Verpleegsters trap ma glo uit toe baba sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse departement van gesondheid het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat berigte van ʼn swanger vrou se gru-ervaring by die Rahima Moosa-hospitaal in Johannesburg, waartydens haar baba dood is, aan die lig gekom het.

Die vrou wie se naam nie bekend is nie, is Maandagaand in die ginekologie-saal van die hospitaal opgeneem. Sy was vyf maande swanger.

Stephanie Duiker, ʼn pasiënt wat in dieselfde saal behandel is, het aan Maroela Media gesê die vrou was ooglopend in pyn en het gekreun vandat sy opgeneem is. Sy het deurentyd die verpleegsters om hulp gevra, maar hulle het haar geïgnoreer.

“Sy het die verpleegsters geroep waar hulle by die verpleegstasie in die gang gestaan het, maar niemand het haar kom help nie. Naderhand het sy opgestaan en na hulle toe gestap en gevra dat iemand haar badkamer toe help,” het Duiker vertel. “Die verpleegsters het op haar geskree sy moet teruggaan bed toe, gesê sy is ‘stupid’ en die dokter het haar klaar gesê wat aangaan, sy moet net gaan lê.”

Die vrou het daarna glo teruggekeer na haar bed, maar haar pyn het skynbaar net erger geword. “Sy was naderhand op haar knieë en sy het geskree van die pyn. Ons almal in die saal het die verpleegsters geroep en geroep, maar niemand wou kom nie,” het Duiker gesê.

“Die volgende oomblik is die baba gebore terwyl sy so op haar bed gesit het. Ons almal kon die baba sien en sy borsie het so op en af beweeg soos hy probeer het om asem te haal. Die vrou het geskree, ‘Verpleegster, kom help my! My baba lewe nog, my baba lewe!’, maar hulle het nie gekom nie. Sy het probeer om die slym uit die baba se neusie te vee sodat hy kon asemhaal, maar dit was tevergeefs. Die baba is net daar op daardie bed dood.”

Duiker het gesê die verpleegsters het in die kamer ingekom toe die baba reeds dood was en die vrou uitgetrap omdat die bed vol bloed was. Hulle het daarna glo die baba se liggaam in ʼn linnebeskermer toegedraai en weggeneem en die vrou aangesê om dadelik haarself in die badkamer te gaan was terwyl hulle die beddegoed omruil.

“Die ma het so gehuil, sy was histeries,” het Duiker gesê. “Toe sy terugkom van die badkamer af, het sy nog steeds gehuil en die verpleegster het vir haar gesê sy moet ophou simpel wees, want die dokter het mos vir haar gesê wat gaan gebeur. Sy moes daarna op ‘n stoel langs haar bed wag terwyl die verpleegster ʼn skoon hospitaaljurk gaan haal het.”

Duiker het gesê sy vermoed die vrou was net vyf maande swanger toe sy vroeg in kraam gegaan het. Sy was vermoedelik onder die indruk dat haar baba doodgebore sou word, maar hy het onverwags nog gelewe toe hy gebore is.

“Die volgende dag het ons almal vir die matrone aan diens gesê ons wil ʼn klag indien oor die voorval, want behalwe vir die ma wat deur die vreeslike trauma moes gaan, moes al die vrouens kyk hoe die baba reg voor sy ma se oë doodgaan. Dit was verskriklik,” het Duiker gesê.

“Die matrone het ons gehelp om die klagtevorms in te vul en die volgende dag is al die vrouens wat in daardie saal was, ontslaan. Ek het nog nie eers behandeling ontvang nie en het op ʼn operasie gewag. Hulle het my net huis toe gestuur met pynstillers sonder ʼn verduideliking.”

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê ʼn ondersoek na die voorval word gedoen en die drie verpleegsters is geïdentifiseer. Hy het egter ontken dat die verpleegsters se optrede die baba se dood veroorsaak het. “Die verpleegsters het nie die baba se dood veroorsaak nie. Die pasiënt was vyf maande swanger. Wanneer babas so vroeg gebore word, is hul kans op oorlewing baie skraal,” het hy gesê.

