‘Verpligte’ beurtkrag lei tot Vaalrivier-besoedeling

Besoedeling in die Vaalrivier (Foto verskaf)

Die Ngwathe- plaaslike munisipaliteit (Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies, Edenville) word weens Eskom se weiering om substasiekapasiteit te vergroot, genoodsaak om hom skuldig te maak aan die besoedeling van die Vaalrivier deur verpligte beurtkrag toe te pas.

Só sê Phillip van der Merwe, VF Plus-raadslid van die munisipaliteit. “Benewens die ekonomiese impak wat deurlopende beurtkrag op die plaaslike ekonomie het, word sommige noodsaaklike dienste soos hospitale, rioolpompe, watervoorsiening en rioolbehandelingsaanlegte óók noodwendig van elektrisiteitstoevoer afgesny,” het hy verduidelik.

Rioolvuil, wat ook bloed uit plaaslike abattoirs bevat, vloei weens rioolpompe wat staan as gevolg van beurtkrag, direk in die Vaalrivier in wat groot gesondheidsrisiko’s vir inwoners sowel as die omgewing inhou. Die Vaalrivier is ‘n noodsaaklike waterbron wat water aan miljoene Suid-Afrikaners verskaf.

“Beurtkrag word in hierdie munisipaliteit geïmplementeer omdat die huidige elektrisiteitsverbruik van die munisipaliteit die kapasiteit wat die Eskom-substasie tans kan lewer, oorskry. Die enigste blywende oplossing hiervoor is om die kapasiteit van die substasie te vergroot,” het Van der Merwe bygevoeg. “Eskom is egter nie geneë daartoe nie, tensy die munisipaliteit sy totale uitstaande rekening vereffen, alhoewel die munisipaliteit sy betalingsooreenkoms met Eskom nakom.”

Eskom vereis glo onverbiddelik dat die totale uitstaande bedrag ten volle betaal word voordat daar enigsins onderhandel kan word oor die kapasiteitverhoging by sy substasie. “Hierdie houding verplig die munisipaliteit om beurtkrag toe te pas ten einde te verhinder dat Eskom se substasie oorlaai word en, soos wat ʼn rukkie gelede gebeur het, weer ontplof.”

Van der Merwe het gesê die besoedeling van die Vaalrivier is onaanvaarbaar, veral in ag genome die huidige Covid-19-pandemie, en daarom het die VF Plus ʼn skrywe gerig aan die adjunkpresident, David Mabuza, om dringend in te gryp en behulpsaam te wees met die stopsit van die besoedeling van die Vaalrivier.

Die regering skuld homself nie net geld nie, maar laat toe dat die omgewing en die ekonomie daaronder ly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Moenie Eskom blameer nie. Die wanbestuur en plundering van ANC munisipaliteit wat nie Eskom rekening betaal nie is ten volle verantwoordelik vir huidige stand van sake.

marius ·

Skrywes help niks . Roof , plunder , afbrand , paaie opkap werk goed .

Eltan ·

Dit is n saak van 2 kante: 1. Dalk as jul minder gratis elektrisiteit aan our people verskaf en daadwerklik dat almal regverdig vir hul kragverbruik laat betaal. En sorg dat die vondse ingevorder word.
2. Die vondse wat ingevorder word korrek terug herlei word om hul eskom rekening te vereffen sou daar in die eerste plek nie n agterstallige eskom rekening gewees het nie…
Dit is n eenvoudige inkomste/uitgawe staat wat n graad 8 leerling kan balanaseer…
Maar oe wee…nee vir die kadere in die posisies wil die somme net nie klop nie en is dit maar weer Jan van Riebeek se skuld…
Selfde ou storie soos altyd…nooit hul eie skuld nie…
Ek is geleer…as jy jou hand uitsteek en vinger wys na iemand moet jy onthou dat 4 vingers terug na jou wys..
Het geen simpatie vir anc en hul kadere nie..

Flip ·

Verander asseblief die Vaalrivier se naam want hy werk nie meer soos hy moet nie en is vuil. Alles wat NIE MEER WERK NIE of stukkend is soos dorpe, strate ens se name moet verander word na wat ookal die huidige regering dit wil noem. Met die oorspronklike naam het dit nog GEWERK en was dit SKOON! Verwyder ook alle ou standbeelde want hulle wil nie sien hoe dit wat jare gelede opgebou was vandag afgebreek word nie…..

Sarel ·

Eskom is ‘n besigheid wat.slefs kan funksioneer indie hulle vir dienste betaal word. Alle agterstalligexrekenings moet vereffen word.

Leon ·

Want hulle wil nie onafhanklike kragvoorsieners toelaat nie. Hulle kan nie die onafkanklike kragvoorsieners plunder nie, so hulle will hulle nie toelaat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.