Verpleegster getuig oor Oscar: ‘Ek het bedreig gevoel’

Charlotte Mashabane getuig in die Pretoria hooggeregshof. Foto: eNCA

Charlotte Mashabane getuig in die Pretoria hooggeregshof. Foto: eNCA

ʼn Verpleegster, wat in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis werk, het Dinsdag getuig daar was só baie onderonsies tussen haar en die moordbeskuldigde Oscar Pistorius, dat haar hoof haar gevra het om nie meer met hom kontak te hê nie.

Charlotte Mashabane, korrektiewe dienste se assistentbestuurder vir gesondheidsdienste by die gevangenis, het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig iemand anders is gevra om in haar plek met Pistorius te skakel om verdere konflik met die voormalige Paralimpiese atleet te vermy.

Sy het aan die hof vertel Pistorius was een oggend in Maart 2015 woedend toe die verpleegsters aan diens hom in sy sel besoek het tydens hul roetine-oggendrondes. Pistorius het glo op Mashabane geskree en haar beveel om sy sel te verlaat omdat hy nog geslaap het. Volgens Mashabane het sy aan Pistorius verduidelik die verpleegpersoneel het bloot hul pligte uitgevoer, maar hy het ʼn laken oor homself getrek en haar aangesê om die sel te verlaat.

Nog ʼn onderonsie het glo plaasgevind toe Pistorius ʼn sportaanvulling en ʼn Normatec-toestel wou hê. Die Normatec-toestel verminder glo spierpyn en help die gebruiker om vinniger te herstel tussen oefensessies. Volgens Mashabane het die staatsdokter, wat Pistorius behandel het, nie geweet van die sportaanvulling of die Normatec-toestel nie en sy het gesê sy sal ondersoek instel.

“Ek het ʼn memorandum geskryf met inligting oor die toestel wat ek van die internet af gekry het en dit ingedien met die versoek om die toestel en aanvulling aan [Pistorius] voor te skryf. Hierdie memorandum moet na baie kantore gaan voordat dit goedgekeur word en daarom vat nie net twee dae om te finaliseer nie,” het Mashabane gesê. Sy het vertel sy het een oggend, kort nadat sy die memorandum ingedien het, in haar kantoor gesit toe Pistorius ingekom het om terugvoer oor sy versoek te kry.

“Ek het aan hom verduidelik dit sal ʼn rukkie duur om die versoek te prosesseer, maar hy het kwaad geraak en gesê ‘hou op met hierdie taktieke van jou’. [Pistorius] het ʼn notaboek, wat in sy hand was, op die lessenaar geslaan en geskree oor sy versoek,” het sy gesê. Sy het gesê Pistorius het ook haar en die dokter wat hom behandel het, se kwalifikasies bevraagteken en hulle as “nutteloos en onbevoeg” beskryf.

Mashabane het oor ʼn derde voorval getuig toe ʼn korrektiewe beampte glo medikasie vir Pistorius na die gevangenis gebring het. Die verpleegsters by die gevangenis is nie vooraf daarvan in kennis gestel nie en ʼn afskrif van die doktersvoorskrif was nie ingesluit nie. Mashabane het gesê sy het daarom nie die medisyne aanvaar nie, maar wel in die medisynekas toegesluit om dit eers met Pistorius se familie uit te klaar.

“Oscar het ingekom en geëis dat ek sy medisyne aan hom oorhandig. Ek het die prosedure oor die medisyne aan hom verduidelik, maar hy het kwaad geraak en gesê die medisyne, wat die staatsdokter aan hom voorgeskryf het, werk nie,” het sy gesê. Sy het getuig Pistorius het die medisyne wat aan hom voorgeskryf is, Voltaren en Bactroban, gaan haal en op haar lessenaar gegooi. “Hy het gesê hy wil nie die medisyne hê nie, want dit werk nie. Hy was baie ontsteld. Ek was verbaas, want die medisyne was nog nie eens oopgemaak nie. ʼn Mens moet medisyne darem eers vir so sewe dae gebruik voordat jy kan sê of jy beter word of nie.”