“Hoewel die verpleegsters nie die dood van die baba veroorsaak het nie, was hulle nie behulpsaam toe die pasiënt hulp benodig het nie. Dissiplinêre stappe sal fokus op korrektiewe maatreëls.”

Hy het gesê die ma het vooraf berading ontvang en is ingelig dat ʼn swangerskap van vyf maande nie ʼn lewensvatbare baba sal oplewer nie. Sy is aangesê om met haar volgende swangerskap reeds op agt weke by haar naaste kliniek aan te klop om die swangerskap te laat monitor. “Sulke miskrame gebeur soms. [Die ma] is psigososiale dienste by die hospitaal aangebied wat aan vrouens gebied word wat deur miskrame gaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Yvonne ·

SKOKKEND!! SKOKKEND!!
Mag ek vra vir wat het julle besluit om verpleegsters / Dokters / Matrone ens te word, julle het ‘n eed geneem dat julle almal sal help. En kyk nou net!
Julle is PATETIES! Dis skokkend dat sulke laakbare onmenslike gedrag deesdae in ons hospitale heers. Nie eens diere sal so optree nie, vir wat is julle dan daar?
Hoe sal julle daarvan hou as iemand so onmenslik en wreed teenoor julle optree
Ons land verval in chaos en dis so ongelooflik sad om alles te aanskou

Manie ·

Is dit dan nou nodig dat die Ma moet ly en pyn verduur sonder dat enige verpleegster haar bystaan. Die verpleegsters moet aangekla wprd van mishandeling en wat daar ook al os om hulle dieselde pyn en leed te besorg
Sies man dit is onmenslik!!!

Eddie ·

As mens die Nurse’s Pledge lees, dan beteken dit dat Steve Mabona ook sy werk moet verloor aangesien hy dink dat daar net korrektief opgetree moet word!!

Nurses’ Pledge of Service

I solemnly pledge myself to the service of humanity and will endeavour to practise my profession with conscience and with dignity.

I will maintain, by all the means in my power, the honour and noble tradition of my profession.

The total health of my patients will be my first consideration.

I will hold in confidence all personal matters coming to my knowledge.

I will not permit consideration of religion, nationality, race or social standing to intervene between my duty and my patient.

I will maintain the utmost respect for human life.

I make these promises solemnly, freely and upon my honour.

Liezl ·

Ongelukkig het almal wat die eed afgele het nie die insig en begeerte om dit gestand te doen nie. Dit is pynlik om te sien Hoe n eerbare professie stadig sterf.

Wynand ·

skokkend!! Soos iets uit n Horror movie!!! Hoop regtig die saak word nie net daar gelaat nie!! Diere is nie eers so wreed nie!!

Theodeen ·

Hoe lewe jy met jou gewete saam? Dalk kon daar n wonderwerkie gebeur en daai klein mensie kon dit dalk gemaak het as jy wat jouself n verpleegster noem net n bietjie menslikheid gehad het en daai mamma gaan help het. Ek hoop die dag as jy in daai situasie is sal wie ookal jou moet help vir jou ook se jys simpel. En ek hoop die dag as dit gebeur dat jy hierdie mamma se gesig sal onthou en dat hierdie hartseer jou elke dag van jou betekenlose lewe sal ry want dis mense soos jy wat hierdie samelewing ondraaglik maak.

gerda ·

die land kan nie hulle werk doen nie, wat beteken almal gaan hul werk self begin doen en mens raak woedend.

Pieter V ·

Daardie verpleegters het nie gewetes nie.In die eerste plek het hulle nie hulle werk gedoen nie en dit alleen is genoeg rede dat jou gewete jou moet pla. Tweedens as jy nie jou werk doen nie steel jy jou salaris.Wat probeer hulle toesmeer om al die pasiente huistoe te stuur,Ek hoop hierdie saak word nie daar gelaat nie

Pieter V ·

Daardie verpleegsters het geen gewetes, want as jy `n gewete het sal jy jou werk doen,as jy nie jou werk doen, steel jy, as jy steel het jy geen gewete .As hulle aangekla word sal die saak seker jare neem soos so baie sake in ons land want daar word ook nie gewerk nie

johan ·

Presies daar word alreeds net gepraat van regstellende optrede niks gaan gebeur nie die feit dat die regte optrede skorsing hangende die ondersoek moet wees tel mos niks. Nee wat hul sal nog bevordering kry met verplasing kyk maar.

