Verpleegsters naby Empangeni gekaap

polisie kaping

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Drie KwaZulu-Natalse verpleegsters se motor is gekaap waarna hulle beroof en vir etlike ure aangehou is.

Desmond Motha, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die drie verpleegsters het Woensdag aan ʼn uitreikprogram deelgeneem en was op pad terug na die Ngwelezane-hospitaal waar hulle werk toe hul motor gekaap is.

“Die verpleegsters se motor is deur ʼn ander motor verbygesteek waarna die ander motor tot stilstand gekom en die pad geblokkeer het. Drie gewapende mans het uit die motor gespring en na die verpleegsters se motor gehardloop.”

Volgens Motha het hulle die verpleegsters se besittings geëis. “Hulle het selfone, bankkaarte en juwele gevat. Die verpleegsters is in die kapers se motor ingedwing waarna die kapers in ʼn veld in die Ntabanana-area ingery het en nog twee verdagtes by hulle aangesluit het.”

Motha het gesê drie van die kapers het toe gery en die verpleegsters is saam met die twee ander verdagtes in die veld agtergelaat. “Een van die verdagtes het een van die verpleegsters vir seks gevra. Sy het vir hom gesê sy is MIV-positief. Die verdagtes het die verpleegsters later verder die veld ingeneem voordat hulle gevlug het. Die verpleegsters het by nabygeleë huise hulp ontbied.”

Volgens Motha het Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, Donderdag die verpleegsters ontmoet.

ʼn Totaal van 18 van die departement se voertuie is tot dusver in die Uthunguku-distrik, wat Richardsbaai en Empangeni insluit, gekaap.

Die polisie was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

En wat het die departement tot dusver gedoen omtrent die 18 voertuie?
Word hierdie voertuie vir die regte doel aangewend?

Wat-ek-lees ·

“Vir seks gevra”? Ga, dis nou ‘n hoflike verkragter. Genadiglik is sy ‘n flinkdinker en kon die vuilgoed afskrik.
Nog ‘n punt vir regter Jansen.

Anti DA ·

Regter Jansen was nog altyd reg maar weens Suid-Afrika se verlede is dit polities nie korrek om “‘n spade a spade” te noem nie en om ‘n probleem aan te spreek sonder om ‘n “rassis “wat dit ook al beteken te wees nie en ek dink die grootste probleme in Suid-Afrika kan opgelos word deur eerlik te wees en te vergeet van kleur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.