Verpleër vas ná moord op 4-jarige

Die verpleër wat in hegtenis geneem is na Naledi se liggaam gevind is. Foto: SAPD

Die soektog na die vermiste vierjarige Naledi Chaka het tragies geëindig toe haar liggaam in ʼn puttoilet gevind is.

Naledi van Selosesha buite Bloemfontein is Sondag as vermis aangemeld. Volgens sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, is Naledi se liggaam Donderdag gevind.

“Haar liggaam is gevind nadat beamptes Woensdag van haar klere in ʼn straat naby haar ouerhuis gevind het.”

Tydens die polisie se ondersoek het een van die kinders wat Sondag saam met Naledi gespeel het voor sy verdwyn het, gesê Naledi is die laaste keer saam met ʼn sekere man gesien.

Die toneel waar Naledi se liggaam gevind is. Foto: SAPD

“Beamptes is na die verdagte se woning wat hy huur en terwyl hulle daar ondersoek ingestel het, is Naledi se liggaam in die puttoilet gevind. Soek- en reddingsdienste is na die toneel ontbied om die liggaam uit die puttoilet te haal.”

Die 36-jarige verdagte, ʼn verpleër by die Botshabelo-hospitaal, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering en moord.

Xuma het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal bepaal of Naledi dalk ook verkrag is.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het die moord ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die ondersoekspan gedoen om te verseker dat geregtigheid vir Naledi sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mika ·

Die kind wat van Sondag al weet dat Naledi saam met die “sekere man” geloop het en eers Donderdag vertel het, se gat moet slae kry.

Santjie ·

Waar sien jy dat die kind eers gister vertel het van die sekere man?

Stukkend ·

My hart breuk in stukke!!

Hoe siek moet jy wees! Laat die gemeenskap hom oordeel! ????????

Wielspore ·

Hoe kan ‘n volwasse persoon sy hande lig vir ‘n 4 jare kind en sodoende haar dood veroorsaak, waarskynlik alles net vir sy eie slegte seksuele behoeftes.
Hierdie soort oortreding vedien die doodstraf!

Piet kokewiet ·

Tussen poliesie en verplieers … hmm ek se mar niks..

Rina is moedeloos ·

Kyk genoeg is genoeg. Ek gee nie om of dit n wit kind of n swart kind is nie, en of in watse omstandighede daai kind groot word nie. Maar geen kind’tjie verdien om dood gemaak te word en dan in n toiletpit gegooi of gelos te word nie.

Het die land dan nie meer as genoeg rede al begin insien om die doodstraf terug te bring. Ons tronke loop al oor van die moordenaars. Hulle word tog net weer vrygelaat om tog weer te gaan moor.

En nog erger, hy is n verpliëer. Dit gaan my vestand te bowe – lê hulle dan nie n eed af om eerder n lewe te wil red as om te neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.