Theresa ·

En met die tipe van behandeling moet almal in die land net tevrede wees.. Wa is trots heen wat daar in ons werksplekke was en praat ek nie eers van die trots om verpleegster te wees nie. Alles verval en dit sien ons dag vi dag voor ons oe vergaan en moet ons dit net swyend aanvaar en sorg dat jou belastings betaal word…… Ek eis vi die dag wanne ek in ‘n hospitaal moet wees vi belangrike operasie. Is die verpleegters regtig bevoeg om da te wees of is die meeste net da vi die salaris….. Dankie wel vi die verpleegsters wie geroep is vi die belangrike taak en met hierdie soort gebeure ook in slegte lig gestel word…..

tina ·

Ek het nie woorde nie!!! Hierdie ‘verpleegsters, matrone, en dokter’ is nie werd om in die geneeskundige beroep te staan nie..Hierdie mamma moes magteloos toekyk..ek sou om die minste te se, van my kop af raak!!!.ASSEBLIEF TOG…Name en shame hierdie hospitaal; waar dit gelee is, sodat hierdie lot nie ander tref…Rahima moosa hospitaal, – waar in Johannesburg is dit?
Hoe weet hierdie woordvoerder of hierdie baba dit nie sou maak, as sy deeglik onder observasie gehou is? Die kleintjie het volgens ooggetuies, gesien dat baba sukkel om asem te haal.
Geen respek, geen menslikheid…nee wat, kla hulle ALMAL aan…die hospitaal,dokter, verpleegsters, gesondheids minister en almal wat hierdie ONBEVOEGDES,aangestel het. Vermetelheid!!
Vir die mamma: Ek ia SO jammer vir jou. My hart skeur vir jou. Mag jy vertroosting vind in Jesus se arms. Sterkte. Bid vir jou.

AMANDA Oosthuysen ·

Ek sit met trane in my oë. Ek wens so ek kon vir jou sê ons verpleeegsters is nie almal so nie. Vandag is ek skaam oor my kollegas se gedrag, skaam om in dieselfde kategorie geplaas te word.. Hierdie verpleegsters gee n edel beroep n slegte naam.

Liezl ·

Dis presies hoe ek voel. Ek skaam my vir my kollegas. Daar is baie goeie “ou skool” verpleegkundiges. Maar ongelukkig, net soveel onbevoegde “nuwe generasie” verpleegkundiges. Die SANC doen ook niks daaraan nie want bair van hulle is onbevoeg vir hul poste

Lelanie ·

Absoluut twak…. babas van 5 maande het al oorleef met die regte mediese sorg. Dit is skokkend dat so iets gebeur waar jy veronderstel is om gehelp te word. Ek kan net dink hoe traumaties dit moes wees vir almal wat dit moes aanskou en nog erger vir die ma. Die verpleegsters is defnitief nie bevoeg om so pos te beklee nie.

Joey ·

Die verpleegsters is niks anders as moordenaars nie – hulle het ‘n eed afgelê wat duidelik vir hul NIKS beteken nie. Hul werk is beslis ‘n beroep en nie ‘n roeping. Die baba het ‘n regverdige kans verdien – al sou baba steeds sterf kon dit meer menswaardig geskied het. Ek kan my indink hoe getramautiseerd die ander pasiente moet wees. Hoop die pasiente staan saam en die verpleegsters behoort identifiseer te word in die openbaar – geen respek vir hulle nie. SIES!

Inge ·

Is hierdie ‘n staatshospitaal? Dit gaan my verstand te bowe dat hierdie die tipe diens is waarvoor sommige suid afrikaners elke verkiesing stem. Dit is hartseer , dat al sou hierdie mamma haar baba verloor het(dit is nou as ek die inhoud reg verstaan) moes sy saam met haar dr in ten minste ‘n privaat kamer gewees het tot alles verby was. Waar was haar dr? Ten minste sou daar vir haar en haar baba ‘ n mate van waardigheid gewees het en dalk wie weet,’n kans vir die baba op oorlewing al is dit hoe gering. Maar alles kom neer op ‘ n gebrek aan respek vir jou medemens. Hopelik is hierdie verpleegsters en dr nooit in ‘ n situasie waar hulle lewe of die van ‘ n geliefde afhang van ‘n ander persoon nie.

