Verpleegster in Limpopo-hospitaal verwurg

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

ʼn Verpleegster en ma van vyf kinders is na bewering Donderdag deur ʼn geestesversteurde pasiënt by ʼn hospitaal in Limpopo verwurg.

Derick Kganyago, woordvoerder van die provinsie se departement van gesondheid, het Vrydag gesê die aanval het by die gevangenesaal van die Hayani Psigiatrie-hospitaal in Thohoyandou plaasgevind.

“Die 52-jarige verpleegster was aan diens en besig met haar roetinewerk toe sy van agter af aangeval en verwurg is. Die skokkende voorval is op kringtelevisie afgeneem en wys die verpleegster het vinnig gesterf,” het Kganyago gesê.

Kganyago het gesê die departement is bekommerd oor die vlaag van geweld in psigiatrie-eenhede.

Thothi Mathuba, LUR van gesondheid, het gesê ʼn ondersoekspan wat uit psigiatriekenners en deskundiges van korrektiewe dienste bestaan, is saamgestel om die voorval te ondersoek. Die kenners sal ook raad gee oor hoe om sulke pasiënte te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gesiggie ·

Ek haal my hoed af vir hierdie verpleegsters wat met sulke mense moet werk…. hierdie mense kan enige oomblik hul kop verloor, en dit is nou wat gelei het tot die vrou se dood… indien sulke mense te erg raak, is dit maar beter om hul onder bewaking te hou, of as nie anders , dit klink meskien wreed, maar eerder dan vas te maak… of kalmeer middels te gee. So jammer vir die Ma van 5 kinders, wat so skielik moes sterf? Wat gebeur in so n geval? word die Hospitaal verantwoordelik gehou of hoe… ? want die vrou het net haar werk gedoen. Dit is baie erg

Dee ·

Arme verpleegster wat daar was om na pasiënte se welstand om te sien. Dieselfde tipe dinge gebeur egter buite die groen dakkies ook so geestesversteuring is wyer verspreid in SA as wat gedink word.

Roy ·

Oral is Sekuriteitswagte by hospitale waarvan ek weet nou hoekom is daar niks, of het hulle geslaap? maar moenie bekommerd wees Sekuriteit sal opgeknap word voorval het gebeur.

johann cb ·

Dit is baie tragies dat van die min toegewyde personeel só wreed moet sterf. Dit is nou te laat om iets daaraan te doen, maar ek hoop sekuriteit word ernstig opgeskerp in sulke instansies. Baie sterkte aan haar gesin en familie. Ons dink aan julle.

m ·

Sjoe dis tragies. Hulle sal bietjie moet kyk na beter sekuriteit wat hierdie mense betref want dieselfde gaan gebeur.

charlene ·

Hoekom was die persoon nie vas gemaak of iets nie! Die persoon is `n die gevangenis deel so die peroon het duidelik nie lekker nie. Dis omdat elke moordenaar en verkragter ens weg kom met alles en “mal” pleit! Die persoon het in die tronk gehoort – nou is `n onskuldige vrou en ma dood vir wat??!! En dan sê hulle nog sy het gou gesterf… Dit maak dit nie beter nie!!!
Stekte aan die familie

Baie hartseer ·

Dit is soooo bitter hartseer. Ek stem saam met die ander bo, daar moet beslis na sekuriteit gekyk word, ‘n persoon wat so sterk is, moet beslis beter in toom gehou word. So jammer dat ‘n toegewyde persoon so sterf. Baie sterkte vir haar kinders en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.