Sy het ook verwys na ʼn voorval toe Pistorius versoek het om ʼn private dokter te spreek, maar het gesê hy het haar nooit in kennis gestel die dokter wat hy wou sien, is sy niggie nie. Sy versoek is egter later toegestaan.

Die staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het Mashabane ondervra oor Pistorius se bewering dat hy in die gevangenis aangerand is, maar sy het gesê sy weet nie daarvan nie. Mashabane het bevestig Pistorius het eenkeer ʼn blou oog gehad, maar daar is in die beseringsregister aangeteken hy het die blou oog opgedoen toe hy in die gevangenis se gimnasium gegly het.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het Mashabane herhaaldelik versoek om bewyse te lewer dat Pistorius wel aggressief was tydens die voorvalle wat sy beskryf het en aangevoer Mashabane oordryf Pistorius se gedrag om hom as aggressief en gewelddadig uit te beeld.

Hy het Mashabane gevra of Pistorius haar ooit gedreig het en sy het gesê sy het wel bedreig gevoel, omdat hy aggressief was. Roux het egter volgehou Pistorius het haar nooit verbaal gedreig nie en Mashabane het toegegee Pistorius het nooit gedreig om iets aan haar te doen nie.

Die verhoor sal na middagete weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Willie ·

Ja nee kyk, nes ek gedink het.. gooi n tantrum as hy nie sin kry nie…..

Anoniem ·

Barry Roux moet haar vra of sy dalk ‘n lid is van die ANC vrouelige..

Anoniem ·

Dit sal niks verander aan sy gedrag nie maar wel haar kredietwaardigheid as getuie aanval… want hoe weet ons dat haar getueienis nie beinvloed word deur wat ander se en wil hoor nie…

Hannie ·

Vader van genade wees ons barmhartig, moord en dood regeer. (na aanleiding oor die berig van die aakligge dood van die haarkapper)

Danie ·

So regte bederfde “brat”. Ek begin al meer sien dat die lewe net om homself gaan. Hy sal moet besef dat tronk nie net ‘n voortsetting is van die vorige lewe waar almal na sy pype dans nie.
Wat ek gevolg het wys duidelik dat hy nog ver het om te gaan. Hy is baie toegelaat in die tydjie wat hy binne was maar het steeds vloermoer gegooi as hy nie sy sin kry nie

Joe ·

Ek stem beslis saam met jou Danie …. tipies …. kan nie die ” punch ” vat nie , hy moet maar eerder terug gaan waar hy hoort ….. die tronk !!!

Stomgeslaan.... ·

Die dr moet die goed voorskryf?? SA burgers se belasting gelde betaal vir tronk en behandeling, maar nee, Mr wil die duur goed he! Hy het geen regte in die tronk nie

Viv ·

Ag kom, stomgeslaan, sy familie het die medisyne gekoop en betaal – dit kos die belastingbetaler niks. Die verpleegster was net nie lus om n oproep na die dokter te maak om dit op die medisynekaart te skryf nie. Moedswillig en onnodig uittartend. En nee, ek is nie n voorstaander van Oscar nie. Maar ek ken van moedswilligheid en ek werk in hospitale

Pieta ·

Danie, ek stem saam. Hy moes as klein seuntjie vasgevat word. Geen tweejarige moet met ‘n vloermoer regkom nie, maar hier kan ons sien wat gebeur as die boompie nie klein tyd gebuig word nie.
Viv, al ooit gedink wat sal gebeur as elke ou in die tronk sy eie ‘medisyne’ van buite laat kom, sonder voorskrif en nie deur die regte kanale nie… New wat, die reëls moet geld vir die misdadigers uit die ryk voorstede net soos vir dié uit die agterstrate.

Viv ·

Pieta, kom ek se nou maar vir jou, elke ou in die tronk laat wel sy eie “medisyne” van buite af kom – en dit word ooglopend toegelaat, met so n ou geldjie in die hand van die bewaarder gestop. Wanneer laas was jy binne in een van ons tronke?

E ·

Het niks met die saak te doen nie.
Sien dit as alledaagse ‘huisstryery’
Miskien dalk ook om hom uit te tart?
Gaan die ‘kommin tators’ nou weer vir Oscar slegsê of opkom vir die ‘boere’?

