‘Verplig inenting, beperkings vir ongeëntes’ – Nedlac

Nedlac het ná intensiewe beraadslaging oor die kwessie ook aanbeveel dat sekere venues, byeenkomste en funksies in die gasvryheidsbedryf beperk word tot diegene wat reeds ingeënt is. (Foto: Daniel Leal/AFP)

Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, beter bekend as Nedlac, beveel aan dat inenting teen Covid-19 verplig word waar “ʼn risiko-ontleding in die werkplek dit vereis”.

Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, sê Nedlac het ná intensiewe beraadslaging oor die kwessie ook aanbeveel dat sekere venues, byeenkomste en funksies in die gasvryheidsbedryf beperk word tot diegene wat reeds ingeënt is. Nxesi het ʼn vergadering van Nedlac vroeër vandag toegespreek.

“Die maatskaplike vennote het ooreengekom dat om inenting te bevorder en die land teen inperking te beskerm, moet werkplekke van werkers vereis om ingeënt te word om beroepsgesondheid en ‑veiligheid moontlik te maak en dat toegang tot sekere venues en byeenkomste tot ingeënte mense beperk word,” het Lisa Seftel, uitvoerende direkteur van Nedlac gesê.

Die aanbeveling word onder die aandag van die nasionale koronavirusbevelsraad gebring wat op sy beurt aanbevelings aan die kabinet doen.

Die besluit kom te midde van die identifisering van die nuwe Omikron-variant en vrese dat dit veel meer aansteeklik is. Pres. Cyril Ramaphosa het ook verlede Sondag gesê die regering gaan nou die moontlikheid ondersoek om inenting te verplig, in ʼn poging om die verspreiding van die virus te stuit. Die president het die land nietemin op vlak 1 van die afsonderingsregulasies gehou.

Die nasionale koronavirusbevelsraad vergader na verwagting weer vandeesweek en die kwessie van verpligte inentings sal na verwagting weer daar bespreek word.

Volgens Nedlac moet besluite vinnig geneem word sodat die inentingskoers verbeter kan word en die negatiewe uitwerking van ʼn vierde vlaag verminder kan word.

Hoewel die raad en sy vennote glo dat entstofmandate die toets vir grondwetlikheid sal slaag, steun Nedlac steeds pogings van Business Unity South Africa (Busa) om in die nuwe jaar behoorlike uitsluitsel daaroor in die Konstitusionele Hof te kry.

Nxesi sê inenting en die bekamping van Covid-19 is onlosmaaklik deel van ekonomiese herstel.

Solidariteit waarsku egter in ʼn nuwe verslag dat verpligte inenting as beleid kan misluk en vra dat die kwessie versigtig opgeweeg word.

Luidens die verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut gaan ʼn entstofmandaat na alle waarskynlikheid presies die teenoorgestelde bereik van wat dit wil bereik. Die beweging moedig mense aan om ingeënt te word sou hulle só verkies en sê dit is weens sy pro-entstofposisie dat Solidariteit verpligte inenting bevraagteken as die beste manier om ʼn hoë inentingskoers en ʼn einde aan die pandemie te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

86 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ilze

Ag asseblief tog!!!

casper

1. Inentings verhoed nie dat jy Covid kry nie – dit bekamp net die gevolge.
2. Natuurlike immuniteit waarborg ook nie dat jy nie weer Covid kan kry nie.
3. Inentings stop nie dat jy Covid kan versprei nie – so as dit nie verspreiding bekamp nie wat is die doel ????????

bobmartin

Hoe kan inenting en die bekamping van Covid-19 onlosmaaklik deel van ekonomiese herstel wees as die regering dit bly opneuk? Ek meen die regering weet nie eers waar die verlore R500 Biljoen in 2020 is. Wat nog van ekonomie probeer herstel.

werner

Vraag,as ek nie of as ek wil ,hoekom is dit reg om jou keuse van inenting te verdedig,as ek nie wil inge-ent word wil jy my keuse van my weg dwing,jy het mos nou n tipe van n “antidote” in jou liggaam,waarvoor is jy Dan nou vrees bevange,hoekom wil jy alleen reg besit oor die besluit ,maar ek mag nie my reg om keuse gebruik,wie is jy Dan nou om my liggaam ,denke en lewens reg te ontneem.

Delene

My Liggaam! My Keuse! Wat verstaan hierdie mense nie?!