Verpligte inenting ‘onwetenskaplik’

Argieffoto (Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) sê die instel van ’n verpligte inentingsmandaat ignoreer die wetenskaplike feite, wat ʼn komplekse interaksie van herstel, inenting en beskerming voorstel. Dié redenasie is gegrond op ’n meta-analise wat Lancet in November vanjaar gepubliseer het. Die analise toon dat die beskerming wat herstel bied, minstens net so kragtig, blywend en aanpasbaar as bekende entstowwe is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat die regering ʼn taakspan aangewys het om te beraadslaag oor die moontlikheid van verpligte Covid-19-inentings vir sekere aktiwiteite en plekke. Hierdie span sal aanbevelings aan die kabinet doen oor ʼn regverdige en volhoubare benadering tot entstofmandate.

Volgens Michael Morris, woordvoerder van die IRV, dui Lancet se ontleding aan dat inwoners in Switserland wat kan bewys dat hulle van ʼn Covid-19-infeksie deur ʼn positiewe toets in die afgelope 12 maande herstel het, as net so beskerm beskou word as diegene wat ten volle ingeënt is.

“Die ontleding lui dat sommige mense wat van Covid-19 herstel het, dalk nie by Covid-19-inentings sal baat vind nie. Een studie het bevind dat Covid-19 voorheen geassosieer is met verhoogde nadelige gevolge ná inenting met die mRNA-entstof (Pfizer–BioNTech). Daarbenewens is daar min verslae van ernstige nadelige gevolge ná Covid-19-inenting,” sê Morris na aanleiding van Lancet se analise.

Volgens Morris het Discovery in middel Augustus, voor die einde van Suid-Afrika se derde vlaag, beraam dat soveel as 80% van die inwoners moontlik besmet is en van Covid-19 herstel het. “Tans kan geen regeringsagent seker wees oor hoeveel mense ʼn hoë risiko van hospitalisering of sterfte weens Covid-19 loop nie, weens ʼn gebrek aan inligting oor hoeveel reeds besmet is.”

Volgens Morris is die verpligting van entstowwe ook ʼn ontstellende weerspreking van die reg om beheer oor jou eie liggaam te hê, verskans in art. 12 van die Handves van Menseregte.

“Eerder as om regte te skend deur blindelings in te ent, moet die regering onderneem om met groter sekerheid uit te vind hoeveel mense van Covid-19 herstel het. Dit sal internasionale wetenskaplikes help wat redeneer dat ons rekordhoë infeksiekoers moontlik die nuwe variant veroorsaak het, wat dit meer aansteeklik en ligter maak. Dit sal ook beleidmakers help om vooruit te beplan.”

Volgens Gabriel Crouse, verbonde aan die IRV, kan die regering – sodra hy met groter sekerheid vasgestel het hoeveel mense beskerming weens herstel van die virus het – sy entstofprogram heroriënteer om diegene te teiken wat nie voorheen aangetas is nie.

Hy meen dwanginenting van enige individu moet teengestaan word, maar met inagneming van herstelkoerse sal die saak grootliks akademies wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Blomme ·

Is inenting regtig die enigste onderwerp waaroor almal nou so fuif? Intussen is geweld en moord aan toeneem en niemand breek ń tak daaroor. Klink of die pandemie mense van hul trollies afgestoot het. Leiers met oogklappe aan. Sien nou net intenting raak en vergeet van alles wat belangrik is rondom hulle.

Heinrich ·

‘n Stem in die wildernis wat sin praat vir ‘n slag! Dankie!

Mariana ·

Die inentings en covid goed maak mens deurmekaar. Dit klink of daar onsekerheid is oor die hele debakel. Niemand weet regtig iets nie, maar als klink soos spekulasie. Een sê so en die ander sê sus. Inenting bly maar ‘n persoonlike besluit. Die ding gaan nog lank saam met ons wees en intussen moet ons lewens aangaan, die lewe gaan nie stilstaan oor ‘n virus nie, alhoewel dit lewens kan verander.

Faraway ·

Die beste teenmiddel teen die virus-pes is oorpluisies!
Ek wil NIKS meer hoor nie !!!

Herman L ·

Is die IRR dus van mening dat ‘n groot klomp mense maar kan doodgaan van Covid -19, want natuurlike immuniteit is verkieslik of beter as immuniteit wat van inentings verkry is? Wat van die regte van mense met ‘n groot risiko om van Covid -19 te sterf?

Vlooitjie ·

Inenting is vrywillig, geforseerde inentings is die probleem.

sopbeen ·

Na alles wat al die afgelope 2 jaar gebeur het, is ek seker dat die gene wat steeds weier om in te ent so sterk oor hulle saak voel dat niks hulle van koers sal bring nie.

Lourens CFG ·

Sopbeen, inteendeel, as hulle ‘n teen covid middel kan kry wat deeglik getoets en geproef is, en wat WERK soos polio, masels en ander siektes, en waar daar geen sprake van nano tegnologie ens. is nie, dan eers sal ek oorweeg om dit te vat.
Huidiglik se 40% kans van kuur, mét steeds kan aansteek óf oordra, weier ons volstrek om proefkonyne te wees.

