Verpleegster wat medisyne steel gevonnis

Die departement van gesondheid het die vonnisoplegging van ’n assistentverpleegster wat glo antiretrovirale middels by ’n kliniek gesteel het, verwelkom.

Die department het in ’n verklaring gesê sy is Vrydag 11 Augustus tot vier jaar tronkstraf of ’n R20 000-boete gevonnis vir die middels wat sy by die Botlokwa-kliniek in die Matoks-nedersetting in Limpopo gesteel het.

“Ons sal nie die lewens van ons onskuldige pasiënte op die spel plaas nie. Dit is ’n direkte oortreding van die Wet op Medisyne. Ons veroordeel sulke voorvalle van daaglikse sabotering ten sterkste – en dit deur professionele misdadigers wat juis ’n eed afgelê het om mense se lewens te help red,” het die department van gesondheid in Limpopo laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ellisras ·

Die is nou steel net om te steel. Die medisyne is gratis by klinieke te kry. Ja Mahala. So niemand wat dit vir die regte redes nodig het moet betaal vir dit nie.

Aj ·

Hulle meng dit met ander middels en rook dit. Dit kos R20 ‘n “straw”. Sy het sit seker aan die dwelmslawe verkoop wat dit rook.

Agge nee tog ·

Agge nee hoekom dit steel as jy dit ook vir niks kan kry. sy het moontlik gedink dis lekker sweeties.

Johannes van Staden ·

Kon dit nie maar zuma gewees het wat gevonnis was ….

snoefie ·

klaar gevonnis en steeds geen naambekend gemaak nie. kan beslus nie n witvrou wees nie.

Ida ·

” ‘n Profesionele misdadiger wat ñ eed afgelê het” Het ek reg gelees? Eintlik is die misdadigers deesdae profesioneel.

Eish ·

Professioneel in die Suid Afrikaanse konteks beteken slegs dat hul voltyds die ” betrekking” bekleë is nie aanduidend van bekwaamheid nie. Die eed is n nuutjie aangesien daar normaalweg groot lewensverlies saamgaan met die professionele misdadigers se beroepsbeoefening. Sinskonstruksie kan ook impliseer dat misdadigers in die department aangestel is. Dalk het die paragraaf meer waarheid as wat ons besef!

Hanna ·

Groot mark vir ARV’s in Limpopo. Selfs die HIV pasiente verkoop hul medikasie aan dwelmslawe. Word met dagga gemeng en dan gerook. Het lank in ‘n provinsiale hospitaal gewerk. Niks nuuts nie. Dieselfde met die aborsie-pille, Midoprostol. Word verkoop teen sowat R200 per pil. Al ooit gewonder oor die talle aborsie-advertensies wat orals opduik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.