Louise Schoeman ·

Hoe absoluut hartverskeurend! Dink net wat kon ‘n bietjie empatie en liefde vir hierdie ma beteken het – daardie verpleegsters hoort nie in die beroep nie.

Dr DA du Toit ·

Die saak is reeds by die SA Verpleegstersraad gerapporteer – ons wag om te hoor wat hulle optrede in hierdie tragiese en skokkende situasie gaan wees. Daar sal waarskynlik dissiplinêre stappe geneem word. Verpleging is ‘n trotse en edel professie en behoort nie in die lig van die optrede van hierdie soort verpleegkundiges oor dieselfde kam geskeer word nie. Sodanige gedrag word deur vele professionele verpleegkundiges verafsku.

Hester ·

Dr, ek is al 4 jaar besig met die mediese raad nadat ‘n sogenaamde dokter besluit het my kind is dronk na ‘n motorongeluk en hy het hom letterlik doodgebloei van binne. Nodeloos om te sê die patalogiese verslag het getoon dat daar hy nie dronk was soos beweer nie!
Dit is baie moelik om nie te haat nie – die sogenaamde dokters weet nie wat hulle doen aan ‘n ouer nie!

hester ·

En die ergste van alles – my kind is met ‘n mediese kaart in sy sak oorlede nadat de dr besluit het hy is net dronk!

heleen ·

Ek sou graag daar wou wees om menslikheid in n paar mense se koppe te laat in klap. Ek sou graag die mamma net wou vashou en saam haar huil. Om die dood van n kindjie te verwerk is kla erg genoeg. Nou moet sy nog met die onthou saam leef dat haar kindji in haar arms gelewe het en dat daar niks vir baba gedoen was. Hulle is verantwoordlik vir baba se dood en niemand gaan my anders probeer wys maak. Elke persoon het die reg op behandeling. Ons is almal opad na ons dood beteken dit dan dat niemand van ons behandeling gaan kry nie? Dan kan die hospitale mos maar toe maak. Ek sterf eerder by my huis as om te smeek vir hulp by n hospitaal. Hiermee wil ek dan ok net baie dankie se aan die verpleegsters by moglakeng kliniek wat my en my baba se lewe gered het. Julle en verpeegsters soos julle gee mens nog hoop.

ladybug ·

Toe ek ‘n kind was, het ons almal na staats hospitale gegaan en die diens was net so goed, indien nie beter, as die van die privaat hospitale, personeel was vriendelik, behulpsaam en mens kon sien dit is hul passie.
Deesdae sterf meer mense in provinsiale hospitale oor die onbevoegdheid, emosielose, verpleegpersoneel. Dis ‘n skande, ‘n skreiende skande!

Koos ·

Stop die lorrie!! Dit is bitter erg wat met die mamma gebeur het, en my hart gaan uit na haar, maar moenie nou staan en alle staats (opleidings) hospitale veroordeel nie. Ek was die naweek in die Steve Biko hospital en gevind dat dit in amper alle vlakke met privaat hospitale kan meeding, en ek dink selfs wen! Sowat 4 jaar gelede is ‘n familie lid van my ook daar behandel en is oorlede, maar van die diens kan ek nie kla nie. Jou gesindheid teenoor die hospitaal kan jou ondervinding beinvloed. Verstaan my asb reg, ek verontskulding nie die betrokkenes van die berig hierbo nie, maar ons moet onthou om in alles perspetief te he. O ja, ek werk ook nie vir die Dept. van Gesondheid of universitiet van Pretoria nie!

sheney ·

Ek hoop regtig n saak van nalatigheid gaan hier oopgemaak word want daai babatjie hetbasem gehaal en hy kon nog gelewe het as die susters nie so nalatig was! Dis pateties en ek hoop sybgee daai suster aan by die vereniging om naamskending ook! Hoop sy vat die saak so ver moontlik want sulke slegte susters hoort nie in ons hospitale nie! Hoop syt n geweete en kan nie slaap in dir nag laat sy as suster n lewe ge eis het! Sies man die wiel draai!

alida ·

Staatshospitale was van die bestes in SA in die ou bedeling. Net die beste Dr’s en verpleegsters het daar gewerk. Die hospitale was skitterskoon en het puik diens gelewer. Wat ‘n jammerte dat alles en ek bedoel alles verval en verwoes is. Die staat bou groot duur hospitale maar toerusting ontbreek en stel nie bevoegde personeel aan om dit te bestuur nie. Wat ‘n klug!!!

