Verpleegster in hof oor vigsmiddels

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 44-jarige verpleegster het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn, nadat sy glo antiretrovirale medisyne gesteel en verkoop het.

Phalane Nkondo, die beskuldigde Monica Ramusi se regsverteenwoordiger, het egter in die hof aangevoer dit is nie ʼn ernstige misdaad nie en die saak sou geen media-aandag kry indien sy net hoofpynpille gesteel het nie. Hy het versoek dat die media nie sy kliënt mag afneem nie.

Landdros Michael Mamabolo het die versoek toegestaan en Ramusi op borgtog van R1 000 vrygelaat. Ramusi, ʼn verpleegster by die Botlokwa-kliniek in Polokwane, is Dinsdag in hegtenis geneem, nadat sy glo betrap is waar sy antiretrovirale medisyne op straat verkoop.

Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle ondersoek die moontlikheid dat die beskuldigde dalk deel is van ʼn groter sindikaat. Die saak teen Ramusi is tot 18 Augustus uitgestel. Sy is voorlopig geskors.

Die departement van gesondheid in Limpopo het intussen gesê hulle sal veiligheid rondom antiretrovirale medisyne opskerp.

Antiretrovirale medisyne word dikwels ook gebruik in die vervaardiging van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarooKlong ·

Mens kry deesdae groot steel, medium steel, klein steel. Dit kan ook opgebreek word in kleurskemas om die uitslag of die straf te bepaal. Die steel beroep is definitief ‘n betalende beroep deesdae onder andere omdat dit so lank neem om jou te arresteer en ag wat jy kry borg redelik maklik en dan is die sakie sommer op die afdraende pad indien jy bereid is om ‘n meevallertjie uit te deel. Wag ek gaan eers gou vir my ‘n lotto kaartjie koop voordat ek planne kry.

Lance ·

Steel is verdomp steel !…sy moet swaar gestraf word …..steel is steel !

Griet ·

Botlokwa kliniek is nie in Pietersburg nie. Dit is omtrent so 80km noordwes geleë naby Blouberg. Groete!

Joann ·

Shame haar salaris is seker min,verpleegsters pay maar min. Hhhhaaaahhaa

susan ·

Maak gou somme – 8 jaar vir geld steel, 15 jaar vir lekkers en melk steel; miskien gaan sy wegkom daarmee dat sy enersyds dwelmvervaardigers gehelp het en andersyds noodsaaklike medisyne van siek pasiente weerhou het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.