk! Finish en Klaar!!!

Michael P ·

Alles word net veroordeel en daar eindig dit. ons moet in opstand kom teen die regering en dit hoef ook nie net blanke mense te wees nie ek dink almal raak nou gatvol.

INA ·

Rook of drink ñ klomp gemors wat jou sekslus aanwakker & verkrag enigiemand wat vroulik is, vanaf ñ dag oud tot honderd!!! Gee die doodstraf vir moord & verkragting; MISKIEN help dit!!! Drastiese stappe MOET geneem word!!! Waar kan ons ñ petisie teken om die doodstraf af te dwing!!! Dit klink soos sommige mans se “favourite past time”!!! ????????

Klasie ·

Presies, Corrien! Daar derduisende meer met dieselfde vrot idees..

Kiskar ·

SA is tans besig om te maai wat hy 25 jaar gelede begin saai het.

Mmm... ·

Swaarder strawwe vir erge misdade, veral teen vroue en kinders, ne CR……jou mense luister nie vir jou nie……bring die doodstraf terug!!!!

Ja swaer ·

Die wese en morele vesel vd meerderheid vd manlike bevolking in SA – wit en swart. En al wat Cyrilkie doen is om nuwe wette te wil maak. Ag vader tog hy is totaal en al clueless, hy is net so erg as sy voorganger

Pippa ·

My innige meegevoel met die student en ek bid haar n spoedige herstel toe. Dit was al toentertyd onveilig toe ek nog praktika tydens my BCUR studies by Tygerberg hosptaal gedoen het. Dit maak my sommer rooi om die kiewe om sulke nuus te verneem.

Nel ·

Hy wou mos vreeslik graag president word en nou is hy nes daai keffertjie wat die bus gevang het en nie mooi weet wat om daarmee te maak nie.

Rina ·

Gebruiik n skokstok ……. nog een siek ding wat vry rondloooooop … vang hom … hy gaan dit weer doen. Dames koop skokstokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.