Ellen ·

Ongelukkig sal die verpligting inenting groot impak op samelewing hê. Ons moet onthou dat elke persoon is uniek en kan moontlik baie newe effekte ontwikkel agv van die inenting. Ek het die JJ inenting gekry en twee weke later Shingles gekry, dit hou nou al vir drie maande aan, die uitslag is weg maar die gejeuk en brand hou nogsteeds aan. Ek was nou veronderstel om booster te kry maar ek is te bang wat as ek weer Shingles kry. Waar trek mens die lyn, ek dink nie enige iemand het reg om vir my te besluit of ek dit moet of nie moet kry nie. As ek besluit dit is nie vir my nie is en bly dit my besluit.

Yolandie ·

Enige medikasie wat ek moet vat om jou te beskerm is ‘n pot snot. As daar 100% bewys kan word dat jy nie sal siek word of dit kan versprei na jy gespuit is nie, sal mense dalk anders voel.

Anel ·

Eerste iemand wat sin praat! En die is nie ‘n ent nie, want daar moet volgens berigte gereeld “boosters” gekry word.

Yolandie ·

Die hele doel van ‘n ent is om die siekte uit te moor. Dit is glad nie die geval hier nie.

annievantshwanie ·

Dis korrek, dit druis teen die grondwet, dankbaar daar is darm iemand wat begin dink – hierdie is een van die beste artikels wat ek in maande gelees het, as jy nie 360 grade na iets gaan kyk nie kan jy dit net sowel los – maar of enige iemand van belang nou hierop gaan reageer is die kanse seker maar skraal

Gert ·

Lees die ander berig op bladsy. “Omikron: WGO kap inentingapatie…………….die 2de paragraaf.
Wereldwyd het ons ‘n giftige mengsel van entstofdekking en lae toetsing…….
En dit van die WGO!!!!!!!!!!!

Chris dupreez ·

Dit beteken daar is wereldwyd n giftige dekking van moet inent en moet nie inent in plaas van n positiewe dekking om in te ent , en die toetsing is te laag.

Althes ·

Ek is ten volle ingeent, my griepinspuiting voor die winter gehad, drink my vitamiene boosters daagliks en handhaaf n redelike gesonde leefstyl. Ek is oortuig dat ek alreeds twee keer Covid onder lede gehad het hierdie jaar.
My punt is, niks wat ñ mens doen, gaan Covid laat weggaan nie.

Oomniklaassevriend ·

Lancet is uiteindelik besig om by te kom. Hierdie en ook ander artikels wys dat baie van die sogenaamde samesweringsteoriee toe wel sameswerings realiteite is.

miavos ·

Hier kan Suid-Afrika weer eens die voortou neem. Baie geluk met die uitgesprokenheid. Geen polities gemotiveerde retoriek hier nie! Pragtig gedoen!

Chris dupreez ·

Nou wat maak die inenting nou so groot verskil van die inentings wat ons gekry het as babas en kinders vanaf die 1950,s om siektes soos polio en pokke ens.te beheer of verhoed. En ons nageslagte van die sewentigs en op het ook nogsteeds inentings gekry. Julle mense wat nou hier rondom veertig is. Daar was nie keuses nie, almal is voor die voet ingeent.

Anoniem ·

Vlooiltjie net moderna en Pfizer is mRNA daar is vele ander soos JJ

Oomniklaassevriend ·

Die groot verskil is dat die twee tipes entstowwe wesentlik van mekaar verskil.

Alida ·

Klink of aanname dat mense wat covid gehad het nou immuniteit het, verouderd is. Baie aanduidings, ook so pas wetenskaplikes op BBC gehoor wat dit sè, dat heelwat mense wat nou positief vir nuwe omicron toets, in vorige vlaag Delta gehad het.

Anoniem ·

Donkie die grondwet bestaan om no1 die regte van die groep te beskerm

Swerwer ·

Ek is vandag baie blond, wat het die Instituut van Rasseverhoudinge met inenting te doen?

VaalDonkie ·

Wat het my werkgewer met my persoonlike mediese data en besluite te doen?

Irma ·

Ja Vaaldonkie, jy vra nou’n baie geldige vraag. Daar is nou net iets wat ek ook baie graag wil weet. Die werkgewer mag nie diskrimineer teen mense met HIV nie en daardie inligting word absoluut vertroulik hanteer. Hoekom word daar dan so gediskrimineer teenoor mense wie hulle keuse uitoefen om nie teen Ccovid 19 te laat inspuit nie.? Wat is nou die verskil tussen HIV en Covid 19? Om jou te laat inspuit word nou absoluut aan die groot klok gehang.

My siening ·

So speel lotto as jy nie inent nie kry covid en as jy oorleef is jy veilig soos inenting, swak redenasies kry jou inenting en wees veilig vir jou en ander!!

Nico ·

Die regering is besig om elkeen se privaatreg reg verbreek, laat elkeen vir hom/haar self besluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.