SNEL ·

Dis vreeslik en skokkend om te lees hoe die arme vrou in n tyd van nood behandel was. Ek het jare terug deur n miskraam gegaan (die twee kan nie vergelyk word nie) maar ek was ook deur n dokter aan my eie genade oorgelaat toe die swangerskap begin skeefloop. Na die tyd het ek gevoel, al moes ek op die einde n miskraam hê, dink ek ek sou dit beter hanteer het as die dokter my bygestaan en gehelp het. Hier kan ek dieselfde sê, die babatjie kon leef of miskien nie, maar goeiste, help die mamma, staan haar by en doen dan julle aller beste vir die babatjie ook, dan weet mens mos hulle het alles in hulle vermoeë gedoen en haar ondersteun deur die hele trauma. Die vroutjie moet sielkundige hulp kry. Ek dink sy is deur vreeslik baie. Ek hoop ook regtig sy dagvaar hulle, daai babatjie was nie eers n kans gegee nie en om nie eers te praat van hoe hulle haar behandel het en met haar gepraat het nie. Dis vreeslik. My hart breek in stukke vir haar. Miskien is dit nog haar eerste kindjie en wat n nare onderwinding, hoe bang gaan sy nou nie met die volgende swangerskap wees nie.

Helena ·

Ja, dit is nogal waar dat daar is wel “onetiese” verpleeg personeel wat glad nie omgee wat hulle doen nie, net solank hulle aan die einde van die maand ‘n salaris ontvang. Dis skokkend om te dink dat hulle besluit wie mag lewe en wie nie. Is hulle dalk GOD om te besluit oor ‘n lewe. daardie kindjie kon gelewe het as hulle net hul “eed” teenoor hom/haar toegepas het. Enige mens hetsy groot of klein het ‘n reg om te lewe met die bereidheid van mediese personeel. Is dit dalk ‘n rasse situasie?

Cornette ·

Die hartseer is dat daar actually nog verpleeg personeel en dokters is wat werklik omgee, maar hulle is in die minderheid veral in staatshospitale. Ek self was in ‘n staatshospitaal sewe maande terug met die geboorte van my jongste seuntjie. Ek is 2 dae voor die keiser ingeboek by die hospitaal en vroeg die Woensdag oggend gedoen. Ek was gelukkig, want toe die dokter wou hande was na die keiser toe is die water en suurstof klaar en moes die ander dames se keisers uitgestel word tot die Vrydag. Nuwe personeel het 12uur aan diens gekom vir hulle week se skofte. In die vroeë oggend ure van Donderdag wou ek die badkamer gebruik. Daar was nie ‘n enkele skoon badkamer nie. Ek het een van die verpleeg personeel gevra of iemand asb net een van die toilette kan skoonmaak, ek het ‘n emmer water en ‘n mop gekry met die opdrag om self skoon te maak aangesien die cleaner sê dis nie nou tyd vir badkamers skoonmaak nie. Daar is van my verwag om met ‘n vars keiserwond ander dames se bloed skoon te mop. Ek het my man gebel om my onmiddelik te kom haal en myself en my seuntjie self uitgeboek uit die hospitaal. Aan die dames wat na my omgesien het vanaf Maandag middag tot Woensdag 12 uur sê ek dankie. Julle was vriendelik en behulpsaam en het selfs dat ek my eie beddegoedjies en klere gebruik.

Estee ·

Ek moet hierdie verpleegsters in die hande kry!!!
Die wiel gaan draai vir hulle!!! Daai arme arma mamma!! Ek was daar..Bid vir jou! Hierdie hospitaal en sy (kry nie eens ‘n naam vir die gedrag nie) moet oral in publiek verskyn, dat almal kan sien hoe lyk sulke mense. Spaar asb die ondraaglike hartseer vir ander mamma’s!!!!!!