Pieta ·

Hierdie gaan nie oor boere of wat ook al nie. Dit gaan oor gedrag. Kyk na die feite, nie die voorkoms nie!

Danie ·

Dit wat hy voorheen reg gekry het word deur sy bedorwe en aggresieww optrede neutraliseer.
Begin wonder oor sy ware persoonlikheid

JaNee ·

Wys net hy tree irrasioneel op en is nie geskik vir tronkstraf nie.

Viv ·

Moedswillige verpleegster. Kon maklik n foonoproep gemaak het om die medisyne uit te klaar. En rub-rub is useless

Pieta ·

Viv, lyk my jy wil die ou skatjies in die tronk treat met vyfster-behandeling – tot hulle kan terug gaan om nog mense (wat nie die lewe verdien nie) te gaan help om dié lewe te verlaat. Hoekom maak jy die verpleegster uit as agterbaks omdat sy reëls toe pas? Die probleem lê by ‘n mannetjie wat moet leer die wêreld draai nie om hóm nie, en hy kan ook begin om reëls te volg. Al is hy nie lus nie!

Viv ·

Pieta, omdat ek daagliks met dieselle tipe verpleegster werk. Moedswillig verby. Voltaren is nie 5ster behandeling nie, dis te kry oor die toonbank. n Foonoproep na die tronkdokter sou dit uitgeklaar het. Sy wou net nie. Ek is gladnie n voorstander van Oscar nie, maar n klinikus is daar om vir sy of haar pasient te sorg, maak nie saak wie daardie pasient is nie. En haar stelling dat mens die spesifieke medisyne vir 7 dae moet gebruik om te sien of dit werk is twak – behoort binne 20 minute te werk – of nie. So, ek se weer, moedswilig. Of dom.

Rerig?? ·

Sport aanvulling en spesiale masjiene??? En wie betaal daarvoor??? $1595……

Frans ·

As hy ni geskuk is vir die tronk ni sal ons hom ma seke na n grade r klas toe moet stuur sodat hy sy vloermoekies kan onder beheur kry netnou mak hy di mane in die tronk bang vir hom

Joe ·

Tipies van OP as hy NIE sy sin kan kry nie …. gooi ” tantrums ” om aandag te soek . Hoekom is hy nou skielik so siek dat hy nie kan getuig nie , omdat hy ( OP ) nog nooit die waarheid vertel het oor die moord nie & nou moet die sielkundige dit namens hom doen ! Bring tog net weer ‘n emmer vir OP , dalk word hy weer siek in die hof om te KOTS !!
Hy moet boet vir wat hy gedoen het & terug gaan tronk toe , want dit is waar hy hoort !!

Gesiggie ·

Agressie”’ gaan jou niks baat, dit gaan net jou saak vererger Oscar…jy sal maar moet leer om saam te werk, al is dit hoe moeilik… ek dink sy depressie vererger als… en ja, hy was nie gewoont aan die tippe van treatments… sy lewe was baie anders as nou… hy moet kan bewys dat hy eintlik in n inrigting hoort… en nie n tronk… sielkundig is hy verstreurd”’

sus ·

miskien verstaan hy nie tronk nie…. gevangenes is nie die bewaarders en verpleegters se meerdere nie…. hy is ‘n krimineel en daar is reels en red tape wat gevolg moet word anders bedinges hy homself weer oor ‘n dag oor hulle nie die prosedures gevolg het nie… hy moet besef hy dien straf uit…… hy kan nie “demand” nie…. hy is nie die ANC nie…. ai , opvoeding kan mens nie koop nie

Doodstrafaanhanger ·

Soos alle moordenaars hoort die agressiewe moordenaar eintlik doodstraf te kry!

siek en sat ·

Hierdie is net ‘n bewys dat Oscar sielkundige hulp nodig het. Mense verstaan glad nie hoe sulke mense se koppe werk nie want hulle WIL nie en het nie die kennis nie. Hy het een of ander persoonlikheidsversteuring en tronkstraf gaan hom niks baat nie. Oeee en ek wag vir die klippe en bakstene…

Charl ·

Ja, wel, meeste moordenaars het n persoonlikheidsversteuring. Antisosiaal of psigopaties. Hulle vind geen baat by rehabilitasie nie, daarom is tronkstraf die enigste manier om die publiek teen hulle te beskerm.