Elfie ·

STEVE MOBANA – ek is bly jy is die absolute kundige hier – ek weet van hope gevalle waar babas op daadie ouderdom gebore is EN bly leef het danksy goeie, professionele hulp en diens. Moenie opkom vir hierdie sleg personeel nie, hoe durf jy hul wandade probeer toesmeer?

Lilllie ·

AAAAAAG bog man nie die verpleegster se skuld nie natuurlik het hulle deel daarin hoekom haar dan nie gehelp nie, my suster het ook ‘n miskraam gehad op 5 maande en al die verpleegsters van daardie tyd het haar bygestaan

neelsie ·

Sal graag n geheime video- verslag wil sien hoe dit in die staatshospitale gaan.
Glo nie, ons wat nooit daar kom , het n idee hoe dit daar gaan nie.
Het simpatie met daardie pasiente.
As mens sien hoe hulle kan toi-toi!!!

Arizona ·

Neelsie jy gaan geskok wees. Kom ek gee jou n voorbeeld. Johannesburg Hospitaal was eens op n tyd van die best hospitale in die land. Vandag gaan jy gelukkig wees as jy opgeneem word en nie sterf van n sekondêre infeksie nie. My seun 19 is so 2 maande gelede na die ongevalle gehaas omdat hulle gedink het hy kry n hartaanval. Die diens was skokkend. Die hospitaal is vuil. Daar is geen toilette wat skoon genoeg is om gebruik te word nie. Mense met oop wonde sit in ontvangs en bloei die hele plek vol. Die stank kan ek nie eers vir jou verduidelik nie. Ek het ook n operasie nodig en het nie n mediese fonds nie maar ek sterf liewer in my huis voor ek in die vuil staats hospitale sterf. Daar is nie een staat hospitaal in Suid Afrika wat hulle sout werd is nie. Vergelyk die staats hospitale maar met n vark pen, dis die idee wat jy sal kry. Van video opnames is daar geen sprake nie want sodra die sekuriteits beamptes jou sien met jou cell foon fotos vat dreig hulle om jou foon te vat tot jy die fotos verwyder.

Sandra ·

Ek het nie woorde om hierdie voorval te beskryf nie. Verpleegsters nee, ongeletterd ja.

Marlene ·

My kleindogter is in die hospitaal 3 jaar gelede gebore en ek het eerste handse ervaring met daai verpleegsters. Hulle is seker die ongeskikste ongemanierste mees onprofessionele “verpleegsters” wat ek nog in my lewe teegekom het. Die sekuriteits beamptes was meer behulpsaam en vriendeliker. In die 24 uur wat my dogter daar was, was daar nie EEN verpleegster wat eens ‘n smile of ‘n groet in haar gehad het nie. Almal het gelyk of hule gedwing word om daar te wees. Al wat hulle goed kon doen was om te staan en kekkel en eet! Ek het werklik verstom gestaan om hierdie onaangename ervaring te beleef en het met groot hartseer gedink aan die wonderlike hospitaal wat die ou “Coronation” was.

Tascha ·

Dit is ongelooflik hoe laakbaar en gemeen diegene in diens van die staat kan optree – ek het my 1ste babatjie ook verloor in Coronation Hospitaal my oudste dogter en seun is in privaat hospitale gebore en ons laat lammetjie is verlede jaar in Kalafong gebore. Ek het in my lewe nog nooit so iets beleef nie, ek is net bly ons het dit albei oorleef. Buiten die feit dat daar nie linne was toe ek my keiser gekry het nie moes hulle die spinale blok drie keer doen om dit reg te kry die beddens in die kraam saal is so hoog dat jy met ‘n stoeltjie op en af moet klim en dit nadat jy ‘n keiser gehad het, hulle het ook nie baba wiegies nie jou baba slaap saam jou op die bed. Ek het bitter min geslaap ek was so bang dat my baba dalk van die bed sal afval. Verder is die toilet en badgeriewe so vuil en geen verpleegster help jou nie jy moet self jou bed skoon oortrek elke oggend en in ‘n ry gaan staan sodat hulle jou vitals kan check en jou pynpille vir jou kan gee. Nee, wat ons staatsdiens is ‘n grap!!

Elfie ·

As ek enige vrou kan raadgee, doen jou huiswerk BAIE goed en hê ‘n tuisgeboorte. Praat met jou dr, kry name van vroedvroue en ek waarborg jou dit gaan BAIE beter met jou enjou baba gaan as in enige van die hospitale. Personeel was nie eers altyd hul hande nie, nou moe thul jou klein baba hanteer – nee wat. Dit kan gedoen word. Doen deeglike navorsing en lees alles op en met geoie hulp sal ek dit beslis duisend keer eerder doen as om na een van hierdie hole te gaan. sorg ook dat jy met jou dr reel sou iets dalk verkeerd gaan jy ‘n noodnommer het en jy bystand kry maar andersins waarborg ek jou dis ‘n beter opsie.

pop ·

Neem videos en hang dit aan die groot klok. You Tube word wereldwyd gekyk. Kyk net die bohaai oor die leeu. Is geregtigheid vir n baba nie meer werd nie.

Lea ·

Liewe Jemel…maar dit klink na ‘n makabere storie uit Donkere Afrika uit. Wat gaan aan met die mensdom ….en waar gaan ons heen? Daai arme ma, en ander pasiënte. Behoede my asb tog.

Retha ·

Deesdae se verpleegsters is nie meer gebind aan hulle Code of Conduct van Verpleging nie. Dis ‘n werk van afskeep en mense lewens vernietig en doen wat jy wil. Wys my ‘n goeie hospital wat nog ordentlike verpleeg personeel het waarop jy kan staat maak. Hulle is nie meer menslik nie en gee nie ‘n duiwel vir die pasiente om nie. Die hospitale is deesdae die plek waar jy doodgaan sonder om werklik siek te wees. Hulle maak jou siek met hulle vuil instumente, vuil hospitale en hordes kieme. Kyk hoeveel mense gaan dood aan septisisme. Die moes oor YouTube bekend gemaak gewees het dat die wereld kan sien.

Marléne ·

Ek het hoendervleis reg oor my hele liggaam. My hart bloei vir die jong moedertjie wat haar babatjie nie eens kon vashou nie. Hartverskeurend sulke onmenslike gedrag van verpleeg personeel in enige hoedanigheid mag nie geduld word nie. Hoop daadwerklik daar word ernstig teen diegene opgetree sodat ‘n herhaaling vermy mag word. Sterkte aan die moedertjie. Ek bid jou sterkte/genesing toe. Jou babatjie is nou in Jesus se arms, tot jul weer ontmoet.

Marlene ·

Ek het hoendervleis reg oor my hele liggaam. My hart bloei vir die jong moedertjie wat haar babatjie nie eens kon vashou nie. Hartverskeurend sulke onmenslike gedrag van verpleeg personeel in enige hoedanigheid mag nie geduld word nie. Hoop daar word daadwerklik ernstig teen diegene opgetree sodat ‘n herhaaling vermy mag word. Sterkte aan die moedertjie. Ek bid jou sterkte/genesing toe. Jou babatjie is nou in Jesus se arms, tot jul weer ontmoet.

Anna-Marie ·

Ek kan nie verstaan dat die mense nog toegelaat word om met pasiente te werk nie. Ek sal nie eers toelaat dat hulle naby my honde kom nie !!! Wat ‘n verskriklike onreg is daar nie gepleeg nie , aan ‘n mamma en haar baba . My hart huil vir die mensie !!!! Sulke gevalle sal aanhou voorkom totdat die kundiges en nie die voorheen benadeelde in diens geneem word nie . Vir hulle is dit nie ‘n roeping nie, maar ‘n skof wat voltooi moet word met die minste moontlike moeite en ‘n ONVERDIENDE salaris aan die einde van die maand .

Wanda ·

Dis onmenslik wat hulle aan daai ma gedoen het. En ja dis die verpleegsters se skuld dat die baba dood is, want op 5 maande kan baba oorleef. Mens noem dit omgee en moeite. Ek hoop al daai mammas wat klagtes ingedien het maak saak teen hospitaal en verpleegsters. Ek is jammer vir die mamma wat haar babatjie moes verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.