Viky ·

Gaan sit maar by ‘n staatshospitaal en kyk hoe uit die hoogte word jy as wit mens deur die verpleegpersoneel behandel. Ja daar is die enkele gawes, maar hulle is DUN gesaai. Kan jy dink hoe dit in die TRONK gaa.? Nee wat hierdie suster wil net in die nuus wees. dis al. Gelukkig het Gerrie se advokaat dwarsdeur haar gesien.

Piti ·

Ja. Ek dink daardie versteuring word genoem arrogansie, meerderwaardigheid of selfsug. Weet nie watter een nie, maar gemeng met geld en vuurwapens … wel, gevaarlik!

Luister ·

Was onder die indruk dat hy wel sielkundige behandeling kry. Hy was tog vir sielkundige evaluering.

pop ·

Die mannetjie bewys net aan almal dat hy n humeur het wat hy glad nie onder beheer kan hou nie. Arme Reeva het nie n kans gehad nie. Hierdie mannetjie hoort agter tralies aan n dik ketting

My se ·

Snaaks genoeg….ek glo haar….ek weet ook dat als op Afrika tyd gebeur en dat hulle verseker baie moedswillig kan wees, maar hy is immers in die tronk en nie in n plek waar hy vingertjies kan klap en almal moet spring nie. Ek glo ook die storie oor sy agressie, want dit het al baie voorgekom voorheen. My storie…jou storie…en die waarheid?

Liewe heksie ·

OK genoeg sy het haar 5min of fame gehad en wragtag tik barry haar op die vingers dat sy lieg wonder hoeveel het Gerrie haar aangebied want op einde erken sy sy was nie in gevaar nie Barry jou lekke ding

johann cb ·

Kan Me Mashabane konkrete bewyse indien van die voorvalle wat na bewering plaasgevind het? Ek wonder wie is nou bevooroordeeld!
Soveel kommentaar word gelewer sonder dat na die meriete van die saak gekyk word, dat ek besef ons het ‘n wraaksugtige nasie geword.
Adv Nel word deur ons, die staat, betaal en moet seker maak hy verdien sy salaris. Ek neem aan hy het ook ‘n huisverband en motor om te betaal.
Ek is dankbaar ek is nie sy vrou en kinders nie, of aan hom verwant nie. Net nog ‘n gevoellose staatsamptenaar.
Ek stel voor hulle gebruik betroubare getuies – dit behoort vir almal te werk.

Just saying ·

Jislaaik maar julle het baie te sê. Skaam julle julle nie?
Het julle niks beter om met julle tyd te doen as om mense sleg te sê nie?
OP se optrede spruit uit frustrasie wat alles simptome is van PTS, depressie, angsversteuring ens. Dit staaf maar net wat OP se psigiater gister genoeg het: hy moet in ‘n hospitaal opgeneem word. Geestessiektes word in hierdie omstandighede waarin OP hom nou be vind net vererger. Hy is nie verantwoordelik vir sy uitbarstings wat direk aan sy geestestoestant gekoppel is nie.
Mens kan sien julle wat die klippe gooi het geen kennis oor die toestand nie.

vermeende ·

Weet julle ooit hoe groot die mag is wat jy het wanneer iemand aan jou genade uitgelewer is en die verpleegster het dit misbruik.
Hemel man, hierdie is die tronk en nie medicity nie, hulle maak nes hulle wil en as julle dit nie glo nie gaan kyk gerus hoe dit gaan in die staat hospitale en in outehuise.
Waar is die menseregte nou……..een verdien dit maar n ander nie.
As jy weer in n ry staan om n lisensie te betaal of n rekening en jy ontvang die swakste diens ooit en word soos n uitgeworpene behandel dink dan daaroor, moenie n vloermoer gooi nie want in n tronk gaan dit baie erger.

Jacoba ·

Julle is seker almal sonder sonde…die dat julle so klippe gooi

Leeukop ·

O Ja ek is vol sondes…. MAAR DIT SLUIT NIE MOORD IN NIE!

Rln ·

Waar is die dae toe tronktoe gaan die grootste vrees is.. Lyk my deesdae is dit n 5 ster hotel?

Hy behoort geen regte te he nie, net die basiese om hom aan die lewe en gesond te hou.. Dit is al manier om n les te leer. nie om in die tronk te sit met al die geriewe wat ek nie eers kan bekostig nie.

Ben Prinsloo ·

Nou wonder ek maar net of Gerrie Nel ook n afwyking van een of ander aard gehad het toe hy Oscar so gekarnuffel het, vernaam toe hy Reeva se agterkop op die skerm in die hof gewys het en vir Oscar geblaf het om na die foto te kyk. Ons word almal een of ander tyd kwaad maar dit is nie te sê ons het n geestes afwyking nie.

anne ·

Miskien is oscar nie die enigste een wie sielkundige hulp nodig het nie. Gerrie kom maar net so aggresief voor.

Joann ·

Just saying Oscar het nie een van die siektes gehad voor hy Reeva vermoor het nie,dus nou vreet sy senuwees hom op. Viv ek 50jr.in verpleging,die verpleegster was al seker g..vol vir sy demands.

Pixie ·

Ek is bitter teleurgesteld in Maroela Media se beriggewing van Mashabane se getuienis, om nie eens te praat van diegene wat so gal braak, klippe gooi en veroordeel nie.
Leeukop, die Woord van God onderskei ongelukkig nie tussen sonde nie – in God se oë is sonde, sonde; die een is nie groter/kleiner as die ander nie.
Maroela, hoekom het julle nagelaat om besonderhede van Barry Roux se kruisondervraging in julle berig in te sluit wat meer perspektief op Oscar se sogenaamde aggressiewe gedrag en ‘vloermoere’ bied en Vir ‘n groot gelag (ten koste van Mashabane) in die hof gesorg het (soveel so dat die regter hulle gemaan het dat dit nie ‘n piekniek is nie, maar ‘n ernstige saak)?
Dit is darem ook uiters vreemd dat Mashabane die enigste (mediese) personeellid van korrektiewe dienste is teenoor wie Oscar aggressiewe gedrag getoon het…..

Hennie ·

Hou die toekoms dop (check this space) daar gaan nog iets wonderbaarlik van Gerrie Nel die akteur en aggressor vorendag kom.

Liz ·

Dis baie maklik om hier ‘n mening te skryf of iemand te oordeel. Nie een v ons was daardie aand in daai huis of in daai sel. Maar ons almal het ‘n mening of opinie en nogal baie ook. Dis goed en reg so maar onthou daai mes sny albei kante toe. Stap maar eers self in ‘n ander man se skoene voor jy hom oordeel. As mens so gou is om ‘n opinie te gee uit die hoogte, het die liewe Heer die gewoonte om jou voor jy weet jou in ‘n moeilike situasie te sit en dan? Dan spring ons op en vra hoekom gebeur dit met my!!! Miskien moet ons liewer vra wat het ek aan ‘n ander gedoen dat hierdie oor my pad kom!

Stem saam ·

Stem saam ou Hennie, iets gaan nog met hom gebeur, maar ek glo nie dit gaan so wonderlik wees nie, hierdie saak gaan nie oor Justic of Reeva nie, alles oor n eenman verhoogstuk, dit wat jy ander toevoeg en disrespek kom rol terug in groter dinge!

Lh ·

Niemand maar niemand behalwe God en Oscar weet presies wat daardie aand gebeur het nie. Die Bybel praat van witgepleisterde grafstene, maklik om klippe te gooi en beskuldigings te maak maar was jy daar, het jy presies beleef wat gebeur het, indien nie, hou op om ander met jou tong te vermoor. Ek skaam my vir van hierdie skynheilige klipgooiers.

Bekommerd ·

Ek is baie meer bekommerd oor n paar van julle, die agressie en tantrum manier waarmee jul net jul opinie lig is meer dreigend en agressief as Oscar se los my uit ek is nie lus om op te staan nie, ons almal het dit al gedoen en sy kon sien hy is daar en hoor hy lewe, aspris verby, Joann 50jr en jy sien nie die asprissie, dalk is jy net so aspris. Daar gaan mense soos die suster wees wat hom tart en ek stem sy is uittartend, gaan kyk die video weer, wonder wat die klomp sou doen as sy met hul so was.

anne ·

Baie goeie vraag Bekommerd. Almal van ons kan ons maar vererg en ongeduldig raak maar oscar mag hom nie vererg nie. Hoeveel van ons het al te doen gehad met dieselfde tipe spiteful houdings by staatskantore ens. Die verpleegster is arrogant en uittartend.

Leeutjie ·

Depressie hou mens aan die bed gekluister…glo my jy wil vir ure slaap! Wat weet die madame van dit? Neem net aan hy is ongeskik?? Oscar is ‘n baie siek mens en dit is verstaanbaar dat hy net wil kop toetrek. Ek se weer…”wat as hy jou of my seun was”. Sou jy nog so tekere gegaan het.

Ditto ·

Ditto Liz, ek stem 100% saam met jou kon dit self nie beter stel nie. Almal verstaan dalk net nie so goed nie!

Rita ·

Dankie Liz en Lh vir julle antwoord. Daar is n groter hand in alles wat gebeur. Dalk moet ons almal n les hieruit leer.

jaco ·

Oscar het was darem reg met een ding deur te se die mediese personeel het twyfelagtige kwalifikasies en hulle is nutteloos en onbevoeg. dis mos maar hoe regstellende aksie werk…

SeNet ·

Party mense wil op die bandwagon spring sonder om te dink! Die Oscar debat is al holrug gery. Party wil sommer die doodstraf terugbring omdat hulle hulself emosioneel so opgewerk om vir so iets te wens. Maar dink bietjie: As ons die doodstraf terugbring en jy skiet iemand vanaand dood omdat hy en sy bende by jou huis ingebreek het en jou lewe bedreig het – gaan jou familie bly wees as jy dan ook die doodstraf kry omdat jy ook ‘n lewe geneem het? Want kom ek jou sê, baie is al onskuldig gehang en baie skuldiges het al met moord weggekom! Ons moet lewer wens dat ons in ‘n samelewing is waar daar hoër morele waardes en standaarde is as nou. Waar elke persoon die reg op lewe het, weg met moord, roof, verkragting, swak dienslewering, lae onderwysstandaarde ens. Wat vir my net so sleg is is die wat so maklik ander kan kruisig – hyt ‘n lewe geneem – of dit dy uiteindelike bedoeling was of nie. Maar wat van die ander moordenaars wat nie so gejag word om vervolg te word nie – want dis seker ‘n lekker persoonlike “high” om die vinnigste man op aarde, sonder bene, aanhoudend te vervolg? Wat van die ander laer profiel sake? Minder belangrik en roemryk?? Whatever!!

Angel ·

Party mense wil op die bandwagon spring sonder om te dink! Die Oscar debat is al holrug gery. Party wil sommer die doodstraf terugbring omdat hulle hulself emosioneel so opgewerk het om vir so iets te wens. Maar dink bietjie: As ons die doodstraf terugbring en jy skiet iemand vanaand dood omdat hy en sy bende by jou huis ingebreek het en jou lewe bedreig het – gaan jou familie bly wees as jy dan ook die doodstraf kry omdat jy ook ‘n lewe geneem het? Want kom ek jou sê, baie is al onskuldig gehang en baie skuldiges het al met moord weggekom! Ons moet lewer wens dat ons in ‘n samelewing is waar daar hoër morele waardes en standaarde is as nou. Waar elke persoon die reg op lewe het, weg met moord, roof, verkragting, swak dienslewering, lae onderwysstandaarde ens. Wat vir my net so sleg is is die wat so maklik ander kan kruisig – hyt ‘n lewe geneem – of dit sy uiteindelike bedoeling was of nie. Maar wat van die ander moordenaars wat nie so gejag word om vervolg te word nie – want dis seker ‘n lekker persoonlike “high” om die vinnigste man op aarde, sonder bene, aanhoudend te vervolg? Wat van die ander laer profiel sake? Minder belangrik en roemryk??

magrette louw ·

jy het bedreig gevoel? dan is jy in die verkeerde beroep…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.